Wat neem jy gewoonlik strand toe in jou strandsak? Ons deel graag ons eie wenslysie met ’n paar oulike idees vir jou volgende uitstappie strand toe. Loer hier vir ons moet-hê mode strandbykomstighede wat ons graag wil saamneem strand toe hierdie somervakansie. Deur Justine Kroes
15/12/2023
Stylvolle strandsak
Alles begin by ’n mooi, groot genoeg (maar nie te groot) strandsak. Een waarin jy ’n ekstra stel klere, handdoek en al jou bykomstighede kan inpas. Dink aan jou strandsak as jou handsak vir die strand, kyk uit vir een met lekker sakkies aan die binnekant (vir motorsleutels, lipsalf en geld).
Swembroek
Die winkels is tans propvol met die heel mooiste swembroeke in helder skakerings, eenskouer snitte met prettige patrone. As jy dalk onseker is oor hoe om die regte swembroek vir jou lyfvorm te kies – lees gerus meer hier:
Daar is selfs nou so baie “slim” swembroeke wat omgedop kan word, dit beteken natuurlik jy het 2 swembroeke in een!
Hier is ’n paar mooi swembroeke tans op ons wenslysie:
’n Kaftan of sarong romp
Nie almal dra graag ’n kaftan nie, en ander verkies weer ’n sarong of romp wat jy net so bo oor jou kostuum kan aanglip. Die swembroeke is deesdae so mooi – jy’t nie eers ’n T-hemp nodig nie, die swembroek lyk soos ’n bodysuit of hemp by jou romp.
Dra gerus hierdie somervakansie sarong rompe, of ’n kaftan wat jy net bo oor jou swembroek kan aanglip. Loer hier na ’n paar van ons gunstelinge:
Kaftans
Sarong/strandromp
Sonbrille
Van reghoekig tot oorgroot, kies vanjaar ’n prettige sonbril, dalk iets helders wat aandag trek.
Strandplakkies
Strandplakkies of strandsandale wat maklik aan en uit kan glip, vinnig kan skoon en sommer maklik kan droog raak:
Mooi sonhoed
Ons is tans gaande oor die oorgroot sonhoed-tendens, nie alleen lyk dit stylvol nie, maar beteken ook meer beskerming teen die son!
Knip vir jou hare
Julle! Daar is niks wat ons meer irriteer as hare in ons nek as ons warm kry nie, koop vir jouself ’n lekker groot “claw clip” en lees hier vir moeitelose planne vir hare op warm dae:
Strandbykomstighede wat jy dalk nie geweet het jy het nodig nie
Kyk hoe super cool is hierdie Crossbody Bottle Bag van The Box Fashion (R310)
As jy graag swem is ’n aantrek swemhandoek met ’n kappie perfek vir jou! La Roche Apparel is ’n ou gunsteling van ons. Die binnekant van die handoek is mooi gevoer, die handdoekmateriaal slurp water blitsvinnig op en hou jou lank snoesig warm. In verskeie skakerings beskikbaar.
’n Sonbril-ketting. Glo ons, hierdie gaan jou lewe verander – jy sit nie kort-kort jou sonbril op ’n hopie sand neer of verloor hom nie. Met hierdie sonbrilketting hang jou sonbril netjies om jou nek as jy hom nie op jou gesig dra nie. Boonop is daar so baie verskillende skakerings en tipes style beskikbaar – kies een eie aan jou stylpersoonlikheid.