Hier’s jou mode-inspirasiegids en vier uitrusting-idees vir jou Valentynsdagafspraak. Idees vir ’n deftige aandjie uit tot ’n pragtige piekniekvoorkoms. Daarby ook uitrusting inspirasie vir ’n Galentines aand saam met vriendinne of selfs net ’n gemaklike fliekaand tuis in die gemak van jou eie spasie. Warm rooi Valentynsdag stylgids vir die week van liefde hieronder; Deur Justine Kroes
10/02/2025
Valentynsdag stylgids, uitrustingidees vir elke afspraak
Galentines sjiek
’n Aand saam met vriendinne vol skaterlag tot jou maag pyn is ons idee van liefde en pret! Wanneer jy saam met vriendinne kuier wil jy op jou gemak wees maar dalk steeds afgerond en modieus lyk en voel. Hier is ’n paar uitrusting-idees om gemaklik maar steeds trendy en cool te lyk.

’n Gemaklike oorvou rokkie, met polkakol sokkies en tekkies daarby, die strik in jou hare is natuurlik ’n trendy moet;
Mango Cotton Wrap Dress (R899); Old Khaki Women’s Mesh Polkadot Socks (R129); Me & B The Everyday Bag in Red (R599); Zara Red Trainers (R899); Mango Bow Hairclip (R319); Versace, VE4479U, Black/Grey Sonbril van Sunglas Hut (R4550)
Die trendy luiperdmotief denimbroek (wat almal nou dra!) met ’n rooi bloes, oulike lippevormige handsak en bypassende rooi aanglipskoene om die voorkoms af te rond.
Jet Women’s Red Tie Front Blouse (R159,99); Me & B Hard Red Lip Bag (R499); Mango Leopard Print Straight Jeans (R1299); Poetry Paulina Patent Slingback Mule (R1299); Tiffany & Co, TF4205U, Red/Pink Sonbril van Sunglass Hut (R5560)
Geur van die dag:
Revlon Fire & Ice Summer (R359,99 vir 50 ml) is ’n vrugtige blommegeur. Dit ruik sommer soos pret en baie lag, alhoewel dit ook sensueel is. Die vrugtenote (swartbessie en framboos) laat ons aan heerlike mengeldrankies dink, terwyl die roosnote sensueel en vroulik is. Warm sederhout draal vir ounag se praatjies.
Piekniek pragtig
Gemaklik, maar steeds stylvol en vroulik is die voorkoms wat ons in ons gedagtes het as ons aan piekniekmode dink. Beslis ’n rok waarin jy maklik op die grond kan sit, plat skoene/sandale en ’n groot genoeg handsak om al jou (plus al jou man en kinders se) benodigdhede te moet dra.

As jy nie lief is vir rooi dra nie, kies ’n wit of blou rokkie en kombineer dit met tikkies rooi of pienk bykomstighede vir ’n Valentyns geïnspireerde gevoel. Ons lief hierdie koel katoen afskouer rok, A-lyn styl vir gemaklik sit en beweeg, met die patroon aanglipskoene, strik vir hare en reuse ‘dra-dit-als saam’ praktiese handsak.
Canvas Studios Strapless Cotton Midi Dress (R699); Mango Shopper Bag (R799); Me&B The Pleated Edge Bow (R199); Cotton On Miley Ballet Red Gingham Shoe (R249); Ray-Ban, RBR0101S, Gold/Violet Sonbrille van Sunglass Hut (R3040)
’n Rooi en wit strepiesrok met strikdetail voel soos die perfekte piekniekrok, die lengte is ook lank genoek om gemaklik op die grond te kan sit. ’n Hoed is natuurlik ’n stylvolle moet, en kyk net hoe mooi pas dit by die handsak. Vanjaar is sandale met ’n tikkie blink groot nuus.
Exact Women’s Red & White Striped Tie Front Dress (R279.99); Mango Natural Fibre bag (R999); Country Road Raffia Wide Brim Hat (R999); Zara Flat Strappy Sandal (R999); Jimmy Choo, JC5008, Pink/Pink Sonbrille van Sunglass Hut (R4630)
Piekniek geur:
Revlon Fire & Ice Radiance (R359,99 vir 50 ml) se vars, koel (dog gesofistikeerde geur) met groen appel, suurlemoen- en muskusnote is ideaal vir ’n piekniekafspraak.
Fliek-aand tuis
Dit was dalk ’n lang week en jy sien nie kans vir aantrek en grimeer nie, ’n fliekaand tuis klink vir jou soos die 7de hemel.

Verruil jou werksuitrusting vir ’n gemaklike (maar steeds mooi!) slaapstel of nagrokkie. ’n Mooi kopband, en natuurlik ’n paar gemaklike pantoffels wat by jou fliekaand uitrusting pas.
Woolworths Glamour Lace Inset Satin Sleep Camisole (R299); UGG Fluff Yeah in Ribbon Red (R1299 Shoetopia); RUBI GRWM Headband (R149); Scrunchie Mango (R319 Superbalist); Zara Red Cardigan (R599)
Woolworths Heart Print Gingham Pyjamas (R599); UGG Oh Fluffita Pink Scallop (R1299 Shoetopia); RUBI GRWM Headband (R149); RUBI Stella Scrunchie (R149); Bash Women’s Canvas Colourblocked Jumper (R649)
Fliekaand geur:
Revlon Fire & Ice Cool (R359,99 vir 50ml) Die midde-Oosterse blommergeur het spesery en sitrusnote en word as prettig, vrugtig en opwindend beskryf.
Aand uit
Daar word altyd baie aandag gegee aan die “little black dress” (LBD) maar ons dink die LRD “little red dress” is net so modieus, tydloos en veelsydig. Kyk net hoe mooi is hierdie helderrooi rok opsies.

Vir ’n meer formele afspraak, kies ’n halternek silhoeët, ’n paar blokhakskoene vir gemaklik loop en rond die rooiwarm voorkoms af met juwele en ’n moderne palmtas.
Zara Halter Dress (R899); Poetry Delphine PU Strappy Block Heel (R999); Forever New Selene Shell Hardcase Clutch (R699); Forever New Monica Fan Earrings (R149)
Vir ’n meer ontspanne Valentynsaand voorkoms kies ons die eenskouer rok. Om die rok effens minder formeel te laat lyk, kies bykomstighede in natuurlike teksture soos die geweefde handsak en espadrille styl skoene.
Women’s Iconography one Shoulder Maxi Dress (R749 Bash); Madison Espadrille Wedge (R699 Superbalist); Zara Heart Earrings (R399); Burberry, BE4441U, Brown Sonbril van Sunglass Hut (R4890)
Geur van die aand:
Revlon Fire & Ice Classic (R345 vir 50 ml, Dischem) is ’n Oosterse blommegeur. Met ’n vermenging van blomme- en speserynote is hierdie ’n sensuele en passievolle geur. Koel, maar ook misterieus.
