Stylvolle slaapplek vir jou troeteldier, hier’s 5 wenke

Die koue is amptelik hier en ons viervoetvriende benodig ’n warm maar ook stylvolle slaapplek wat nie soos ’n (lelike) seer duim in jou spasie uitsteek nie. Eerder ’n snoesige stylvolle knus hoekie van hul eie wat jou spasie komplementeer. Van prakties tot uber luuks, hier is 10 stylvolle troeteldierbeddens vir jou spasie.

5 Wenke vie die kies van ’n troeteldierbed

Hou hierdie wenke in gedagte wanneer jy ’n bed vir jou troeteldier kies:

1. Tipe materiaal:

Die tipe materiaal wat jy vir jou troeteldierbed gaan kies is belangrik. Oorweeg troeteldierbeddens in goeie kwaliteit afwerkings en materiale. Kies slim met wasbare oortreksels vir maklike instandhouding.

Huntlea Kalahari Slumber Dog Bed (vanaf R750 tot R1 995)

Huntlea Kalahari Slumber Dog Bed (vanaf R750 tot R1 995) is gemaak van ’n 300gm Riptec materiaal, wat sag voel maar steeds sterk genoeg is vir selfs die besigste honde. Hierdie waterdigte materiaal het ook antibakteriese eienskappe wat die bed swambestand maak. Die materiaal is ook UV bestand wat dit die perfekte bed maak vir beide binne- en buitegebruik.

Huntlea Kalahari Slumber Dog Bed (vanaf R750 tot R1 995)

2. Kleur van material:

Neem natuurlik ook die kleur van jou dier se bed in ag. Ons is almal lief vir neutrale kleure, maar oorweeg die kleur van jou troeteldier se hare en hoe sigbaar dit op die materiaal sal wees.

Simply Spoilt Royal Slumber Dog Beds (van R895 tot R995)

Kies ook dierebeddens in skakerings wat by die res van jou dekor, kleurskema en gevoel pas – anders staan daardie hond- of katbed uit soos n seer duim, is Izelle Visser van Mood Interior se raad.

’n Patroon-materiaal sal natuurlik nie so vinnig vuil wys nie, kyk hoe mooi is hierdie opsies:

Orange Horse Wallace, Lottie and Me Dog Bed Plaid (van R1 290 tot R2 750)
Simply Spoilt Royal Slumber Dog Beds (van R895 tot R995)
Urbanpaws Izzy Round Pet Bed (R1 379)

3. Waar jy die bed plaas:

“Skep knus hoekies vir jou troeteldier se bed of slaaparea in maklik toeganklike areas.

Ek hou van die idee om die bed in ’n toegewyde hoekie of onder ’n trap te plaas sodat jou diere hul eie spasie kan hê, maar ook deel kan voel van gesinstye” vertel Izelle Visser van Mood Interior.

PupSak Slate Grey Dog Bed (van R1 350 tot R3 495)

4. Grootte:

Hou die grootte van jou troeteldier bed in gedagte, siestog, daar is niks erger as ’n reuse hond wat nie met groot pote en al gemaklik kan uitspan op ’n groot genoeg troeteldierbed nie. Maar maak daarby ook seker die grootte van die bed oorheers nie jou hele leefarea en spasie nie.

Wees op die uitkyk vir slim ontwerpelement soos handvatsels wat dit makliker maak om die bed te kan rondskuif van een vertrek na ’n ander of van binne na buite toe en terug.

5. Kies ’n slim ontwerp:

Elula Furniture Olly Pet Bed (R3 220)

Daar is vandag allerhande slim dierebed-ontwerpe – van stylvolle vorms (rond tot reghoekig) tot die wat van die grond af opgebou is met hout of staal.

Kies ’n ontwerp en afwerking (hout of staal) wat goed by die res van die dekor in jou huis pas.

Elula Furniture Olly Pet Bed (R3 220)

Nog troeteldierbeddens op ons dekor-radar:

Dear Pet Company Fur Lounger Pet Bed (R1 699)

Lieflik snoesig vir yskoue wintersdae, die buitenste oortreksel kan verwyder word en is masjienwasbaar. Die oortreksels kan elk apart gekoop word – een in die was en een op die bed!

Beddens beskikbaar in verskillende groottes:   Small: 65cm (L) x 45cm (W) x 12cm (H) Medium: 85cm (L) x 65cm (W) x 12cm (H) Large: 110cm (L) x 80cm (W) x 12cm (H)

Snooze Dog Sofa (R3 999, 90cm iconomyonline)

Hierdie Skandinawiese ontwerp hondebed word plaaslik vervaardig. Die materiaal van Hertex is luuks maar ook diere-vriendelik. Die van die grond af ontwerp bevorder lugvloei en beskerm teen nat word. Die ontwerp bly ook koel tydens die somer en warmer in die winter, ’n ideale snoesige lêplekkie vir jou viervoetvriend. Die staalraamwerk is lig genoeg om rond te skuif en sterk genoeg om genoeg om ’n leeftyd te hou. Die bed se oortreksel kan boonop in die wasmasjien gewas word.

Pawsh & CO The Nairobi Dog Bed (R4 380)

Die hout raamwerk van die bed bied ’n stylvolle ontwerp element en komplementeer enige spasie.

Die kussing self is oorgetrek in hoë kwaliteit Stinson materiaal – wat ’n besige vuil hond asook oneindige was sessies lank sal hou. Die kussing is luuks, sag en gemaklik vir die gemaklikste slaap hoekie. Kies van 4 verskillende skakerings om by jou huisdekor te pas.

 Huntlea Leather Slumber Dog Bed (van R4 400 tot R7 999)

Beskikbaar in drie groottes, medium, groot en ekstra groot – is hierdie leer troeteldierbed ’n uber luukse en stylvolle aanwins tot enige spasie.

100% egte leer in ’n tan/bruin skakering, is lieflik sag en elke bed work handgemaak per bestelling. Daar is ook ’n Huntlea Leather Napper Dog Bed beskikbaar (Vanaf (R2 720 tot R5 250)

PupSak Slate Grey Dog Bed (van R1 350 tot R3 495)

Hierdie bed is van groottes klein (65cm) tot ekstra groot (120cm) beskikbaar. Die PupSak span bied 2 jaar waarborg op hul oortreksels en 5 jaar waarborg op die “inner” binneste matras gedeelte van die bed.

Die oortreksels kan verwyder word en is masjienwasbaar. Jy kan ook ekstra oortreksels koop (4 verskillende skakerings beskikbaar).

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
naaldwerkkamer
Wenke vir ’n netjiese naaldwerkkamer
error: Content is protected !!