oogroom
oogroom

Oogroom-aanwending: Wend jy jou oogroom reg aan?

As dit by ons sensitiewe en delikate oogarea kom, is die regte oogroom-aanwending baie belangrik. Die regte aanwending is amper net so belangrik soos die regte oogroom. Deur Suzanne Kotzé

26/08/2022

Onthou ’n oogroom is belangrik vir die vel rondom jou oogarea, want die vel rondom jou oë is 5-10% dunner as die res van jou vel, is meer sensitief is en is meer geneig om droog te wees. Daarom moet jy ’n oogroom op die area gebruik en nie ’n gewone room nie.

Ons oogroom-aanwending vrae

Ons het vir velsorgkundige Sonette Donker van Skin Fundi in Johannesburg vir raad gevra.

sonette donker

1. Smeer jy oogroom van binne (ooghoeke) na buite (lagplootjie) of buite na binne aan?

 “Van buite waar meer plooie is inwaarts is die beste. Ek begin by my lagplooitjies en wend dan kloksgewys my oogroom in ’n sirkel aan todat my room heeltemal ingetrek is.


2.  Wat van van jou ooglede? Moet jy oogroom hier ook aanwend?

“Jy moet jou oogroom en oogserum op die onderste en boonste ooglede aanwend. As jy net die produk op die oogbeen aansit, gaan die vel op die ooglede lelik verouder. Die vel op jou ooglede moet twee keer per dag room kry.”

3. Watter verskil maak oogrollers of gesigrollers met oogroom-aanwending?

“Dit werk veral goed vir pofferige oë. ’n Goeie wenk is om jou oog/gesigroller in die die yskas te sit as dit van metaal, klip of marmer gemaak is. Die koelheid doen wonders vir sensitiwiteit, waterretensie en irritasie.”

Dermatoloog Dr Suretha Kannenberg maan egter dat dit belangrik is om sagkens te werk. Daar is heelwat oogrome met ’n metaal-aanwender op die punt. Dr Suretha sê: “’n Rollertjie mag goed wees vir donker kringe, mits jy dit saam met room gebruik en die rollertjie nie jou vel trek nie. 


4. Moet jy noodwending jou ringvinger gebruik vir aanwending?

 “Jy kan enige vinger gebruik, solank jou drukking sag is.”

5. Hoeveel oogroom moet jy aansmeer?

 “Ek moedig my kliënte aan om net die grootte van die gekleurde deel van ’n vuurhoutjie te gebruik vir albei oë. As jy te veel room aansmeer, mag jou oogarea bietjie pofferig wees die volgende dag.”

6. Wat van sensitiwiteit na oogroom-aanwending?

“As die formule van jou oogroom te sterk is, mag jou vel sensitief word. Verander jou produk of gebruik die produk minder. Onthou ’n oogroom met Retinol in mag jou vel sensitief maak, begin dus deur dit net een tot twee keer per week te gebruik. Dit is veral met oogroom wat Retinol bevat belangrik om nie te veel te gebuik nie en dit altyd goed in te vryf, anders kan dit die vel rooi en droog maak.”

Sonette Donker se gunsteling oogrome wat sy tans gebruik

Probeer ook

Neostrata Intensive Eye Therapy (R1125, onlineskinshop.co.za)
Kaffiene en hialuroonsuur help om pofferigheid te verminder en help ook met hidrasie. Dit help ook met ooglede wat hang en plootjies vorm.
Eucerin Hyaluron-Filler Eye Treatment (R349,99 vir 15ml)
Een van ons gunsteling sakpas rome. Dit is spesifiek ontwikkel om lagplooitjies te teiken en bevat lae en hoë gewig hialuroonsuur wat help met bevogtiging en om die area op te plomp.
Clarins Double Serum Eye (R975, clarins.co.za)
Hierdie oogserum is geskik vir vroue van enige ouderdomsgroep met sensitiewe oë en vir draers van kontaklense. Die bestanddele van hierdie oogserum is 96% natuurlik en bestaan uit 13 verskillende plantekstrakte, waarvan Wild Chervil (wildekerwel) en Turmeric (borrie) die hoofbestanddele is. Die serum help vir alles van plooitjies tot donker kringe en hidrasie.
Nuxe Merveillance Lift Eye Cream (R575 vir 15 ml)
Die tekstuur van die oogroom het ’n ‘blur-effek’ sodat dit lyk of jou plooitjies en pofferigheid dadelik minder lyk. Dit is darem nie oë-verblindery nie, want 94% van vroue voel na een maand se gebruik dat hulle plooitjies en lyntjies gladder is.


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
parfuumwenke
10 Beste parfuumwenke
error: Content is protected !!