Kersgeskenke vir vroue

Hier is idees vir Kersgeskenke vir vroue. Van skoonheidsusters en modenista’s tot buitelugliefhebbers. Deur Suzanne Kotze

Kersgeskenke vir vroue: skoonheidsusters

Die klassieke geur word beskryf as ’n positiewe blomontploffing.

Alle aanhangers van Nuxe se ikonies Prodigeuse produkte sal gaande wees oor die nuwe Florale weergawe. Die stel bevat ’n 100ml Prodigieuse® Florale, Prodigieux® Floral le parfum 15ml, Prodigieux® Floral Shower Gel 100ml, Prodigieuse® en Florale Indoor Candle 70g.

Hierdie is drie fyngeure in een wat jy apart of saam kan dra. Die bottel is in drie opgedeel met die drie geure. 1 More Gourmand; met note soos onder andere swartbessies, mandaryn, gemmerbrood, roosblare en vanielje. 2. More Zest. Pomelo, sitroengras, bergamot, orris (die iris plant se wortel) en pieonroos is van die note. 3. More Floral. Pienk peper, mandaryn, wit blomme, ilang-ilang en orgidee.

Mercedes Benz For Her Natural Spray Eau De Toilette (R1245 vir 60ml).

As jy hierdie vrugtige blommegeur gedurende die feesseisoen by Dischem winkels koop, kan jy ’n gratis Swarovski kettinkie bykry. Slegs terwyl voorraad hou. Slegs by winkels, nie aanlyn nie.

Dink aan karamel, springmielies en sjokolade. Jy kan maande se genot put uit so ’n kers. Die glasdoppie help dat die geur in die kers bly en keer dat stof op jou kers vergaar.

’n Plek vir alles wat gewoonlik jou handsak vol lê.

Die mooi sakkie het ’n 160 ml lyfwas, 90 ml lyfroom, 50 ml handeroom en ’n naelvyl in.

Hierdie sal enige Clarins aanhanger se hart vinnig laat gallop. Dit bevat 50 ml Double Serum, 15 ml Beauty Flash Balm en 5 ml Lip Perfector #01.

Beperkte uitgawe ghd gold® styler met smaragroen smuktas R2900 (ghdhair.com)

Die beperkte uitgawe ghd gold® styler met die ‘n spesiale metaal-afwerking en in die mooiste smaraggroen smuktassie is beslis ‘n geskenk wat iemand baie geluk sal maak.

Kersgeskenke vir vroue: Modenista’s

Kersgeskenke vir vroue: Modenista’s

Hierdie mooi marmer ringstaander is minimalisties en sjiek.

Die pragtige Lara Loops oorbelle is in ’n wye verskeidenheid kleure beskikbaar.

Minimalisties met ’n prettige titsel kleur. In verskeie kleure beskikbaar.

Hierdie is deel van Pichulik se Ndebele versameling.

Relier so oorbelle is heerlik lig, prettig en sakpas-sjiek.

Nina Skep Sling Back leersakkies (R890)

Een van ons gunsteling leerskeppers se pragtige handsakkies. Sy maak alles self en kyk net die detail. Jy kan dit koop deur vir Nina ’n e-pos te stuur R890 elk hello@ninaskep.co.za of jy kan haar DM op Instagram @Ninaskep

Hierdie oulik foonhandsakkie kan jy om jou nek of skuins om jou lyf dra. Hou jou kaarte, los geld en masker in die sakkie en haak jou foon aan die houertjie. So is die foon foon los en byderhand (want ons moet mos gedurig na ons fone kyk). Verskillende grootte foon-houertjies vir Apple, Samsung and Huawei-fone is beskikbaar.

Hierdie mooi leersakkie is al baie lank op ons wenslysie. Asb. Vader Krismis! Hoe mooi is die tou-detail!

Want almal het ’n ‘fab’ OTT sonbril nodig vir ’n spesiale geleentheid.

Kersgeskenke vir vroue: buitelugliefhebbers

Want wie wil nou warm drankies in die swembad drink.

Jy kan gaan stap sonder om jou waterbottel te hoef rond dra in jou hand. Heerlik vir die strand of ’n berg op ’n promenade stappie.

Hou warm en koud en kom mooi reeds mooi verpak ook.

Hierdie mooi piekniekkombers is 2x2m groot.

Of jy nou strand toe gaan, wil gaan piekniek hou of net by mense gaan kuier vir die dag, hierdie mandjie is gemaak vir herinneringe maak.

’n Ideale geskenk vir tuiniers. Hierdie byehotel gee vir bye wat nie deel is van ’n swerm nie ’n hawe om te leef en broei. Dit is deel van Candide’s #PolliNationSA beweging wat tuiners aanmoedig om vir een jaar meer byebewus te wees. Natuurlik is dit ook goed vir jou tuin.

’n Lekker klein blikkie wat tuiniers in hul sakke kan rondra en help om hulle hande te voed en pamperlang.

Vir ma’s

Hierdie eerlike en opregte vertellings van ouerskap is veral ‘n goeie geskenk-idee vir ‘n swanger vriendin.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Produkte vir ’n sensitiewe vel
error: Content is protected !!