Dit is daardie tyd van die jaar en almal se tyd is min – om te verhooed dat jy elke twee weke salon toe moet suiker vir jou naels, het ons ’n naelkenner se raad gevra. Lees haar wenke om jou mani langer te laat hou, plus vyf nael-idees vir jou volgende afpsraak. Deur Justine Kroes
03/11/2023
Laat jou mani so langer hou
Naelkenner en hoof van opleiding by Bio Sculpture, Tania Biddle, deel haar kennis en raad om jou tuis- of salonmanikuur langer te laat hou:
1. Nael-gesondheid is belangrik
Tania verduidelik “dit is eerstens belangrik om seker te maak jou naelplaat, naelvliesies en jou naelbed is gesond as jy wil hê produkte moet langer hou op jou naels. Maak seker jy besoek ’n betroubare naelsalon wat goed opgeleide terapeute asook ’n betroubare produk gebruik.
2. Hidreer, hidreer, hidreer
Wend daagliks ’n naelvliesolie aan, sê Tania, naelvliesolie sal nie net naels hidreer en bevogtig nie, maar sal ook die naels gesond laat lyk. Om naelvliesolie aan te wend, sal gesonde naelgroei bevorder asook keer dat jou jelnaels oplig weens ’n droë nael, of naelbed.
Probeer gerus BIO SCULPTURE se Vitamin Dose wat werk soos ’n vitamine hupstoot vir jou naels. ’n Naelvliesolie soos BIO SCULPTURE se Almond Oil sal die naelvliesies hidreer, sag, soepel en gesond hou.
Wend gereeld handeroom deur die loop van die dag aan, veral voor jy gaan slaap (dan gebruik ons nie ons hande nie!). Die bonus, verduidelik Tania, is dat handeroom nie net jou naels gesond hou nie, maar dit laat jou hande meer gehidreerd en jeugdiger lyk, mits jy dit gereeld aanwend.
3. Beskerm jou hande en naels
Dra handskoene wanneer jy skottelgoed was of huis skoonmaak. Dit beskerm teen die warm water asook bestanddele in skoonmaakmiddels wat jou naels kan beskadig of laat afdop.
4. Let op na bestanddele in produkte
Wees versigtig wanneer jy muskietweerders of produkte wat ’n hoë alkohol persentasie bevat aanwend, die alkhohol kan ’n impak hê op die leeftyd van jou manikuur. As jy dit wel gebruik, vee dadelik naels skoon, is Tania se raad.
5. Moet nie aan jou (jel)naels trek nie
Tania sê deur aan jou pragtige jel of gewone manikuur te krap, trek of karring sal jou mani onnet laat lyk maar meer belangrik, dit kan skade verrig aan jou naelplaat. Dit is BAIE belangrik om jou jelnaels deur ’n professionele naeltegnikus te laat verwyder. Om jou jelnaels self af te trek, kan baie skade aanrig aan jou nael.
6. Maak jou volgende afspraak vooruit
Deur vooruit jou volgende afspraak te maak, gee vir jou ’n goeie indikasie van hoe lank jy het om jou manikuur mooi op te pas. Lewe raak besig en dit is altyd moeilik om op nie laaste minuut ’n afspraak te probeer kry.
5 Mani’s op ons nael-radar:
1. Jou eie naels maar beter
Dink aan netjiese, skoon, gesonde naels, jou naels maar beter. Die naeltrend is ook bekend as “lipgloss nails” of die “clean girl aesthetic”. Sagte nudes, pienke en natuurlike of effe skakerings wat ultra gesond lyk met ekstra baie blink.


2. Metaal en blinker naels
Van chrome, tot blinker en selfs die glazed donut naels lyk steeds na gewilde opsies. Vergeet ’n slag van die een blinker naelaksent (ou nuus!) en probeer ’n blink Franse manikuur, of as jy braaf genoeg is, om AL jou naels blink te verf!



3. Lavender Haze
Ons blameer die Taylor Swift liedjie vir die tendens – en die skoonheidswêreld gons behoorlik oor die ligpers (lavender) skakering van naels tot grimering. Ons hou van die ligpers – dit herinner ons aan vroeër vanjaar se blueberry milk – poeierblou skakering wat steeds na ’n gewilde opsie lyk.



4. Rooiwarm
Rooi naels bly nou maar eens klassiek – rooi is selfs hierdie seisoen ’n moet-dra-skakering in die mode-wêreld. ’n Oranje rooi sal goed lyk by die met ’n geel vel ondertoon. Ons dink hoe helderder vir die somer – hoe beter!



5. Mikro Franse manikuur
Is nou maar een naeltrend wat ons hoop vir nog lank ’n trend sal bly – ook bekend as die “barely there French manicure” is ’n super ekstra dun lyntjie aan die bopunt van die nael. Byna nie eens sigbaar nie maar so sjiek en gesofistikeerd. Die lyntjie hoef nie tradisioneel wit te wees nie, helder of donker skakerings lyk net so mooi.


