MAC Cosmetics Aanlyn grimeerles
MAC Cosmetics Aanlyn grimeerles

MAC Cosmetics aanlyn grimeerles en Studio Fix onderlaag

Suzanne en Justine het ’n eksklusiewe MAC Cosmetics aanlyn grimeerles gekry en onderlaag-wenke geleer by MAC se nasionale grimeerkunstenaar Marco Ackers. Lees meer oor die handige wenke wat ons geleer het. 

Stylvol oor die MAC Cosmetics aanlyn grimeerles en Studio Fix onderlaag

Studio Fix onderlaag

Justine sê: Ek gebruik al vir drie jaar die MAC Cosmetics Studio Fix onderlaag (R530) in die NC25 skakering.  Die dekking wat dit bied is “boubaar” (buildable) wat beteken ek kan besluit hoeveel onderlaag ek elke dag wil gebruik, op dae wat ek voel my vel lyk mooi en gesond wend ek minder van die studio fix aan (of meng dit selfs met ’n druppel vogroom om dit verder te verdun. En op dae wat ek sukkel met daardie ongewenste hormoon puisies gebruik ek dan ’n bietjie meer Studio Fix as wat ek gewoonlik sou. Ek wend eenvoudig ’n tweede lagie aan wat al my puisies en merkies blitsvinnig verbloem.

Suzanne sê: Met MAC weet ek my skakering is reg. Omdat ek sproetjies het sukkel ek met die regte onderlaag skakering. My vel het ’n koel ondertoon maar die sproetjies is ‘warm’ en my kleur hierom so tussen koel en warm. Omdat ek al soveel keer my grimering laat doen het vir foto’s, weet ek as die grimeerkunstenaar NW20 gebruik, lyk my vel net reg.

Ek verkies  natuurlike dekking en het ek min van die onderlaag nodig. Ek hou daarvan dat dit dun is en maklik en vinnig aansmeer. Met masker-vel puisies, maak ’n eksta lagie alles toe en ek het nie eens verbloemer nodig nie!

Truuks wat ons geleer het tydens die MAC Cosmetics aanlyn grimeerles

1. Gebruik jou poeierkwas as onderlaagkwas

Ja jy het reg gelees! Ons het die MAC 150S Large Powder Brush – (R625) ontvang en gebruik tydens ons Zoom-les met Marco. Ons was verbaas hoe goed dit gewerk het. Jy het nie baie onderlaag aan die bo punt van die poeierkwas nodig nie en gebruik ’n stippelende aksie om die onderlaag aan te wend. 

2. Te veel onderlaag? Poets dit uit met jou poeierkwas.

Gebruik die kwas ook as ’n ‘buffer’   wanneer jy te veel onderlaag aangewend het. Maak sirkel bewegings op die dele waar jou onderlaag te dik is, en ‘poets’ so die oortollige onderlaag af. 

3. Gebruik die onderlaag as verbloemer ook

Omdat die onderlaag sulke goeie dekking gee, kan jy dit ook as ’n verbloemer aantik op areas wat ekstra dekking benodig. 

4. Wend Studio Fix + sproei voor en na grimering aan. 

Hierdie Studio Fix + (R375) is een van MAC se topverkoper produkte en laat beslis jou onderlaag en grimering langer aanbly. Gebruik dit as ’n basislagie en spuit die fix + op jou vel voor jy met jou grimeer roetine begin en nadat jy jou grimering klaar aangewend het. 

5. Spuit Studio Fix + aan om varser te voel en lyk. 

Spuit dit aan deur die loop van die dag as ’n hidrerende sproei, veral wanneer jou grimering effens vaal en ‘moeg’ lyk. Met ‘n paar spuite bring die sproei weer ’n bietjie glans en lewe terug na jou grimeer-voorkoms. 

Lees ook: Grimeerkwassies wat het jy regig nodig?

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
een jas drie maniere
Een jas drie maniere
error: Content is protected !!