Hierdie My Pretty Box is die ideale saamgee-geskenk; van al die kinders vir ma, of as gesamentlike verjaarsdaggeskenk van vriendinne of as bederf vir jouself. Met alles van die wonderlikste grimeerkwassies tot haarbykomstighede en grimering sal hierdie bederfboks enige vrou se hart laat bons van opgewondenheid. Deur Suzanne Kotzé
Vergeet van daai kopkrap van “wat gee ons vir Ma?” of die heen en weer Whatsapp’s oor ’n saamgee-geskenk vir ’n vriendin se verjaarsdag. Die My Pretty Box los ineens hierdie probleem op. Dit lyk (en is) ’n indrukwekkende geskenk wat jy aanlyn bestel en dit word afgelewer. So maklik soos dit.
Wat kry jy alles in jou My Pretty Box?
’n Volledige stel grimeerkwassies
Hierdie kwassies voel wonderlik sag en jy kan voel dit is van hoë kwaliteit. Die kwassies is deur bekende grimeerkunstenaar Suna Roberts ontwerp en laat maak. Ons hou veral van die bamboes-handvatsels (wat dit duursaam maak) en die pragtige sakkie (eksklusief by La Belle beskikbaar) vir die kwassies.
Luma Liquid Light Illuminating Primer
Glo my, die meeste vroue (en veral ma’s) soek ekstra glans, want hoe ouer ons word, hoe dowwer begin ons velle lyk. Hierdie voorbereidingslagie word onder jou onderlaag aangewend of jy kan dit ook saam met jou onderlaag meng of jy kan dit selfs dra sonder grimering ook. Dit bevat ligweerkaatsende deeltjies en fyngeperste pêrel-deeltjies en vitamien A wat help om velhernuwing aan te moedig en te beskerm. Dit bevat ook vitamien E wat bevogtig. So dit dit gee meer as net pragtige glans.
Luma On the Glow Highligter
Nog glans, ja asseblief! Hierdie romerige stokkie bevat ook pêreldeeltjies en gee subtiele glans. Die wonderlike ding van beklemtoners (highlighters) is dat dit die aandag na sekere dele van jou gesig trek, sodat ander areas minder sigbaar lyk. Ons wend beklemtoner in ’n C vorm aan, van die bokant van ons wangbene rondom die oog-area (net nie in jou plooitjies nie) tot by die buitehoek van jou wenkbrou. Onder ons wenkbroue (wat jou oog-area oper en groter laat vertoon) en ook op die kupido bogie bo jou bo-lip wat jou lippe voller laat lyk.
Luma Lip & Cheek Tint
By Stylvol is ons gaande oor twee-in-een tydspaarprodukte en hierdie is ’n nuwe toevoeging tot ons stryd teen min tyd. Tik die Lip & Cheek Tint op jou wange én op jou lippe aan. Dit gee kleur en glans en laat ons sommer jonger voel en lyk.
Kimo haar ‘scrunchies’
Scrunchies is tans hoogmode en kan binne minute ’n vervelige bokstert omtower. ’n Vinnige half-op, half-af -styl kry ook die koel-faktor sodra jy ’n scrunchie bysit.
Loer gerus hier as jy idees soek hoe om scrunchies te dra: Haarscrunchie; Dra dit so
Plat pêrelknippie
Skuif hierdie plat knippie in enige haarstyl in om dadelik gedoen te lyk. Gebruik dit langs die kante of bokant jou bokstert.
Bare Luxury Pedi deur Morgan Taylor
Vier stappe met vier sakkies vir ’n heerlike tuis-pedi. Die Ginger & Green Tea ruik heerlik skoon en vars. Die stelletjie bevat ’n Purifying Soak, Detox Mask, Salt Scrub en Massage Butter.
Bio Sculpture Ethos Kiwi Scrub
Wonderlik om van dooie velletjies rondom jou nael-area ontslae te raak. Veral as jy baie dooie velletjies het nadat jy jou jel-politoer laat verwyder het. Verf dit rondom jou nael-area aan en masseer dit in om dooie velletjies te verwyder.
Gelish Mini Nourish Cuticle Oil
Hierdie klein botteltjie naelvliesolie hoort in jou handsak sodat jy dit gereeeld kan aanwend, of hou dit op jou lessenaar of langs jou bed.
Hoeveel kos die My Pretty Box
Die My Pretty Box kos R1800. Die waarde van die produkte binne-in is egter R2200, so jy spaar R400.
Waar kan ek die My Pretty Box bestel?
Bestel dit by La Belle se aanlynwinkel.Klik hier: La Belle
Die artikel is geborg deur La Belle