Sakpas haarbykomstighede

Daar is niks soos ’n prettige haarband, knippie of haarserpie wat ’n slegte haardag blitsvinning kan red nie. Hier is ’n paar van ons gunstelinge wat ons raakgesien het, wat nou aanlyn en in die winkels beskikbaar is. Hierdie sakpas haarbykomstighede is almal onder R220! Deur Justine Kroes

Haarserpe

Hulle is (naas droë sjampoe) jou beste vriend as jy nie kan hare was en stileer nie, hallo beurtkrag! Dit is ook weer tans groot mode. Dra dit in ’n driehoekige “bandana”-styl soos wat ons in die 90’s vroeë 00’s gedra het (Christina Aguilera-styl), of vleg dit deur jou hare. Jy kan selfs later jou serpie om jou handsak of nek vasbind – beslis ’n slim, stylvolle kopie!

Wenk; koop ’n serpie in een van hierdie seisoen se grootste skakerings – dit is ’n lekker sakpas manier om te wys jy weet wat tans in die modewêreld aangaan.

Mr Price Headscarf (R25,99)
Superbalist Blair Scarf (R179)
Lovisa Black Gold Scarf (R220)

Haarbande

Dis steeds volop – en ons dink nie hierdie haarbykomstighede sal sommer gou weer uit die mode gaan nie. Ons hou veral van helder kleure wat sommer dadelik ons gelaat (en buie!) ophelder.

Mr Price Alice Band (R29,99)
Woolworths Knit Alice Band (R99,95 elk)
Zando Velvet Knot Alice Band (R47)

Haarknippies

Dis weer hierdie seisoen terug en val binne die “y2k”-trend – afkomstig van vroeg in die jaar 2000. Onthou julle daardie kleurvolle vlinder- en gestapelde knippies? Dit is nou weer terug in die mode.

Dra dit so; stapel sommer ’n klompie knippies onder mekaar in vir ’n dramatiese effek. As jou stylpersoonlikheid meer minimalisties is, kies dalk net een of twee bonkige knippies om ’n stelling te maak.

Mr Price Clip Pack (R39,99)
Lovisa Mixed Butterfly Claw (R180)
Lovisa Gold Pearl Bow Hairclip Pack (R180)

“Banana Clips” (wyetand knippe)

Dis ’n trend wat ek lank vermy het, net omdat dit vir my na ’n slordige haarstyl lyk – maar daar is nou soveel verskillende maniere om hierdie haarknipstyl te dra dat ek dit net dalk mag probeer! Veral op ’n warm dag om jou hare uit jou nek uit te hou.

Kyk hoe mooi is die ontwerpe,

Lovisa Daisy Print Claw (R110)
Mr Price Hairclip (R29,99)
Cotton On Morgan Hair Clip (R119)

Lees ook: Haarscrunchie; Dra dit so

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Stylvol Bril
Brilkies-wenke
error: Content is protected !!