Cotton on

Snoesige japonne

In hierdie koue weer is ons japonne ons gunsteling huis-dra item! Kom by die huis en spring dadelik in ’n snoesige japon, sommer so bo oor ons klere aan! Hier is ’n klompie gunstelinge wat ons raakgesien het.  Deur Justine Kroes

20/05/2022

Mr Price Cream Gown (R199,99)

Ek het verlede jaar ’n soortgelyke japon by Mr Price gekoop en ek is so verbaas oor hoe goed dit gehou het. Sy kleur bly mooi, g’n wolletjies gemaak na wasse nie en steeds so snoesig soos op dag een. Daar is hierdie seisoen ’n swart een ook beskikbaar en ek mag dalk net een gryp voor hul uitverkoop – as ’n plaasvervanger op wasdag – jy weet!

Cotton On The Hotel Luxe Robe (R699)

Kleurryk met patrone en lieflik snoesig!

Hierdie mooi japonne van Cotton On sal sommer enige nat koue wintersdag ophelder. Die langer lengte is altyd welkom (koebaai koue bene!) en handige sakke om als in te druk op pad van jou kombuis na jou slaapkamer toe. Ons kan eenvoudig nie besluit watter patroon- en kleurkombinasie ons gunsteling is nie.

Sophie Lewis Checkered Cotton Robes (R1599)

Ons het die allermooiste Sophie Lewis nagklere op Instagram raakgesien (loer hier!) en die japonne is net soveel pret. Die skaakbord trend is steeds groot nuus en hoe oulik is die skaakbord japonne nie. Die 100% katoen japonne is beskikbaar in 4 verskillende kleure. Bestel direk op die Sophie Lewis Instagram blad hier.

Woolworths Hooded Fluffy Fleece Gown (R499)

Hierdie japon tik al die regte boksies, snoesig en warm, sakke (vir laataand versnaperinge!) en die lekker “hoodie” om jou kop en ore net so snoesig te hou. As jy reg koop kan jou japon nog jare lank hou en die een lyk soos ’n stapel! In beide ’n room en beige kleurskakering beskikbaar.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
pienk hare
9 dinge wat jy moet weet as jy pienk hare wil hê
error: Content is protected !!