Span groen en goud uitrusting inspirasie

Die opwinding van die rugby-wêreldbeker is groot en #bokkoors loop hoog. As jy nes ons nie kans sien vir ’n ondersteunersrugbytrui wat te styf om jou nek sit en onvleiend om jou bo-arms pas nie, loer gerus hier vir ’n paar stylvolle groen en goud uitrusting-idees. Deur Justine Kroes

15/09/2023

Bokgees uitrusting-idees

Gelukkig vir ons is groen (en goud) tans steeds ’n gewilde kleur in die modewêreld en daar is beslis nie op die oomblik ’n tekort hieraan in die winkels nie. Selfs al is die sprinboktruie nou ‘n ander kleur dra meeste van ons nog groen en goud met trots.

1. Kies ’n vroulike rokkie

Denims en ’n rugbytrui is dalk nie elke vrou se idee van ’n gunsteling uitrusting om te dra nie. As jy ’n meer vroulike stylpersoonlikheid het of dalk net meer daarvan hou om rokke te dra, kies dan vir jouself eerder ’n LGD (little green dress) vir die volgende wedstryd!

Hannah Lavery Dune Kaftan in Emerald (R1 200)
Mareth Colleen Beck Dress 100% Linen (R1 499)
Witchery Cotton Stripe Mini Dress (R1 699)

’n Rok kan jy blitsvinnig meer gemaklik stileer met ’n paar tekkies of sandale vir rugbykyk-dag en meer formeel vir werk toe.

Poetry Marly Linen Dress (R1 199)
Me&B Empire v Neck Dress (R899)
Edit Soft Waist Shirt Dress (R699)

2. Truie, maar hou dit stylvol

Jy kan steeds ’n trui en denims dra – en dit hoef nie noodwendig ’n offisiële Springboktrui te wees in ’n onvleiende materiaal wat jou ongemaklik laat voel nie.

Old School Emerald Twin Stripe (R949)

Kies eerder ’n tydlose opsie; Kyk net hoe cool is die truie van Old School, die kwaliteit is wonderlik (100% katoen) en daar is ’n hele klompie ontwerpe om van te kies. Daar is ook iets vir almal, van die gewone langmoutruie tot roktruie, cropped truie en moet natuurlik nie van jou man en kinders vergeet nie! Meeste van die ontwerpe is unisex en is vir beide mans en vrouens geskik (loer net na die “size guide” se mates aanlyn, daar is ‘n handige verduideliking van groottes).

Old School Emerald Twin Stripe (R949) en Everyday Long Sleeve Green (R949)
Old School South African Supporters Crop (R849)
Old School South African Supporters Kids Range (Pryse wissel van R550 tot R799)

3. Kop tot tone groen

Hierdie uitrusting-idee is dalk nie vir almal nie, maar ’n kop tot tone monokroom uitrusting is nog altyd vir ons ’n modieuse voorkoms. Ons is ook natuurlik gaande oor ‘n bypassende stel wat afsonderlik met ander klere-items gedra kan word – die stylopsies is eindeloos!

Nuut uit Muze se Colorterapia reeks

Wenk: dit hoef natuurlik nie presies die Springboktrui se bottelgroen skakering te wees nie, vind ’n groen wat jy graag wil dra of dalk die beste by jou veltoon pas. Van helder tot pastel of smarraggroen – hier is daar nie reëls nie!

Poetry Loggie Culotte Pants (R899)
H&M Oversized Bright Green Striped Shirt (R379)
H&M Flared Skirt (R629); H&M Flounced Shoulder Top (R329)

4. Bloese en rompe

Nog ’n eenvoudige manier om ’n tikkie groen te dra, is om ’n vleiende romp te kies of ’n mooi groen bloes.

Mel South Africa Sage Ruffle Layer Mesh Skirt (R399)
H&M Crinkled Chiffon Shirt (R379)
Mel South Africa Kale Pleated Skirt (R350)

5. Bykomstighede in groen en goud

Woolworths Green Cat Eye Sunglasses (R249)

Dra groen bykomstighede as ’n kop tot tone groen uitrusting of selfs ’n groen rokkie dalk vir jou te oorweldigend klink. Bykomstighede soos oorbelle, ’n kopband, selfs ’n sonbril of ’n handsak is meer as genoeg vir daardie minimaliste tussen ons.

Zara Platform Sneakers (R769)
Mango Beaded Flower Earrings (R499)
Mango Flap Leather Bag (R1899)

Bekendes dra dit so:

Gemaklike rokke

Vanes-Mari du Toit wat tans in Frankryk is om die nuwe seisoen van “In Frans Ja” te verfilm sê “Ek dra graag hierdie pragtige groen rok van I Want by Trendity, ek dink dit lyk stylvol en meer “fashionable” as die doodgewone rugbytrui.

I want By Trendity Abdah Bokke Green Dress (R550)

“Die rokkie is so gemaklik, voel of ek in pajamas loop in die publiek”

Vanes-Mari du Toit

Trui-koors

Minki van der Westhuizen lyk so stylvol in haar Old School ondersteunerstrui en wyepyp broek.
Este Raaf van Raaf Band wys vir ons hoe cool ’n rugbytrui gestileer kan word.

‘n Pak wat netjies pas!

ENUUS Nuusleser Daniella Van Heerden het stylvol gelyk in haar groen pak toe sy nuus gelees het terwyl die Springbokspan gespeel het.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
5 Maniere om gingang te dra
error: Content is protected !!