Mooiste somer swembykomstighede

Julle, die tyd het aangebreek – die Desembervakansie is is so naby ons kan dit amper ruik (en proe!). En as jy see toe gaan die vakansie, of selfs net tuis langs die swembad (rivier of dam!) gaan wees, is hier ’n paar modieuse somer swembykomstighede wat ons onlangs raak gesien het en graag met julle wil deel, natuurlik wens ons dat ons ALS kon koop! Deur Justine Kroes

2/12/2022

Kaftans

Kaftans, of “swim cover ups” soos dit in Engels genoem word, is beslis ’n moet-hê as jy ure op die strand of langs die swembad gaan deurbring. Gemaklik om oor jou swembroek aan te gooi maar steeds mooi en stylvol om reguit restaurant toe te gaan vir middagete or skemerkelkies. ’n Ligte materiaal wat lekker koel is en vinnig sal droog raak is ’n goeie opsie.

Good Clothing Kaftan Blue Peacock (R1 550 Purr clothing)

Kyk ook uit vir helder skakerings, mooi afwerkings en prettige patrone, komaan dis somer-vakansie – spring op die dopamien modetrein – jy sal nie spyt wees nie!

Hier is nog ’n paar gunstelinge:

Me & B The Joy Kaftan Dress in Diagonal Print (R899)
Mr Price Kaftan (R189,99)
Desray Cream Croschet Kaftan (R1850)
Superbalist Modaxi Cover Up Bold Orchid (R549)
Me & B The Joy Kaftan Dress in Orange (R899)
Just Cruizin Isabella Kaftan (R1 450 Purr Clothing)

Sonbrille:

’n Sonbril is ’n moet – dit beskerm nie net jou oë nie, maar versteek ook al die tekens van min slaap en die regte sonbril laat jou in ’n sekonde meer stylvol lyk. Van die groot sonbril trends hierdie seisoen is die aviator (dankie Top Gun!), die kat-oog – vleiend aan die meeste gesigvorms, asook helder en kleurvolle sonbrille (dopamien mode oral). Rond en oorgroot is nog ’n tendens en natuurlik daardie klein sonbrille wat ons in die 90’s gedra het, maar ons sê eerder gaan verby met die 90’s of y2k trends!

Dolce & Gabbana Cat Eye (R3880)
Ozbob The Lucy Embellished Sunglasses (R910)
Dolce & Gabbana Round (R3880)

Hoede

Somervakansie hoede is gewoonlik ’n baie persoonlike keuse – party dames hou van groot dramatiese hoede en ander hou weer van bofbal kepse sodat hulle hoede op bly tydens strandspeletjies.

Poetry Orchid Colourblock Wide Brim Hat (R399)

Hier is ’n paar gunstelinge wat ons raakgesien het:

Elizabeth Summer Boutiques Lamu Hat with Black Ribbon (R750)
Cotton On Crochet Bucket Hat (R299)
Country Road Heritage Logo Cap (R499)

Sandale

Visplakkies, aanglipsandale of slider-styl skoene is ons top keuses vir strand toe of langs die swembad verkeer.

Holster Solace Sand (R499) Gebruik die kode STYLVOL15 vir 15% afslag

Ons verkies visplakkies of insteeksandale wat jy sommer maklik kan aanglip en weer uitglip, en natuurlik die wat ook vinnige droograak en eenvoudig kan skoonmaak.

Holster Holiday Ditzy Pink (R349) Gebruik die kode STYLVOL15 vir 15% afslag
Holster Kaylee Beige (R1 599) Gebruik die kode STYLVOL15 vir 15% afslag
Fitflop Iqushion Buckle Slides Corralina (R799 Purr Clothing)

Strandsakke

Glo dit of nie – jou strandsak (nes jou handsak) kan ’n modestelling maak. Kies dalk iets met aparte gedeeltes of plekkies wat jy kan toerits om jou foon, sleutels, geld en lipsalf apart te hou, anders soek jy vir drie en dertig jaar als wat heel onder in jou diep donker strandsak lê.

A Love Supreme Beach Bag whale tails aqua (R650)

Kies iets helders, vroliks of vol patrone – dit maak dit sommer maklik om jou plekkie op ’n vol strand uit te ken as jy gou deur die branders gaan duik het.

Laat verpersoonlik jou strandsak met jou voorletters:

Elizabeth Summer Monogram Beach Bag Large Oxford Tan (R1 450)
Elizabeth Summer Boutique Monogram Morrocan Basket (R1 300)
Elizabeth Summer Boutique Sequin Basket (R1 650)
Thandana Beach Medium Bag (R999)
Toned Neoprene Beige Strip Tote Bag Waterbestande (wesuit) materiaal (R1 000)

Waterdigte sakkie

’n Slim waterdigte sakkie vir jou foon en als wat droog en veilig moet bly.

La Roche Apparel Waterproof Pouch

Swembroeke

Helder swembroeke is vanjaar in – die styl wat jy kies sal natuurlik afhang van jou liggaamsbou en persoonlike styl. Maar as jy onseker is wat die regte swembroek vir jou lyfvorm is – lees hier:

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Polkakol mode, terug en hier om te bly
error: Content is protected !!