Linen House

Jou winterslaapkamer; 5 maniere om dit meer snoesig te laat voel

Soos die aande langer en koeler word, word ons winterslaapkamer ’n ontvlugting waar ons al hoe meer tyd wil deurbring. Hier is The Home Collective se wenke oor hoe jy jou slaapkamer van somer na winter kan verander. Deur Kalinka Lombaard en Heloise Louw.

06/05/2022

Verander so van somer na winterslaapkamer

1. Winterlakens

Die maklikste manier om jou slaapkamer reg te kry vir die winter, is deur jou lakens te verander. Warm flennie of winterlakens is by die meeste winkels verkrygbaar en maak dadelik jou bed meer snoesig.

Loer gerus na Volpes se winterlakens en Woolworths se winter beddegoed.

2. Tekstuur en nog tekstuur

Winter is die ideale tyd om mooi teksture in jou kamer in te bring. Dink aan fluweelkussings, faux fur komberse (throws) of ’n dik wolkombers. Stileer jou bed so dat die verskillende teksture sigbaar is en oormekaar gebruik word.

Country Road Maris Queen Cover (R2699)

3. Verander jou kleurpalet


Kies warmer en donkerder skakerings vir winter. Dink aan kleure soos mosgroen, roes en bruin. Dit is op die oomblik ’n baie gewilde trend in binneshuisversiering.

Linen House Lucia Duvet Cover Set

4. Maak jou vloer-area warmer

Gebruik jou matte oormekaar in jou slaapkamer. Gebruik nog ’n mat in ’n komplementêre kleur of tekstuur saam met ’n mat wat jy reeds het.
Gebruik byvoordeeld jou persiese mat en gooi ’n growwe jute mat bo-oor. Of sit ’n wollerige, pelserige matjie langs jou mat neer. Jou voete hoef nooit op koue vloere te trap nie.

5. Skep ’n snoesige sonhoekie in jou winterslaapkamer

Die stoel is die Mari Chair van The Home Collective

Indien jy ’n venster in jou kamer het waar die sonnetjie lekker inskyn, benut die area gedurende die winter. Plaas ’n leunstoel of bankie daar, met ’n tafeltjie (plek vir ’n koffiebeker of glas rooiwyn).
Maak dit snoesig deur ’n mandjie met komberse in by dit neer te sit. En ’n paar gemaklike strooikussings.
Nou is dit die perfekte plek om in die wintersonnetjie ’n bietjie “me-time’ deur te bring.



Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
sakpas lanterns
Mooiste sakpas lanterns
error: Content is protected !!