Op ons vakansie-ontspanningsdrag inkopielysies

Die kort skoolvakansie is gewoonlik een gevul met allerhande aktiwiteite saam met kinders en familie. En ons vind dikwels dat ons (mooi) ontspanningsdrag kort. Hier is wat tans op ons inkopielysies is.

31/03/2023

Op Suzanne se vakansie-ontspanningsdrag inkopielysie

Gemaklike en mooi sweetpakbroek

Earthaddict Charcoal Jogger (R875, Truworths)

Ek is glad nie ’n liefhebber van sweetpakbroeke nie. Dit begin altyd pap hang en van die materiaal is beslis ook nie vleiend as jy groter is nie. Ek het egter laas winter ’n swart weergawe van hierdie Earthaddict Charcoal Jogger (R875, Truworths) gekoop en dit het my gunsteling luilekker naweekbroek geword. Die materiaal is lekker swaar en vleiend. Ek dra dit graag saam met ’n grys jas, T-hemp en tekkies.

Gemakllike wolstewels

UGG Classic Mini Met Sparkle Soft Gold (R2 999, trenton.co.za)

Ek het nog altyd so bietjie vasgeskop teen wolstewels. So dikwels koop mense dit vir huisdra en dan sien jy hulle nie sommer ooit weer daarsonder nie. Maar hierdie goue paar is darem meer ‘glam’ en sal werk vir ons ‘glamping’ vakansie. En dra jy dit saam met die regte klere, werk dit beslis vir buite-dra ook. Ek is juis lus vir skakerings van room en ‘nude’ die winter en dit sal mooi werk daarby. Dit is juis tans ‘n groot trend. UGG Classic Mini Met Sparkle Soft Gold (R2 999, trenton.co.za)

Mooi T-hemp

Country Road Deep V-neck T-shirt (R799, Woolworths)

’n Mooi T-hemp is seker van die goed wat ek die meeste sukkel om te kry. Ek het voor ons Desembervakansie die wit weergawe van hierdie T-hemp gekoop. En dit is werklik my nuwe staatmaker. Dit V-nek is vleiend vir my groter borsmaat, maar wys nie te veel ‘cleavage’ nie. En die materiaal is dik genoeg dat dit nie elke rolletjie wys nie. Dit het ook nog nie uitgewas en sakkerig of kort geword na die was nie. (’n Probleem wat ek dikwels het). So die swart weergawe van die T-hemp is beslis op my inkopielysie. Country Road Deep V-neck T-shirt (R799, Woolworths)

Bo-stuk

Print Cotton Sweatshirt (R449, Woolworths)

Hoe mooi is die sebrapatroon van hierdie bo-stuk! Print Cotton Sweatshirt (R449, Woolworths)

Op Justine se vakansie-ontspanningsdrag inkopielysie

Gemaklike tekkies

Ek is alewig op die uitkyk vir cool tekkies – en hierdie nuwe reeks van New Balance is heel bo aan my ontspanningsdrag wenslysie.

New Balance Womens 574+ (R1 899)
New Balance Womens 574+ (R1 899)

Die enigste probleem is, ek kan nie besluit watter een my gunsteling is nie – die neutrale skakerking met die luiperdmotief het my hart gesteel totdat ek dit wit paar met die sebrapatroon raakgesien het! ek weet sommer albei pare sal by baie in my klerekas kan werk.

Denim pretpak

Ackermans Ladies Denim Boiler Suit Blue (R399,95)

Denim op denim is een van die komende seisoen se grootste trends en ek het al vir so lank ’n denim pretpak “boiler suit” op my wenslysie. Party is net te duur – so ek was verlig om hierdie een by Ackermans raak te sien. Lekker gemaklik (maar steeds Mamma-sjiek) vir al daardie uitstappies met die kinders hierdie vakansie. En die bonus – die prysetiket het nie tot in die duisende rand geskiet nie!

Sweetpaktop

H&M Sweatshirt Light Grey Marl New York (R329 Superbalist)

Ek leef tydens die winter (koeler)-vakansies in ’n sweetpaktop by rompe of denims. Die truuk is natuurlik om ’n mooi een te vind wat nie slonserig lyk nie en steeds taamlik modieus is. Hierdie sweetpaktop tik al die regte boksies – mooi, neutraal en sal by baie kan werk.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Pure Beginnings nou vir grootmense ook!
error: Content is protected !!