‘Peach Fuzz’ -grimering; dra die vleiende skakering só

Die kollig skyn opnuut weer op perske-grimering omdat ‘Peach Fuzz’ die Pantone kleur van die jaar is. Dit is egter al vir lank ’n staatmaker in grimeerkunstenaars se tassies, juis omdat dit so vleiend is. Hier is twee grimeerkunstenaars se raad. Deur Suzanne Kotzé

1. ‘Peach Fuzz’ pas by meeste veltone

“Die ‘Peach Fuzz’ grimeertrend pas die meeste veltone, aangesien soveel veltone ’n natuurlike perskekleur bevat. Jy kan die kleur ligter of donkerder of meer deurskynend aanwend, na gelang van jou veltoon.” Grimeerkunstenaar Raine Tauber

2. Hou dit lig en jou onderlaag vlekloos

“’n Meer speelse, ligte aanslag tot grimering is beslis en vogue die seisoen en perske grimering is baie in. Dit is belangrik dat jou onderlaag vlekloos moet lyk, of jy nou ’n meer natuurlike of voller dekking verkies. As jy vol dekking verkies (soos byvoorbeeld met NARS se Soft Matte Foundation), wend jou onderlaag eerder met jou hande aan. Jou hande sal die onderlaag opwarm en dit makliker maak om ’n vleklose (geen sigbare lyne) voorkoms te kry.” Marco-Louis Ackers, hoofgrimeerkunstenaar en opleier vir NARS Suid-Afrika.

3. Probeer ’n monokromatiese voorkoms

Foto: NARS

“’n Monokromatiese voorkoms (dieselfde skakerings op jou lippe, wange en oë) werk baie goed saam met die trend.” Raine Tauber

4. Beklemtoon een as jy dalk huiwerig is

“As die monokromatiese voorkoms te veel is vir jou, is dit makliker om dit óf op jou lippe, óf op jou wange óf op jou oë te gebruik.” Raine Tauber

5. ’n Effense donkerder lippotlood werk goed

Foto: NARS

“As jy perskekleurige lippe saam met ’n skoon vel en natuurlike ooggrimering wil dra, oorweeg gerus ’n lippotlood wat effens donkerder (soos ’n ligte warmbruin) as jou perske lipkleur is. Dit sal struktuur en balans aan jou voorkoms gee.” Marco-Louis

6. Perske oogskadu en maskara vir ’n natuurlike voorkoms

“Vir ’n mooi, natuurlike voorkoms werk ’n ligte aanwending/was van perskekleurige oogskadu goed saam met slegs maskara.” Marco-Louis

7. Koel bruin en perske oogskadu werk goed saam

“As jy meer tyd het, en graag meer grimering wil aanhê en meer definisie wil skep, oorweeg dit gerus om ’n koelerige bruin kleur in die vou van jou oog te gebruik.”

8. Moenie bang wees om met kleur te speel nie

Analogiese kleure en komplimentêre kleure werk goed saam met ‘Peach Fuzz’. So kleure langs (analogies) Peach Fuzz op die kleurwiel, soos oranje, pienk en rooi sal goed werk. En komplimentêre kleure (aan die teenoorgestelde kant van die kleurwiel) soos bloue werk ook goed. ’n Stofblou oogomlyner op jou oë en ‘Peach Fuzz’ lippe of pienk lippe en ‘Peach Fuzz wange of oë werk byvoorbeeld goed.” Raine Tauber.

Raine Tauber se gunsteling ‘Peach Fuzz’ grimering

MAC Powder blush in peaches (R545, Superbalist en MAC winkels)
NARS Lipstick in Orgasm (R605, Arc Store en NARS winkel, Sandton)
Dior Backstage Eye Palette in Coral Neutrals (R1160, Dior)
Chanel Les Beiges Water Fresh Blush in Light Peach (R1120, Woolworths en Chanel grimeerboetieks)

Marco-Louis Ackers se gunstelinge perske skakerings

Marco-Louis Ackers, hoofgrimeerkunstenaar en opleier vir NARS Suid-Afrika.
NARS Afterglow Liquid Blush (R760, Arc Store en NARS winkel, Sandton)
NARS Blush in Orgasm (R760, Arc Store en NARS winkel, Sandton)
NARS The Multiple (slegs beskikbaar by die en NARS winkel, Sandton)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wenke vir ’n glansende vel
error: Content is protected !!