Manispirasie: 22 Idees vir somernaels

Wat is nou in vir somernaels? Hier is inspirasie vir jou volgende somernaelmanikuur. Die Franse manikuur in verskeie gedaantes is steeds groot nuus. Groen, helder kleure, abstrakte naelkuns en metaal skakerings is ook nou groot nuus. Deur Suzanne Kotzé.

22 Idees vir jou somernaels

Boekmerk of bêre gerus hierdie artikel om volgende keer saam salon toe te neem! Of speel met van hierdie ontwerpe. Ons deel van ons gunstelinge naelkunstenaars se ontwerpe (alle fotos met toestemming en goedkeuring gedeel). Nadat ons begin soek het vir idees vir ons eie naels, het ons ’n versameling van al die naelontwerpe wat ons graag wil salon toe neem, bymekaargesit. Ons hoop jy hou net soveel soos ons daarvan!

Variasies op franse naelvoorkomste

“Verskillende kleure en variasies op die klassieke Franse naelvoorkoms bly groot nuus vir lente en somer,” sê Minelli van Minelliart nails. Nadia Stroh van The Nail Art Studio, stem saam:

Funky French of French met ’n twist,” bly van die gewildste naelkuns.

1. Helder konfettipunte

As jy graag neon wil uittoets maar huiwerig is vir die helder kleure, is hierdie mooi konfettinaels van Amerikaanse naelkunstenaar Stefanie van @polished_yogi ’n goeie keuse. Dis helder, maar subtiel.

somernaels konfettie
Foto: Stefanie van @polished_yogi

2. Franse punte en minimalisme gemeng

“Die inspirasie vir hierdie voorkoms was deur naelkunsteaanr Sarah (@healuviee op Instagram) wat net een kleur gebruik het. Dit is vinnig en maklik as jy op die nippertjie naelkuns wil doen. Ek het twee kleure gebruik, en dink die skakerings pas mooi by mekaar,” sê naelkunstenaar Stefanie (@polished_yogi op Instagram).

somernaels
Foto: Stefanie van @polished_yogi

3. Dubbel koelblou chevronpunte

“Chevronpunte is een van my klassieke gunstelinge,” sê naelkunstenaar Stefanie van @polished_yogi.

Chevron blou somernaels
Foto: Stefanie van @polished_yogi

4. Lemmetjiegroen en ment chevronpunte

“Chevronpunte is ’n prettige en maklik manier om naelkuns te doen. Jy het nie eers enige gereedskap nodig nie en dit is dit ideaal vir beginners,” sê Stefanie van @polished_yogi

chevron naels
Foto: Stefanie van @polished_yogi

5. Hartjiepunte

Die ideale vorm vir hierdie naels is eintlik amandelvormige naels, sodat die punt van die hartjie effens skerper is, maar dit lyk steeds baie oulik met Stefanie van @polished_yogi se naels, wat effens rond is.

hartjie naels
Foto: Stefanie van @polished_yogi

6. Fyn neonpunte

Die Hollywood naelkunstenaar (een van ons en die sterre se gunstelinge!) Betina Goldstein het hierdie mooi voorkoms geskep. Die fyn, neonlyntjies is wat die voorkoms maak. Onthou om aan te dring op die fyn lyntjies, want sommige naeltegnikuste is geneig om hierdie lyntjies te dik te verf. Dit is juis die fyn lyntjies wat dit modern en vars laat lyk.

Betina Goldstein
Foto: Betina Goldstein

7. Turkoois en metaalkleurige punte

Geskep deur Betina Goldstein. En kyk net hoe mooi pas haar ringe by haar naels!

Turkoois Franse naels
Foto: Betina Goldstein

8. Die trippel fyn streep

Hierdie tweekleurige buitelynvoorkoms is deur Betina Goldstein geskep. Kyk hier hoe sy dit doen.

Betina Goldstein naels
Foto: Betina Goldstein

9. Veelkleurige Franse maan en punte

Swart is as die basis gebruik. Kyk gerus hier hoe sy dit verf.

Betina Goldstein donker Franse naels
Foto: Betina Goldstein

10. Ligpers punte met goue detail

Hierdie mooi punte is deur Minelli van Minelliart nails  geskep.

Minelli naels
Foto: Minelli

11. Blou en ment punte met goue details

“Elektriese pastelkleure is altyd ’n wenner,” sê Minelli van Minelliart nails oor die naels.

Minelli blou en ment naels
Foto: Minelli

12. Pastelpunte met borrel detail

Naelkunstenaar Nadia Stroh van The Nail Art Studio, Stellenbosch noem hierdie tegniek die “blooming bubble” Franse naels. Sy het Biosculpture Bloss Gel gebruik om dit te skep. Loer gerus hier hoe sy dit gedoen het.

13. Koraal en pienk

Appelkoospienk en koraalskakerings in verskillende kurwes en lengtes skep die mooi voorkoms deur Nadia Stroh van The Nail Art Studio.

14. Skitterende punte

“Skitter en glans bly ’n groot trend,” sê Minelli.

skitter naels
Foto: Minelli

Groen

“Groen is op die oomblik ’n baie gewilde kleur,” sê Minelli van Minelliart nails en Nadia Stroh van The Nail Art Studio. “Mens sien baie bekendes op die rooi tapyt met groen naels,” sê Minelli. Nadia sê: “Ek sien baie woudgroen kleure en ek is mal daaroor.”

15. Kort naels met groen

Nadia Stroh van The Nail Art Studio het hierdie naels gedoen.

Verskillende skakerings

16. Van lig na donker groen

Van ligter op die pinkie tot donker op die duim in die seisoen se gewilste kleur. Betina Goldstein mag maar kleure kies! Die duim en wysvinger is dieselfde kleur, terwyl die middelvinger en ringvinger verskillende skakerings is, met geel op die pinkie.

Betina Goldstein groen naels
Foto: Betina Goldstein

17. Neutrale skakerings

Verskillende kleure hoef nie ’n stelling te maak nie. Kyk net hoe minimalisties lyk hierdie neutrale palet van Stefanie van @polished_yogi

neutrale naels
Foto: Stefanie van @polished_yogi

18. Pienk en oranje

Met sulke naels sal jy ’jy beslis ’n kleurvole mengeldrankie moet vashou. Naels deur Betina Goldstein.

oranje en pienk naels
Foto: Betina Goldstein

19. Pienk, pers en blou

Al is hierdie naels kleurvol, het Betina Goldstein die kleure so gekies dat dit nie uitspattig lyk nie.

Betina Goldstein somernaels
Foto: Betina Goldstein

19. Neon

Hierdie neonskakerings voel soos ’n vrolike somersdag. Naels deur Stefanie van @polished_yogi

neon naels
Foto: Stefanie van @polished_yogi

Abstrak

“Abstrakte naelkuns bly van die grootste trends in my studio,” sê Nadia Stroh van The Nail Art Room.

20. Verskillende kleure en patrone met ’n natuurlike basis

Naels deur Nadia Stroh van The Nail Art Studio.

21. Ligpers en pienk met silwer streep detail

Nadia Stroh, van The Nail Art Studio. het hierdie naels geskep met Biosculpture se EVO jel.

22. Neutrale roompienk en metaalkleurige detail

Nadia Stroh van The Nail Art Studio. het Biosculpture Evo Gel Polish in Luciana gebruik as die basis van die voorkoms. Nog ’n voorbeeld dat naelkuns nie uitspattig hoef te wees nie.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
omgewingsvriendelik
5 omgewingsonvriendelike skoonheidsoortredings wat jy dalk pleeg
error: Content is protected !!