The Iris Apfel x H&M
The Iris Apfel x H&M

Honderdjarige mode-ikoon Iris Apfel

By die legendariese Iris Apfel het ons geleer dat jy nooit te oud is om ’n stylikoon te kan wees nie. Deur Suzanne Kotzé

Wie is Iris Apfel?

Foto H&M

Iris Apfel is bekend vir haar helder kleure, eklektiese styl, OTT bykomstighede en ronde swartraam bril. Sy is skaamteloos haarself en steur haar aan geen modereëls nie.

Sy is in 1921 in New York gebore en het kuns en mode studeer. Sy het as binneshuise versierder gewerk en later as mode-ontwerper ook.

Blogger en fotograaf Ari Seth Cohen van Advance Style het begin blog oor ouer vroue en hulle afgeneem en hulle styl gewys. Iris Apfel was een van die vroue wat hy afgeneem het. Sy was ook te sien in sy dokumentêr, Advanced Style, wat handel oor ouer vroue en hul styl.

Iris se styl is so legendaries dat van haar kleure selfs al by The Metropolitian Museum of Art in New York, uitgestal is.

In haar negentigs het sy begin model speel vir verskeie mode- en skoonheids-handelsname en het in die voorste ry van internasionale mode-weke gesit. Haar eiesoortige en glad nie vervelige styl het mense van alle ouderdomme, die wêreld oor, en dit sluit ons in, bekoor en aangemoedig om nie bang te wees om hulle eie styl, waarin hulle goed voel, te vier nie.

In 2015 is ’n dokumentêr oor haar persoonlike styl vrygestel. Loer gerus na die voorskou hier:

Iris Apfel x H&M

Iris het onlangs 100 geword en om dit te vier het H&M aangekonding dat hulle in vroeg in 2022 The Iris Apfel x H&M versameling gaan bekendstel. Verwag helder kleure, oordaad, klere en bykomstighede ontwerp vir alle groottes en ouderdom.

”Styl gaan nie daaroor om baie geld uit te gee nie. Dit gaan nie oor wat of wie jy dra nie, maar hoe jy voel as jy iets aanhet. Styl handel oor self-uitdrukking, en selfs belangriker, houding.”

Iris Apfel

Oor haar samewerking met H&M sê sy: “Ek is mal daaroor om ‘hoë mode’ teen bekostigbare pryse te dra, en H&M het dit bemeester.

Ons hou jou op hoogte wanneer die reeks beskikbaar is. Ons gaan beslis heel voor in die ry staan!

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
vadersdag geskenke
Vadersdag geskenk-idees
error: Content is protected !!