Swart en wit kolle romp wit T-hemp
Swart en wit kolle romp wit T-hemp

Ons dra nou wit en swart

Wit en swart klere is klassiek en tydloos, dit is ideaal om te meng en pas en die meeste van ons het dit reeds in ons klerekas.  Dit is ook ’n maklike manier om patrone in jou klerekas in te bring. Ons wys jou hoe ons nou swart en wit dra. 

Kyk na ons video hier:

Bo wit en swart onder is die maklikste manier om dit te dra. 

Om wit bo te dra, is vleiend, veral as jy groter onder is. Dit reflekteer ook lig, wat jou gelaat helderder en varser sal laat vertoon. 

Kies verskillende lae en teksture en dra dit saam. ’n V-nek-snit is ideaal vir jou bostuk as jy groter bo is. 

Waterval baadjie R7500 van Habits. V-nek T-hemp R140, Woolworths. Nekstuk van R1370 Pichulik. Swart denim romp R899, Country Road by Woolworths. 

Wit en swart: kies interessante silhoeëtte

Kies interessante silhoeëtte soos pofmoue wat nou groot nuus is. Laat die fokus op net een dramatiese kledingstuk val, soos die hempie met die pofmoue, en hou die res van jou klere en lyne skoon en minimalisties. 

Pofmou T-hemp H&M (R349)

’n Wit kraaghemp is ’n stapelitem.

Gebruik jou tyd en soek totdat jy ’n wit hemp kry waarin jy goed voel en lyk. Langer A-lyn- hemde is baie vleiend. ’n Hemp wat van ’n dikker materiaal gemaak is, wys ook nie elke rolletjie en voutjie nie. 

Swart bo-oor wit

’n Swart bostuk soos ’n jas of trui wat langer hang voor met vertikale lyne is baie vleiend en verslankend bo-oor ’n wit hemp

Patrone

Patrone, veral in helder kleure, kan intimiderend wees om te dra. Swart en wit patrone is makliker en veiliger om te dra en jy kan na hartelus patrone meng. Jy sal verbaas wees watter patrone saam kan werk. 

Morion jas, Totem (R2399) en broek (R2399) ook van Totem, beskikbaar by Purr. Polkakol hemp, R1499 Habits. 

Speel met tekstuur

As jy nie daarvan hou om aandag te trek met silhoeëtte of patrone nie, is swart of wit kledingstukke van verskillende teksture, van anglaise tot leer, blinkers of frille en valle goeie opsies. 

Anglaise bloes Michelle Ludek

’n Wit T-hemp en tekkies is goeie pasmaats

As jy meer klassieke, amper vintage patrone soos polkakolle of houndstooth- (tandruit) patrone dra, is ’n wit T-hemp en tekkies goeie keuses, sodat jou voorkoms meer minimalisties en vars lyk. 

Justine wit en swart houndstooth broek
Broek in ’n tandruitpatroon H&M (R629)

Van ons gunsteling patrone

Sophia maksi-rok van Stephen van Eeden se MMXMS Premiere Collection R2850 en serp R1200

Lees ook: Die pofmou is steeds groot nuus en hier om te bly.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
praat jy rokke
Praat jy rokke?
error: Content is protected !!