In die kol met polkakolle

Een draai in die winkels en jy sal verstaan wat ons bedoel met in die kol – polkakolle is sowaar weer in. Ons deel die moets en moenies om te oorweeg as jy graag in die kollig wil wees met jou polkakol uitrustings. Daarby wys ons jou ’n klompie inspirasie-uitrustings. Deur Justine Kroes

7/10/2022

Modetrends soos polkakolle bewys vir ons net weer dat modes elke paar jaar terugkeer. Hierdie seisoen op die loopplanke het bekende ontwerpers soos Balmain, Dolce & Gabanna en Carolina Herrera gespog met polkakolitems in hul reekse.

Balmain Spring Summer 2022
Dolce & Gabanna Spring Summer 2022
Carolina Herrera Spring 2022

Selfs op eie bodem se loopplanke is polkakolle groot nuus – kyk net hoe mooi is hierdie polkakol ontwerpe van Habits:

Habits Ontwerpe onlangs by SA Menswear Fashion Week

Dit mag dalk net die moeite werd wees om te belê in ’n polkakolitem – ons kan jou waarborg, die mode sal oor ’n paar jaar weer tops wees.

Polkakol moets

Hou die silhoeët in gedagte

Polkakolle word gekenmerk deur die jare 60’s (selfs 80’s) se modes. Hou dit in gedagte wanneer jy jou polkakoluitrusting kies – en bly dalk weg van “vintage” silhoeëtte vir ’n vars en meer moderne aanslag tot hierdie trend.

Probeer polkakolle in kleur;

Hierdie seisoen se helder skakerings bly tops – verruil dalk jou swart en wit polkakolle vir polkakolitems in volkleur.

Polka-dot print blouse (R 599)
Mango Polka dots midi skirt (R799)
Mango Sheer polka-dot blouse (R799)

Dra dit by ander polkakolle

Maak net seker die patrone lyk verskillend genoeg, byvoorbeeld groot en klein polkakolle teenoor mekaar. Daar hoef nie ’n reuseverskil in grootte te wees nie, net groot genoeg sodat dit nie presies dieselfde lyk nie.

Hou die grootte van jou polkakol in gedagte

Vir werk en meer formele afsprake vermy yslike groot polkakolle – hou dit vir naweke of aande uit. Kleiner polkakolle is sagter op die oog, lyk sjiek en meer gesofistikeerd.

 Probeer polkakolbykomstighede

Oukei, ons stem saam dat ’n polkakolhandsak dalk nie by alles in jou klerekas sal pas nie, maar eksperimenteer gerus met polkakolbykomstighede soos byvoorbeeld ’n syserp of selfs skoene. Dra dit in jou hare, om jou middel, vasgebind om jou handsak of om jou gewrig gebind.

Foschini Polka Dot Square Neckerchief (R120)
Zara Lace Up Court Shoes Flower (R1699)

Polkakol moenies

Moet nie bang wees …

Om jou klassieke polkakolpatroon met ander patrone te meng nie – dra jou polkakol by strepe (lyk sjiek) of fyn blompatrone (lyk speels!) vir ’n modieuse effek. Onthou die goue reël van patrone meng – een kleur van jou polkakolklere-item moet ook teenwoordig wees in die ander patroon.

Moet dit nie oordoen nie …

Onthou jy wil stylvol lyk – nie soos ’n uistpattige nar nie. Polkakol skoene, romp, bloes en handsak is dalk effens te veel. As jy huiwerig is, is minder beslis meer wanneer jy jou polkakoluitrusting kies, hou dit onder drie verskillende polkakol-items in een uitrusting.

Moet nie dink “polkakolle is te jonk vir my nie”

Met die regte uitrustingkeuses kan jy seker wees dat jy nie soos Minnie Muis met haar wit en rooi polkakolle by die voordeur uitloop nie. Vir ’n meer volwasse polkakolvoorkoms, kies polkakolitems met struktuur, ’n stylvolle bloes of ’n sjiek wyepyp broek.

Hierdie polkakolle hoort in iemand se klerekas;

Foschini Babydoll Puff Sleeve Back Tie Dress (R499)
Polka-dots cotton dress (R 1199)
Old Khaki Women’s Laney Dress (R799)
Witchery Spot Halter Mesh Top (R599)
Superbalist Tiered Midi Skirt (R499)
Forever New Aurora Pleated Shirt Dress (R1699)
Zara Ruffle Polkadot Blouse (R1399)
Witchery Coin Slot Ruffle Dress (R2299)
Zara Polka Dot Top Limited edition (R799)

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Steel die klassieke, luukse styl van ‘Anatomy of a Scandal’ se Sophie
error: Content is protected !!