line sketch breërand sonhoed
line sketch breërand sonhoed

’n Breërand-sonhoed is ’n moet

’n Breërand-sonhoed is beslis nie net vir die strand nie.  Ons is groot sonhoed-liefhebbers en hoede wat vasbind en nie wegwaai nie, is op ons wenslysie. 

Suzanne

Suzanne sonhoed

Ek dra gereeld ’n hoed in die somer en verkies gewoonlik lekker groot strooi-tipe hoede.

Hou ’n hoed op die voorste sitplek van jou motor sodat jy elke keer as jy kinders by die skool moet gaan haal, of iewers heen moet stap, jou hoed byderhand het. 

Justine

Justine sonhoed

Ons stap gereeld af strand toe, en ek dra graag ’n hoed om my te beskerm teen die son – en ook om te keer dat my hare deurmekaar waai!

Kies só ’n breërand-sonhoed – die dermatoloog se raad

Dermatoloog Dr Suretha Kannenberg is ’n groot voorstander van sonhoede en gee die volgende raad vir die kies van ’n sonhoed: 

  1. Onthou ’n keps beskerm nie jou ore nie, (’n algemene plek waar velkanker kan voorkom) en ook nie jou nek nie. Kies daarom eerder ’n breërandhoed. 
  2. Kies ’n hoed van ’n dig-geweefde materiaal. 
  3. Probeer ’n hoed kies met ’n UPF (ultraviolet protection factor) van ten minste 50 en CANSA se seal of approval
  4. Hoede hoef beslis nie onooglik te wees nie. Emthunzini Hats se hoede voldoen aan hierdie vereistes (verreweg die meeste van hulle). www.sunhats.co.za

Op ons wenslysie: ’n sonhoed wat vasbind

Die meeste van ons het al agter ’n hoed aangehardloop, veral op die strand! Hierdie jaar wil ons breërand-sonhoede hê wat kan vasbind, want ons hardloop klaar genoeg agter kinders aan op die strand. Woon of kuier jy in die Kaap, is hierdie ook ’n goeie keuse, want die “Kaapse Dokter” kan al te maklik ’n hoed in die lug laat opvlieg. 

Cowboy vasbind hoed
H&M Cowboy Style Hat with Toggle (R279)
swart vasbind sonhoed
Mr Price Wide Brim Bucket Hat in Black (R89,99)
Crystal Birch vasbind hoed
Crystal Birch Straw Bolero (R1250)
room vasbind sonhoed
Mr Price Wide Brim Bucket Hat in Stone (R89.99)
Therapy vasbind sonhoed
Orchid&Bloom hat (R250, Thérapy, Kaapstad)
Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die grimeeer-oplossing vir vel wat blink
error: Content is protected !!