Gunsteling tuis-afskilfering produkte

Tuis-afskilfering is ’n belangrike stap wat baie vroue nie by hul velsorg-roetine insluit nie. Om hierdie belangrike tuis-sorg stap uit te laat kan lei tot verstopte porieë, keer dat jou duur vel produkte nie hul nodige werk op die dieper lae van jou vel doen nie. Dit kan ook ’n droë, dowwe en vaal gesigvel veroorsaak. In hierdie artikel noem ons graag die voordele van tuis-afskilfering en ’n paar van ons gunstelinge wat ons al getoets het. Deur Justine Kroes

5 voordele van tuis-afskilfering:

  1. Dit maak jou vel skoon en versuiwer verstopte porieë, wat ook porieë fyner en minder sigbaar laat.
  2. Die verwydering van dooie vel moedig die vernuwing van velselle aan en stimuleer die produksie van kollageen.
  3. Dit laat jou velprodukte toe om op ’n dieper vlak die vel binnedring.
  4. Verfyn die tekstuur van vel en laat merkies en pigmentasie minder sigbaar voorkom.
  5. Laat vel glansend, vars en gesond lyk.

Daar is verskeie maniere om vel af te skilfer, fisiese afskilferaar – daardie klein korreltjie afskilferaars. Hierdie tipe aksfilferaar vermy ons eerder omdat daar bevind is dat die harde klein korreltjies moontlik mikro-skeertjies op die vel oppervlak kan veroorsaak.  Ons gunsteling tipe aksilferaars om te gebruik is ensiem en suur afskilferaars, dit is effektief en werk blitsvinnig om dooie vel en vuilheid te verwyder sonder om die vel se sperfunksie te beskadig.

Lamelle Cathepzyme II

Deur die jare is hierdie beslis een van my heel gunsteling afskilferaars om te gebruik. As jy nuut is, begin eerder met vlak 1 totdat jou vel gewoond raak daaraan. Die Lamelle Cathepzyme 1 is ’n sagter tuis-afskilfering sisteem wat selfs gepas is vir baie sensitiewe velle. Die bestanddeel Cathepzyme D is ’n gepantenteerde formule wat die vel se eie natuurlike ensiem afskilferaar naboots, naamlik Cathepsin D wat in ons velle al hoe minder word namate ons ouer raak.  

Die afskilferaar werk hard op die boonste lagie van die vel, wat nie die vel se sperfunksie sal belemmer nie maar steeds vel glansend en gesond laat.

Ek gebruik hierdie afskilferaar twee keer ’n week – so dit hou taamlik lank (3 tot 6 maande) daarom is dit beslis ’n goeie kopie vir hoe hard dit werk.

Lamelle Cathepzyme I (R600)

O’ri Active Exfoliator Refining Lotion

Hierdie afskilferaar is wonderlik – jy los dit sommer aan en dit doen al die werk terwyl jy slaap! Die afskilferaar is ’n effektiewe aanlos room wat ’n fyner vel tekstuur beloof en selvernuwing aanhits. Die AHA ensieme werk hard om die dooie velletjies te verwyder. Teen die volgende oggend word jy wakker met ’n gesonde gelaat. Wanneer ek die produk aanwend voel ek ’n effense prikkel sensasie op my vel, ek weet sommer dan die produk doen wat hy beloof. Teen die volgende oggend is my vel beslis meer glansend en verbasend soepel, sag en gehidreerd daarby.

O’ri Active Exfoliator Refining Lotion (R395)

Optiphi Refine Foliant

Deur die jare bly die Optiphi Refine Foliant ook ’n ou gunsteling. ’n Aktiewe chemiese afskilferaar wat gladde, glansende, jonger en soepel vel beloof. Hierdie produk bevat drie verskillende tipe sure – Askorbiensuur, Melksuur- en Salisielsuur wat blitsvinnig dooie velle te verwyder.

Optiphi Refine Foliant (R760)

Lees ook; Produkte vir ‘n sensitiewe vel

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
wondersproei
Wondersproei
error: Content is protected !!