As jy in die Kaap woon, ken jy van dae aaneen se reën en reën. Dalk bly jy iewers waar dit ysig is en sneeu, selfs al is dit net ysig, koud of droog – hierdie 6 stylvolle stewels sal jou warm hou waarookal jy jouself in bibberweer mag bevind. Deur Justine Kroes
01/07/2022
Ruah Cothing
Ruah Clothing voer hierdie pragtige Toni Pons reënstewels vanuit Spanje in. Die stewels is beskikbaar in 13 verskillende skakerings op Ruah Clothing se webtuiste. Die stewel is gemaak van rubber met ’n mat afwerking, met rekke aan albei kante van jou enkels vir meer gemak. Dit is uitgevoer met materiaal aan die binnekant vir ekstra gemak. Ons het onlangs hierdie stewels aangepas, gedra en daarin geloop en ons kan beaam – dis gemaklik EN mooi daarby. (R1 550 per paar)
Hunter stewels
Ons is groot aanhangers van die Hunter styl “Wellingtons”, uit rubber gemaak, 100% waterdig en beloof om jou voete droog te hou. Ons hou ook daarvan dat hulle nie te swaar voel nie. Afhangend van jou voorkeur vir knie-, mid- of enkelhoogte stewels – hier is drie gunsteling ontwerpe van Hunter. Talle ander skakerings, patrone en style is beskikbaar op Trenton.co.za hier.
Fitflop Wonderwelly
Hierdie is nie jou doodgewone “welly” nie – Fitflop staan bekend vir gemak en hierdie stewel stel nie teleur nie. Toptegnologie en ingeneurskennis is ingespan om die wêreld se gemaklikste Wellington stewel te ontwerp, soos deur die Fitflop span vertel. Elkeen van die sole is gekontoer om liggaamsgewig eweredig te versprei, en die “honeycomb” ontwerp in die hak absorbeer die impak van elke tree wat gegee word. Boonop is die skoen in ’n knie- en enkelstewel hoogte beskibaar, dit is waterdig en stylvol, kry beslis ’n Ja! van ons kant af.