Is jy ’n stapper, drawwer, ’n joga- of pilatesprinses? Speel jy graag Padel of swem jy vir oefening? Ons het die soekwerk gedoen sodat jy nie hoef nie. Hier’s ’n paar handige items (en die mooiste oefenklere!) vir elke oefening. Ons hoop dit motiveer jou om aan die beweeg te kom. Deur Justine Kroes
08/11/2024
Bergstap
Suzanne stap graag in die berg met haar hond Chloe, ’n groep vriendinne of saam met haar man en seuns oor naweke. Suzanne sê jy het dit nodig:
’n Lekker moonbag om al jou belangrike items soos jou sleutels, selfoon en lipsalf byderhand te hou.
Afblaas waterbotteltjies wat jy sommer in jou moonbag kan stoor as dit leeg is.
’n Keppie om te beskerm teen die son.
’n Paar gemaklike “trail” hardloopskoene met ’n sterk rubbergreep aan die onderkant van die skoen is al wat jy nodig het. Dit help natuurlik ook dat jy nie maklik gly by die opdraandes en afdraandes nie.
’n Goeie gehalte reënbaadjie vir stap in die reën is noodsaaklik.
Hardloop
’n Goeie paar tekkies, ’n gemaklike hardloopbroek (wat nie bly afsak nie!) en ’n goeie bra is die belangrikste vir jou hardloopuitrusting sê Justine wat graag hardloop.
As dit kom by hardloophempies en -broeke: Wees op dit uitkyk vir ligte materiale wat lugregulerende en vogbeherende eienskappe het wat jou koel hou terwyl jy hardloop. Maar wat ook vinnig kan droog word en sweet kan afweer of absorbeer.
’n Hardloopbroek is elkeen se persoonlike voorkeur, party verkies tights en ander weer kortbroeke.
Kyk hoe oulik is hierdie joggerstyl kortbroek van KOKO Active STEP UP Jogger Shorts (R599); onder die jogger gedeelte is daar ook ’n stywe rekbare broekie, met ’n sakkie wat groot genoeg is om ’n slimfoon te hou.
Onthou ligte skakerings reflekteer sonlig en verminder die absorpsie van hitte – as jy vir lang ure in die son gaan wees, oorweeg klere met ’n sonbeskermingsfaktor.
Liggewig hardloopkeps beskerm nie net teen die son nie, maar hou ook jou hare uit jou gesig uit.
’n Paar mooi hardlooptekkies was nog nooit lelik nie!
Goeie hardloopsokkies is belangrik, ek het al blase op my voete ontwikkel van in growwe sokkies hardloop. Kies ’n dun, ligte sokkie met ’n fyn tekstuur wat vog afweer en vinnig droog raak.
Vir koeler dae is ’n ligte reënbaadjie ’n moet. Kies een wat gemaklik om jou nek sit en met ’n rek kan stywer trek om jou lyf, so wapper jou baadjie nie al die pad in die wind nie.
’n Ligte klein hardloopsakkie wat styf rondom jou middel vasbind is handig as jy ’n foon, sleutels of jou hardloopjel wil stoor terwyl jy hardloop.
Joga/Pilates
Joga- en pilatesoefenklere moet gemaklik sit en jy moet gemaklik daarin voel om sodoende vrylik te kan strek, buig en beweeg.
Hierdie oulike eenstukpakkie lyk super gemaklik met g’n hemp wat sal oprol of oor jou kop hang terwyl jy onderstebo strek nie.
Gemaklike yoga en pilates oefenuitrustings:
As jou voete maklik koud kry of dalk oormatig sweet, is ’n paar joga- of pilatessokkies ’n moet. Die sokkies sit gewoonlik gemaklik aan jou voet, party met tone uit. Die meeste van die sokkies het ’n rubbergreep aan die onderkant om te verhoed dat dit gly terwyl jy oefen.
Jogamat, let altyd op na hoe dik die mat is voor jy koop – en of dit vir jou gemaklik sal wees. Kies ’n joga- of pilatesmat wat jy maklik kan ronddra.
Swem
’n Lekker swembroek wat boude ordentlik toemaak vir oefengemak is noodsaaklik. En wie sê jou oefenswembroek moet net swart of vlootblou wees – kyk hoe mooi is al hierdie kleure en patrone:
’n Aantrekhanddoek – met ’n kappie wat die afdroog en aantrekproses vergemaklik, is so handig en ons kan nie daarsonder klaarkom nie! Ons hou veral van La Roche Apparel Swim Surf Towel (R1 250) se 100% katoenhanddoek. Die handdoek vou netjies op in die kappiegedeelte van die handdoek, wat dit natuurlik ook maklik maak om te stoor.
Vir jou nat swembroek – kyk net hoe slim is hierdie Nabaiji Waterproof Pool Pouch (R149 Decathlon) – wat jou nat swembroek apart hou van die res van die droë klere in jou sportsak.
Padel of tennis
Padel as ’n sport het behoorlik oorgeneem en nou dat daar byna in elke buurt ’n Padelbaan is, maak dit hierdie oefening juis soveel meer toeganklik.
Jy kan natuurlik in enige uitrusting Padel, Pickleball of Tennis speel, daardie oefenklere waarin jy gemkalik voel. Maar hierdie tennisstelletjies is te mooi om nie te deel nie:
’n Bêreplek vir jou Padelraket. ’n Duur sportitem en jy behoort mooi om te sien na jou padelraket – kyk net hoe slim is hierdie sakke vir jou padel- of tennisraket.