gavin rajah
gavin rajah

Kleurvolle patrone is nou groot nuus: Gavin Rajah se raad en nuwe sakpas reeks.

Kleurvolle patrone wil ons dra – ontwerper Gavin Rajah deel sy inspirasie agter sy helder ontwerpe asook ’n paar stileerwenke. Rajah se nuwe reeks is nou in uitgesoekte Pick n Pay Clothing-winkels landwyd te sien. Ons deel graag ’n paar van ons gunsteling helder-patroon items wat ons nou wil dra. Deur Justine Kroes

Vyf vrae aan Gavin Rajah oor kleurvolle patrone

Gavin Rajah is een van die ontwerpers wie se eie reeks vir kinders, mans en vroue is nou in Pick n Pay Clothing winkels beskikbaar is.

Deur hierdie inisiatief kry ons die geleentheid om met Suid-Afrika se mees talentvolle ontwerpers saam te werk om toeganklike ontwerper-items vir kliënte daar te stel teen bekostigbare pryse.

Hazel Pillay, algemene bestuurder van Pick n Pay Clothing.

Een

STYLVOL: Wat was jou inspirasie agter die helder patrone vir hierdie reeks?

GAVIN RAJAH: Ek dink vanjaar is patrone steeds groot nuus vir die somer 2020-seisoen uit ’n trend-perspektief, maar ek glo ons het helder skakerings nou meer nodig as ooit.

Ons het opheldering en ’n positiewe ingesteldheid bitter nodig na die demper wat Covid-19 op ons geplaas het hierdie jaar. In ’n mate sien ek hierdie reeks as ’n feesviering van kleur wat ons reënboognasie verteenwoordig.

Gavin Rajah

Twee

STYLVOL: Enige stileerwenke of reëls vir die dra van kleurvolle patrone?

GAVIN RAJAH: Ek glo nie aan voorskriftelike advies of reëls rondom aantrek nie – ek glo jy moet aantrek op ’n manier wat jou persoonlike styl uitdruk. Veral omdat ek glo ons as ontwerpers skep hierdie kledingstukke en ons wil graag hê dat die mense wat dit dra, dit hul eie moet maak. Mense moet geniet wat hul aantrek en pret hê daarmee!

Drie

STYLVOL: Wenke vir hoe om patrone te kombineer?

GAVIN RAJAH: Patroon op patroon is tans groot nuus en ek dink ’n uitrusting wat bestaan uit ’n kombinasie van verskeie patrone is ’n moet hierdie somerseisoen.

Ek sou sê dra dieselfde tipe patroon maar in verskillende groottes (die patroon self) asook verskillende kleurskakerings om dit interessant te hou. Byvoorbeeld, dra ’n broek met groot patrone en ’n bloes met soortgelyke kleiner patrone.

Gavin Rajah X PnP Kaftan Dress (R369.99)

Vier

STYLVOL: Stileerwenke vir hierdie kleurvolle patroonuitrustings vir ’n aand uit?

GAVIN RAJAH: Bykomstighede, bykomstighede en weer bykomstighede! Ek dink die kombinasie van eenvoudige maar deftige bykomstighede soos oorbelle, ringe, bonkige armbande en ’n handsak waarvan die band oor jou lyf kruis lyk modern en rond die voorkoms af.

Vyf

STYLVOL: Stileerwenke vir ’n dag- of strandvoorkoms?

GAVIN RAJAH: Die katoen-voile rokke in die Gavin Rajah X PnP reeks is super lig en kan bo-oor jou swembroek gedra word, ’n paar gemaklike plakkies en die omkeerbare emmerstyl hoed in verskillende patrone van die reeks, en net so is jy gereed (en sjiek) vir die strand!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Gaan vir groen!
error: Content is protected !!