Staan opsy, oorgrootte handsak – die nuwe (piepklein) slinger-selfoon-handsak is nie net handig nie maar is ook tans groot nuus. Lees meer oor hoekom ons so baie daarvan hou en ’n paar gunstelinge op ons wenslysie. Deur Justine Kroes
Hoekom ons van die selfoon-handsak hou:
Minder clutter
Dit is beslis een van die bevrydendste gevoelens om ’n klein slinger- (crossbody/sling) sak rond te dra. En om te besef ons het nie reuse handsakke nodig met allerhande onnodighede in nie. Kom wees nou eerlik, hoe gereeld het jy al daardie klein naaldwerkstelletjie in jou reuse handsak nodig gekry? Ons almal ken die frustrasie van iets soek wat heel onder daardie deurmekaar handsak lê.
Meer funksioneel
Jy ken seker ook die gevoel van ’n oorgroot, oorvol en deurmekaar handsak ronddra wat eintlik net lomp en in die pad is – met hierdie stylhandsak weet ons sommer dit sal wonderlik wees om ons hande-vry te hou wanneer ons inkopies doen en takies moet verrig.
Ons is beslis gereed vir hierdie nuwe handsaktrend – iets wat ons graag sal wil uittoets. Jy het byna net plek nodig vir jou selfoon, ’n bankaart, jou ID kaart en bestuurderslisensie. Oukei, handsakke en dalk ’n lipglans of -stiffie.
Selfoon-handsak vir elke styl-persoonlikheid
Hetsy jy handsakke in egte leer, met patrone of in helder skakerings verkies, is daar ook net so baie selfoonhandsak-ontwerpe om van te kies. Iets vir elke styl-persoonlikheid.
Hier volg ’n paar van ons gunsteling selfoon-handsakke
Lees ook: Ons gunsteling haarbande en kopbande