Gunsteling somerrokke – almal plaaslik vervaardig!

Die weer raak net beter en beter en ons dra albei graag vleiende somerrokke; hier is ’n paar gunstelinge wat op ons albei se wenslysies is, en al die ontwerpe is plaaslik vervaardig.

Suzanne se gunsteling somerrokke:

Hanah Lavery The Swing Dress (R920)

Die roeskleur van die rok bly een van my gunstelinge. Hierdie is die ideale rok vir baie warm dae, of net oor jou swembroek aan te trek. Ek sal dit ook bo-oor ’n wit T-hemp dra met ’n dun gordel om die middel om dit meer vleiend vir my figuur te maak, met ’n paar wit tekkies.

Isabel de Villiers Midi Twist Dress (R990)

Kyk net hoe mooi is die snit en kleur van hierdie rok! Die V is ook nie te laag gesny nie en die lengte is perfek. Die middel wat beklemtoon is met die ekstra voue daarom sal dit beslis ook vleiend maak.

Lunar Eva Wrap Dress (R1690)

Ek vind dit moeilik om ’n mooi swart rok te weerstaan. En ja, ek het ’n hele paar in my kas, maar ek is gaande oor hoe hierdie rok van Lunar hang. Ek hou ook van die lengte. Ek sal dit óf saam met taankleurige leersandale en ’n bypassende leer-gordel dra, óf saam met ’n paar helder tekkies, oorbelle en helder lipstiffie en natuurik swart hakskoene en goue bykomstighede vir ’n klassieke voorkoms.

Justine se gunsteling somerrokke:

Nadya Von Stein Peacock Summer Dress (R2300)

Hierdie rok is op my moet-hê-lysie hierdie somer – dit is uniek en so stylvol, die volume op die moue het beslis my hart gesteel. Plus, dit is eintlik ’n tweestuk! Ja die bloes gedeelte en die romp kan elk op hul eie gedra word of dit kan met ’n band aanmekaar vasgebind word – so veelsydig! Ek kan die romp by ’n wit T-hemp en tekkies dra, en die toppie by van my patroon-rompe.

Die rok is van natuurlike materiale gemaak – organiese linne-hennep. Onthou om genoeg tyd toe te laat wanneer jy jou bestelling plaas, elke Nadia von Stein item word eers gemaak na jou bestelling geplaas word om sodoende oorproduksie te vermy. Ek ondersteun graag enige tyd hierdie volhoubare modebeweging!

Wanida Boutique White Bows Dress (R1500)

Hierdie rok is beslis my Desember-droomrok, vars wit in die modieuse trapeze-snit met ekstra baie volume. Hierdie rok is dramaties maar steeds stylvol en elegant, en sit lekker los om die maag om daardie ekstra Kersfeeskilos weg te steek! Ek kan sommer al sien hoe draai ek al in die rondte saam met my dogtertjies in hierdie Wanida Boutique prinsesrok!

Me & B Milk Palm Print Tea Dress (R899)

Die hartjie-halslyn en die pofmoue van hierdie rok is so pragtig. Ek is natuurlik ook gaande oor enige kledingstuk met lekker patrone op en in ‘n monokroom-skakering – nog beter! Me & B het altyd die mooiste patrone.

Die lengte van hierdie rok is perfek – ek is nog altyd selfbewus oor my bene en ek verkies hierdie midi-lengte.

Lees ook: Gunsteling sakpas sonbrille

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Moet-hê sandale vir die somer
error: Content is protected !!