Mont Banc Fyngeur
Mont Banc Fyngeur

Nuwe fyngeur-handtekening

Wie sou kon dink dat die elegansie en eenvoud van ’n handtekening die inspirasie agter ’n fyngeur kan wees. Komende van Montblanc (wat immers bekend is vir hul luukse penne) maak dit soveel sin. Deur Suzanne Kotzé

Montblanc Signature: die nuwe fyngeur-handtekening

Montblanc se nuwe fyngeur, Signature EDP ( R1199 vir 50ml en R1499 vir 90ml, Truworths), word as ’n blommerige, Oosterse muskusgeur beskryf. Ek het nie gedink ek sal so baie van hierdie geur hou nie, want Oosterse fyngeure is gewoonlik te swaar vir my, maar wat ’n lieflike geurverrassing! Die fyngeur is baie ligter en varser as die meeste ander Oosterse fyngeure wat ek al probeer het. 

Die fyngeur note

Montblanc se nuwe fyngeur, Signature EDP ( R1199 vir 50ml en R1499 vir 90ml, Truworths),

Met die eerste aanspuit het die topnote van pioenroos en mandaryn my dadelik aangetrek omdat ek van blomme en sitrusgeure hou.

Die vanielje, ilang-ilang en magnolia middelnote bly sensueel talm op jou vel, terwyl dit omvou word met die basisnote van muskus en bensoïen.

Hierdie is nie ’n groot oordadige, handtekening nie, maar eerder sterk en elegant en dit is hoekom dit jou bybly. 

Die gesig van die geur: ‘n Franse skrywer

Die Franse skrywer Diance Ducret is die gesig van die Montblanc Signature fyngeur

Diance Ducret is beslis mooi genoeg om ’n model te wees, maar die sterk Franse skoonheid is eintlik ’n bekende essayist en vroue is die is die hoofbron van inspirasie vir haar topverkoperverhale. 

Sy is gevra om te beskryf wat ’n fyngeur is en sê: “Dit is ’n bietjie soos ’n boek. Dit is soos om ’n alchemis van elemente te wees, om verskillende geure saam te bring, om woorde van woede, liefde, warm en koud saam te bring en iets harmonieus te skep.”

Wat is jou gunsteling fyngeur?

Lees ook Dié treffende ooggrimering vir met of sonder maskers

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
The Iris Apfel x H&M
Honderdjarige mode-ikoon Iris Apfel
error: Content is protected !!