Kies koel linnemodes vir warm somersdae, hier’s hoekom;

Op onweerstaanbare warm somersdae gryp ons altyd na ’n linne-uitrusting of rok. Ons deel 5 redes waarom linne op jou kooplysie hoort in hierdie snikhete warm weer plus 17 van die mooiste koel linnemodes op ons stylradar. Deur Justine Kroes

17/02/2025

Kies koel linnemodes, hier’s hoekom:

1. Linne hou jou koel

Het jy geweet linne behoort ’n stapelitem vir al die seisoene te wees, ’n materiaal wat jou koel hou in die somer en warm hou in die winter? Linne absorbeer sweet sonder om klam te voel en hou jou liggaam koel, ’n moet vir warm dae!

Hannah Lavery Linen Slip Dress in Lemon (R1 999) ook beskikbaar in swart en wit.

Linne is ’n natuurlike vesel en materiaal, dit is nie sinteties nie, wat beteken linne laat lug deur die vesels van die materiaal vloei, anders as sintetiese materiale. Dit voel koel omdat die vesels lank en wyd is en meer lug so kan deurlaat.  

2. Linne hou jou droog

Linne kan ook vog afweer, wat beteken dit hou jou sweetvry en droog op ’n warm dag. Linne kan tot 20% van sy eie gewig in water opneem voordat dit nat of klam voel. Nog ‘n rede hoekom linnemodes in ons klerekaste hoort

Cyla Gonsolves The Wisteria (R1299)

3. Linne is tydloos en ‘n goeie belegging vir jou klerekas

Linne is veelsydig en ’n luukse vesel. Beslis ’n belegging vir enige vrou se klerekas. Dit is een van die vriendelikste vesels wat jy aan jou lyf kan dra.

Linne is nie net vir die somer nie, ’n besonderse materiaal wat tydens koeler maande ook gedra kan word. Dit is ’n termo-regulerende materiaal, wat beteken dit behou hitte soos nodig en hou jou ook warm wanneer dit koud is.

HOM The Label Cari Linen Pants (R895)

Linne hoef boonop nie eksie perfeksie te lyk nie – linne se kreukels gee karakter, jy kan beslis daarmee wegkom om jou linnekledingstuk met plooie en al te dra.

4. Ken jou linne

Lees die etiket van jou linne-modekopie. ’n Kombinasie linnerok pas dalk jou sak beter, ’n “linen blend” kledingstuk is gewoonlik ’n kombinasie van linne en katoen, of rayon en nylon, die % van die hoeveelheid linne sal aangedui word op die etiket. Hierdie opsies is gewoonlik meer sakpas as suiwer linne-opsies en sal ook nie so maklik kreukel nie.

Cyla Gonsolves The Azalea (R1299)

5. Linnemode in helder skakerings? Absoluut!

Livandlight The Lilly Dress (R1 500)

Linnekledingstukke beteken lank nie meer vervelige neutrale of wit skakerings nie – linne is deesdae beskikbaar in byna al die kleure van die reënboog en nog meer. Loer net na al die mooi opsies hier:

Me and B Linen Shirt in Marine (R999)
Trenery Linen Panel Sleeveless Shirt Dress (R1199)
Me and B Revere Collar Linen Shirt in Yellow (R999)
Forever New Sicilia Printed Midi Dress (R2 499) 53% linne 47% viscose
Cyla Gonsolves The Poppy (R1299)
Forever New Erin Tie Front Waistcoat (R999) Logan Drawstring Straight Leg Pants (R1399)

Sorg so vir jou linne-mode-items

Jou linne het nie enige versagmiddels nodig tydens die wassiklus nie, hoe meer jou linne-item gedra word, hoe sagter word dit. Was altyd op ’n kouesiklus en laat natuurlik droog word, uit direkte sonlig.

Nog linnemodes op ons warmdag wenslysie

Just Cruizin Lola Linen Waistcoat (R899)
Me and B Linen Tunnel Shirt Dress in White (R1 399)
Forever New Erin Front Tie Waistcoat Plus (R1 099)
Hom The Label Eden Linen Maxi Dress (R1 795)
Bena Woman Palermo Set (R1550)
SMUDJ Edgar Tailor Vest (R1 099)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Reg of weg! Marilize de Clercq se lentemoderaad
error: Content is protected !!