Missibaba

Pragtige naweeksakke – reg vir avontuur!

Jy ken die gesoek na ’n oornagsak, nie te klein en nie te groot nie – iets stylvols maar ook prakties, net reg vir daardie vinnige wegbreeknaweek. Ons het 6 oornagsakke – oftewel naweeksakke – opgespoor wat op ons gunstelinge wenslysie is: Deur Justine Kroes

Stonecamp The Sleepover (R2 991)

Ons is groot aanhangers van Stonecamp se ontwerpe – egte leer items maar met ’n effense stylvolle flair. Dit is duidelik dat die aksente en afwerkings op elke Stonecamp leeritem noukeurig deurdink word. ’n Bietjie bling op die roosgoud leer – hoekom dan nie! Kyk net hoe mooi is hierdie skakering van roosgoud leer (bestel vroegtydig – hierdie sak is baie gewild!). Die Sleeopover bag is ook beskikbaar in bruin en toffie skakerings, naweeksakke vir beide mans en vrouens. Die sak se groottes is 52 cm x 30 cm x25 cm.

Thandana Large Weekender Luggage Laminated Fabric (R2 143)

Die Thandana smuktassies is al lank ’n gunsteling by ons, maar hierdie lekker groot naweeksakke is bo aan ons reis-wenslysie! Wat Thandana se sakke so lieflik maak is dat die materiaal waterdig is en so maklik kan skoonvee. Die binnekant van die sak is ook uitgevoer met ’n waterdigte materiaal. Die sakke word van ’n gelamineerde materiaal gemaak (met ’n luukse gevoel!) en die kante en handvatsels is van leer gemaak. Die sak is beskikbaar in 19 verskillende modieuse patrone – ons sukkel self om ’n gunsteling patroon te kies. Sakgrootte: L47 cm x H39 cm x W25 cm.

Missibaba Groovy Frequency Boombox Bags (R17 200)

Missibaba, meer bekend vir hul unieke handsak en oorbel ontwerpe, spog nou ook met ’n naweek-/oornagsak in hul kleurvolle ontwerpstyl. Hierdie egte leer en luukse ontwerpersak is ’n duursame kopie wat vir jare en jare sal hou. Alles is net so mooi aanmekaargewerk, vanaf die handgestikte leer en afwerkings in verskillende skakerings. Selfs die pragtige voering aan die binnekant van die sak maak daarvan ’n erfstuk om vir my dogters na te laat.

Zana Duffle Bag (R650)

Ons is nog al die jare liefhebbers van die Ma en Dogter ontwerper-duo-span van Zana, en hoe hul steeds die mooiste patrone en produkte skep. Elk van hul patrone word self ontwerp en op hul materiale gedruk, ’n ongelooflike kuns! Hierdie Zana Duffle Bag is beskikbaar in 12 unieke patrone en skakerings van pienk en prettig tot swart en wit sjiek. Die lengte van die sak is 55 cm, dis 26 cm hoog en 26 cm diep/wyd. Gooi gerus ook hierdie sak in die wasmasjien, hoe handig is dit nie!

Country Road Flocked Stripe Tote (R699)

Hierdie is die oorspronklike ontwerp van die Country Road naweeksak wat ons almal maar te goed ken. Maar die mooi streep weergawes is seker die grootste rede waarom dit op ons wenslysie is. Die gestreepte weergawe is beskikbaar in poeierblou, navy en swart skakerings. Boonop is hierdie sak 57 cm lank, 33 cm hoog en 28 cm wyd; groot genoeg om ’n hele paar uitrustings in te pak. Die katoen/seilsak kan ook in die wasmasjien gewas word, dit is nou handig!

Woodstock Leather Ashton Duffel Bag (R3399)

’n Goeie leersak raak net beter met tyd – en die naweeksak van Woodstock Leather lyk na so een! Die Woodstock Leather span beloof ’n stewige leersak, handvatsels wat swaar kan dra en slim sakkies in en rondom die sak wat sin maak. Die sak, gemaak uit egte leer, is beskikbaar in bruin en swart. Groottes: 29 cm x 51 cm x 29 cm.

Lees ook: Ons dra nou: Multi-funksionele oorbelle

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
leergordels Nina Skep
Modekuns leergordels
error: Content is protected !!