Lospassende rokke vir warm somersdae

Ons kla beslis nie oor die mooi weer nie, maar sjoe, party dae kry ons net te warm en al wat ons kan dra is lospassende rokke. Daardie rokke wat die warm somersdae meer leefbaar maak. Hier is ’n paar wenke vir wanneer jy weer ’n somersrok kies en ’n klompie wat ons raakgesien het (Pssst die geheim lê in die keuse van lap!): Deur Justine Kroes

Wenke vir die kies van lospassende rokke

  • Die lapkeuse is belangrik. Daar is niks erger as om ’n “koel” rok aan te trek net om te besef hierdie nommer klou heeldag lank aan jou warm lyf nie. Loop eerder vanjaar verby die ontwerpe wat van sintetiese materiaalstof gemaak is. Vermy ontwerpe met materiaalname soos poliëster, nylon en viskose. Al hierdie materiaalsoorte word beskryf as “manmade fibers” en is nie natuurlike materiaalstof nie. Onthou, selfs al lyk die materiale lieflik lig en dun, absorbeer dit nie water nie (sweet!) en die materiaal ‘haal nie asem’ nie.
  • Kies liefs materiale wat asemhaal soos linne of katoen. Linne is heerlik lig, lugtig en koel om te dra, perfek vir warmer somermaande. Dit voel koel omdat die vesels lank en wyd is en meer lug deurlaat asook vog afweer. Het jy geweet linne kan tot 20% van sy eie gewig in water opneem voordat dit nat of klam voel?
  • Kies ook ligte kleurskakerings – ons weet teen hierdie tyd, ligter skakerings absorbeer minder lig en hitte as donkerder skakerings. Kies dus ontwerpe in ligte kleure of selfs pastelkleure. Hou die donker kleure vir koeler weer.
  • Kies lospassende snitte en rokstyle. Klere wat nommerpas aan jou lyf sit, gaan jou beslis laat warmer voel op ’n warm dag. Daar moet ’n lagie lug tussen jou lyf en die kledingstuk wees om koel te bly op ’n warm dag. Trapeze styl rokke is gelukkig steeds hoogmode!
  • Wat van struktuur? Ons beste wenke – dra ‘n “crossbody bag” ‘n handsak wat oor jou lyf kruis. Dit skep dadelik struktuut en gee vorm aan jou lospassende rok.
  • Kies skouerlose rokke – al is dit nie vir almal nie, sal die rokstyl jou nog koeler laat voel as die hitte te erg raak.

Hier is 14 gemaklike, lospassende rokke vir die warm somersdae.

Ons het die bogenoemde wenke in gedagte gehou en die volgende rok-opsies uitgesoek! Die rokke is almal van linne, of katoen:

Country Road Ruched Maxi Dress (R1799)
Witchery Strap Back Stripe Dress (R1799)
Lazuli Cut Out Knot Dress (R1400 beskikbaar by Purr Clothing)
Asha Eleven Moomoo Dress (R2750)
Just Cruizin The Carissa Dress (R1150)
Country Road Gathered Hem Maxi Dress (R1499)
Raw Collection Cosmos Dress (R890)
Desray White Grandpa Dress (R1315)
Studio Coise The Lucy Dress (R1300)
Trenery Linen Sleeve Shirt Dress (R1299)
Poetry Cassia Pintuck Dress (R1599)
Asha Eleven Wimbo Dress (R2350)
Isabel de Villiers Linen Picnic Dress (R1400)
Trenery Linen Puff Sleeve Dress (R1499)

Lees ook: “Date night” uitrustingidees

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
5 Elemente om in gedagte te hou wanneer jy oorbelle kies
error: Content is protected !!