Hardloopvoete; ’n voetheelkundige se raad

Hardlopers! Indien jy ook al gewonder het, of blou toonnaels normaal is en of jy werklik jou hardloopskoene in ’n groter nommer moet koop – hier is ’n voetheelkundige se 8 beste wenke vir hardloopvoete. Deur Justine Kroes

 08/09/2023

’n Voetheelkundige se 8 beste wenke vir hardloopvoete

Neflrie Kemp is nie net ’n voetheelkundige nie maar self ’n kranige pad en trail atleet. Nelfrie het ook al ’n volledige gids saamgestel oor raad en wenke vir hardloopvoete en hoe om die regte skoen te kies. Lees Nelfrie se wenke hier:

1. Kies die regte hardloopskoen vir jou roete en afstand

Dit is die heel belangrikste aspek van ’n hardloopskoen kies, hoe ver hardloop jy? Hardloop jy op die pad of hardloop jy graag “trails”? Jou antwoord hoort ’n impak te hê op jou keuse van hardloopskoen.

2. Jy kan nie dieselfde hardloopskoen gebruik vir pad en “trail” roetes nie

Jy kan gladnie een skoen gebruik vir beide hardlooproetes nie is Nelfrie se raad. Die “trail” skoen is spesiaal ontwerp vir oneweredige oppervlaktes waar die pad skoen ontwerp is vir ’n reguit en gladder oppervlak.

Die “trail” skoen is ontwerp om meer vastrapbeheer te hê onder die skoen, waar die pad skoen gewoonlik ontwerp is vir minder vastrapbeheer maar meer gefokus is op kussing tegnologie of spoed beheer. Om jou trail skoen op die pad te gebruik en andersom kan lei tot beserings en die ontwikkeling van pyn en hardloop probleme.

3. Kies ’n skoen wat jou hardloopstyl die beste pas

Hier is dit belangrik om na jou hardloopstyl te kyk. Jy wil n skoen gebruik wat jou voet”mechanics” komplimenteer en jou kinetiese ketting reg aktiveer. Hardloopskoene word in verskeie kategorieë onderskei. Byvoorbeeld; neutrale skoene, stabiliteit skoene, spoed-skoene, maksimum kussing skoene en nog n paar ander. Wat baie belangrik is om die skoen te kry wat beste werk vir jou voet struktuur, voet “mechanics”, hardloopstyl, hardlooptempo. Dit gaan nie net oor pronering en supinering (of jou voete uitrol of na binne rol tydens hardloop).
Die belangrikste deel van ’n hardloopskoen is die midsool waar meesste van die tegnologie van die skoen is. Nie alle neutrale skoene is selfs dieselfde nie – party is baie sagter as ander.  En sag is nie noodwendig goed nie, jy wil n skoen hê wat genoeg skok-absorbeer vir jou kinetiese ketting om reg te aktiveer. As die skoen te sag kan dit inval/ saampers en jou voetfunksie affekteer.

4. Jou hardloopskoene hoort ’n nommer (of ’n half) groter te wees

Nelfrie verduidelik, “dit is baie belangrik dat jou hardloopskoene minstens ’n halwe of volle nommer groter is as jou normale skoen grootte. Hoekom? Tydens oefening is daar meer bloedsomloop in jou voete en dit kan veroorsaak dat voete swel en selfs verleng tydens stap of draf sessies.

Die verskillende handelsmerke daar buite verskil baie in terme van groottes dus is dit belangrik om ’n skoen te kies volgens hoe dit aan jou voet voel eerder as die nommer grootte van die skoen.

Doen-dit-so

Hier is Nelfrie se raad: Die maklikste manier op die regte grootte te vind is om beide binnesole van die skoen wat jy aanpas uit te haal en met jou kaalvoete daar bo op te staan. Jou hakke teenaan die agterkant van die binnesool. Daar moet ten minste ’n duim se wydte tussen die bopunt van jou langste toon en die voorkant van die binnesool wees.

Nelfrie verduidelik: “Die beste is om die skoene te pas en sien wat werk beste vir jou voet. Verskillende modelle in dieselfde handelsmerk kan selfs verskil in hoe dit jou voet pas”.

5. Jou toonnaels hoort nie blou te raak nie

Dit is nie te sê net omdat jy hardloop hoort jy blou of geen toonnaels te hê nie, indien jy wel probleme met jou toonnaels het kan die volgende dalk ’n rede wees:

Jou skoene is dalk te groot en te wyd (jou tone “grip” wanneer jy hardloop).

Jou skoene is te klein en druk jou toonnaels op impak met elke tree.

Jou skoene is te nou, en jou tone word almal bymekaargedruk.

Jy maak nie jou hardloopskoene reg of styf genoeg vas nie wat beteken jou voete gly rond in jou skoene.

Jou toonnaels is eenvoudig te lank.

Foutiewe “foot mechanics” wat beteken daar moet aandag gegee word aan jou hardloopstyl en hoe jy trap.

6. Versorg daardie voete:

Goeie voetversorging is belangrik sê Nelfrie, “hou jou naels kort en jou voete goed gehidreerd, droë voete kry makliker blasé en die hakke bars makliker.

Dra daagliks goeie skoene wat voete ondersteun. Elke tree wat jy neem moet jou kinetiese ketting aanvul, dit wil sê – indien jy slegte skoene bedags dra sal jou voete, bene en lyf die strem en spanning daarvan voel.

7. Raad vir seer voete

Week jou voete in louwarm water en ’n sterk oplossing van engelse sout, dit verlig en verminder inflamasie en krampe.

Sit terug met jou voete “op” en gelig vir verligting van moeë voete.

Masseer daagliks jou voete met ’n bevogtigende room.

8. Luister na jou voete

Nelfrie sê dit is belangrik om na jou voete te “luister”, jou voete sal vinnig vir jou se indien jy die verkeerde skoene, sokkies of met te ou skoene oefen. “Onthou seer voete na daaglikse hardloopsessies is nie normaal nie”.

Meer oor Nelfrie Kemp:

Besoek nelfriekemp.co.za om meer te leer oor Nelfrie se handige aanlyn gidse vir skoene kies en volg vir Nelfrie op sosiale media hier. Nelfrie deel insiggewende videos oor voete, hardloop, skoene en voetgesondheid.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sewe wenke om af te skakel voor slaaptyd
error: Content is protected !!