As jy met aknee of post-akneemerke sukkel is jy beslis nie alleen nie. Aknee beïnvloed alle ouderdomme en die post-akneemerke wat daarmee saamkom is moeilik om van ontslae te raak. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s Raincoat Media. Grimering Amori Birch
22/04/2022
Die artikel is geborg deur Eucerin
Aknee, jy is nie alleen nie.
Nie net tieners sukkel met aknee nie! Sommige van ons sukkel as tieners daarmee, terwyl ander vanaf die tienerjare daarmee sukkel en ander se aknee steek eers kop uit as volwassenes. Dit was duidelik toe ons met ’n paar vriendinne hieroor begin gesels het. Selfs ons grimeerkunstnaar vir die dag het gedeel hoe sy ook deesdae met aknee sukkel.





Die invloed van aknee op lewenskwaliteit
“Aknee het ’n groot impak op selfvertroue en die impak daarvan op lewenskwaliteit kan drasties wees,” vertel Johannesburgse dermatoloog Dr. Tshepho Mokwena. ’n Studie wat in The British Journal of Dermatology verskyn het, het bevind dat pasiënte binne die eerste jaar van hul aknee-diagnose ’n 63% groter kans het om depressie te ontwikkel in vergelyking met pasiënte wat nie aknee het nie.
En Dr. Mokwena ondervind dit ook by sy pasiënte. “Aknee kan emosionele spanning, aansienlike psigo-sosiale las en neoro-psigiatriese steurings veroorsaak. Dit kan selfs daartoe bydra dat sommige mense selfmoord pleeg.

Bekende Youtuber Thandi Gama stem saam. “’n Groot deel van my werk is om my gesig op Youtube te wys en as ek geen grimering aanhet nie, het ek die aakligste opmerkings gekry. Dit het my so negatief beïnvloed dat ek glad nie meer my gesig wou wys nie. Ek het depressief begin voel, en ek het selfs selfmoordneigings gehad,” het Thandi ons vertel by Eucerin se bekendstelling van die Dermopurifyer Post-Acne Marks velsorgreeks.
En dan is daar nog post-akneemerke ook
“Post-akneemerke en pigmentasie kan lank nadat aknee opgeklaar het, steeds sigbaar wees, vertel dr. Mokwena. In navorsing is bevind dat meer as die helfte van pasiënte met aknee wat vir die studie gebruik is een jaar later steeds met post-aknee pigmentasie gesukkel het. Vir 22.3% was dit meer as vyf jaar later steeds sigbaar!
Wat veroorsaak post-akneemerke?
Wanneer jy ’n puisie kry of aknee het, is dit ’n vorm van inflammasie en deel van jou vel se ‘werk’ is om inflammasie te herstel en dit is ook wanneer jy post-akneemerke of littekens kry. Hoe jou liggaam reageer op ’n wond, sal bepaal hoeveel en watter tipe littekens jy het. Sommige van ons se liggame reageer deur te veel kollageen te produseer en ons sien ’n opgehewe litteken.
Ander van ons het ’n verlies aan weefsel, wanneer die merke ingesonke lyk.
Sommige van ons (veral as jou vel donkerder is) se liggaam reageer deur te veel melanien (wat kleur gee aan ons vel) te maak wat post-inflammatoriese hiperpigmentasie veroorsaak.
Meer oor post-inflammatoriese hiperpigmentasie
Tydens post-inflammatoriese hiperpigmentasie verander die ensieme wat natuurlik in ons vel voorkom, tirosinase, ons tirosine aminosure na melanien en te veel melanosome (pigment korreltjies) word afgeskei. Die oortollige pigment veroorsaak dat die deel waar die aknee/inflammasie was van kleur verander. Dit kan pienk, rooi of swart wees, afhangend van jou veltoon en die diepte van die verkleuring. Sonblootstelling kan hiperpigmentasie vererger. Juis hierom is sonskerm so noodsaaklik. Dr. Mokwena deel dat net 50% van sy pasiënte daaglik sonskerm gebruik.
Hoe kan die Eucerin® Dermopurifyer Post-Acne Marks velsorgreeks help hiermee?
“Eucerin het jare op navorsing spandeer en het meer as 50 000 bestanddele getoets om die beste opossing vir post-akneemerke te kry,” sê dr. Julia Gallinger, internasionale mediese bestuur by AG.
Die Eucerin® Dermopurifyer Post-Acne Marks velsorgreeks bevat die gepantenteerde bestanddeel Thiamidol, wat melanienproduksie verminder deur die ensiem tirosinase te blok. Soos reeds genoem verander die tirosinase die aminosuur tirosien na melanien. Minder melanien wat van die heel onderste lagie van jou vel na die boonste lagie van jou vel (die epidermis) vervoer. So verdwyn pigment kolle geleidelik en word voorkom om weer te vorm. Die nuwe Triple Effect Serum en Protective Fluid SPF 30 word saam as ’n wenpaar beskryf om post-akneemerke te behandel, verminder en voorkom.
As die wenpaar saam gebruik word, is dit selfs nog meer effektief. Dit is die bevinding van ’n studie waar drie groepe van 100 mense die produkte oor ag weke getoets het. Een groep het net die Triple Effect Serum gebruik, die ander groep net die Protective Fluid en die derde groep albei. 95% van die derde groep het gesê dat die kombinasie met hulle post-akneemerke klaargespeel het.
(In ‘n studie in Brasilië waar die deelnemers die produkte twee keer per dag vir 8 weke gebruik het)

Eucerin® Dermopurifyer Triple Effect Serum

Die Eucerin® Dermopurifyer Triple Effect Serum (R320, Clicks) bevat Thiamidol (wat die kernoorsaak van donker merke aanspreek) en salielsuur om puisies te verminder. Die bestanddeel Licochalcone A help om te keer dat nuwe puisies vorm. Dit help ook om sebum te reguleer sodat jou vel droog en mat lyk. Die serum voel lig en is glad nie olierig nie. Wend dit soggens en saans aan nadat jy jou gesig gewas het.
Eucerin® Dermopurifyer Protective Fluid SPF 30

Soos reeds genoem is daaglikse sonskerm ’n moet om te keer dat dat merke donkerder word. Die Eucerin® Dermopurifyer Protective Fluid SPF 30 (R260, Clicks) help nie net om UVA/B strale te blok nie, maar bevat ook ’n anti-bakteriële bestanddeel Decanediol wat puisies help voorkom. Dit bevat ook Licochalcone A, ’n bestanddeel wat geïrriteerde vel streel. Die room is nie olierig nie en bevat ook geen parfuum nie. Die formule help ook om sebum te reguleer sodat jou gesig droog en mat is gedurende die dag. Gebruik dit elke oggend op ’n goed gereinigde vel (en weer gedurende die dag as jy wil).
Jou velsorgroetine met die Eucerin® Dermopurifyer Oil reeks

Bedags
Reinig met Eucerin® Dermopurifyer Oil Control Cleansing Gel (R200, Clicks).
Wend een pomp Eucerin® Dermopurifyer Triple Effect Serum (R320, Clicks) aan jou gesig en décolletage.
Wend die Protect Fluid SPF 30 aan gevolg deur Eucerin® Sun Face Cream.
Saans:
Reinig met Eucerin® Dermopurifyer Oil Control Cleansing Gel (R200, Clicks)
Wend een pomp Eucerin® Dermopurifyer Triple Effect Serum (R320, Clicks) aan jou gesig en décolletage.
Wend Eucerin® DermoPurifyer Oil Control Mattifying Fluid (R240, Clicks) aan jou gesig en décolletage
Vir meer inligting besoek www.eucerin.co.za