oogrome
oogrome

Gunsteling oogrome

Ons toets oogrome en hoop dit kan help vir plooitjies, oë wat moeg voel en donker kringe. Ons pak maar die skuld op te veel lag en kinders of skerms wat ons wakker hou, en níe die ouderdom nie. Deur Suzanne Kotzé

Volgens Clarins se navorsing knip ons ons oë 10 000 keer per dag en gebruik ons 22 spiere hiervoor. Ons hoop dit verbrand darem ook kilojoules! 

Ons oë word natuurlik ook baie blootgestel aan UV lig, en deesdae heeltemal te veel lig van ons skerms ook. Dit saam met die feit dat die vel rondom ons oë dunner is, veroorsaak dat ons oë vroeër verouder. 

Oogrome, serum en stokkies 

Filorga Optim-Eyes (Refresh) (R450)

oogrome Filorga optic eyes

Hierdie werk wonderlik vir daardie dae wat jou oë ekstra pofferig en moeg voel. Ek sukkel nou en dan met hooikoors en allergieë, en dan voel en lyk my oë ekstra moeg. Hierdie vervang nie my oogroom nie, ek gebruik dit nadat ek oogroom aangesmeer het. 

Dit voel heerlik koel en laat my dadelik wakkerder voel en ek verbeel myself ook sommer dat my oogarea beter lyk. Dit bevat hialuroonsuur en ander bestanddele wat jou oogarea bevogtig en helderder laat vertoon. ’n Bestanddeel soos hialuroonsuur help nie net vir bevogtiging nie, maar ook om jou vel plomper te laat lyk.

 Ek gebruik dit sommer ook bo-oor my grimering deur die loop van die dag. 

Bio-Effect EGF Eye Serum (R990, Placecol)

Ek het jare gelede die wetenskaplike agter Bio-Effect, Dr Björn, ontmoet en ek onthou goed hoe beïndruk ek was met hom en sy kennis en die EGF gesigserum wat toe bekendgestel is. As ek daardie serum gebruik het, kon ek (en selfs my man ook) ’n verskil in my vel sien. En miskien speel hierdie goeie ondervinding ’n rol daarin dat ek nie heetlemal objektief is nie, maar ek is net so gaande oor die EGF Eye Serum en dit voel ook of ek ’n verskil kan sien. 

Die verpakking is wonderlik. Jy druk die houertjie van agter en die serum kom voor by die silwer balletjie-aanwender uit. Jy rol dit dan liggies aan vanaf die binnehoeke tot die buitehoeke van jou oogarea. En tik dan liggies met jou vingers sodat dit penetreer.

Dit voel heerlik verfrissend en die serum trek vinnig in. Dit word aanbeveel dat jy so drie tot vyf minute wag voordat jy grimering aanwend, maar myne trek beslis vinniger as dit in. Na ’n maand se gebruik voel die vel rondom my oë sterker/minder dun en broos en dit wil al lyk of my plooitjies ook beter lyk. 

EGF stand vir epidermale groeifaktor, dit kom natuurlik in ons vel voor, maar word minder namate mens ouer word. Bio-Effect het ’n manier gekry om hierdie groeifaktore na te boots deur gort te gebruik. 

Nivea Q10 Power Anti-Wrinkle & Brightening Eye Cream (R189,99)

Nivea Q10 eyecream
Een van ons ou gunsteling oogrome

NIVEA Q10 Power Anti-Wrinkle + Brightening Eye Cream is ’n ou gunsteling en bly een van my gunsteling sakpas-opsies. Die Q10 formulasie is volgens Nivea identies aan die ko-ensiem10 wat natuurlik in ons vel voorkom en help met fermer vel en donker kringe. Die room voel lig en trek vinnig in.Ek hou van die buisie waarin dit verpak is. Dit is lig vir jou naweektas en daar is geen oop potjies wat besmet kan word met kieme nie. 

Clarins Total Eye Lift (R2210)

Soos alle Clarins-produkte bevat die Total Eye Lift ’n hele rits botaniese bestanddele, van wilde kastaiing wat help om donker areas te verhelder tot Guarana wat help om sakkerigheid te verminder. Die room voel luuks en of jy gepamperlang word as jy dit aansmeer. Ek hou veral daarvan om dit saans te gebruik. Die handige pompbotteltjie is maklik om te gebruik en my vel voel fermer nadat ek dit twee weke gebruik het.

Watter oogrome gebruik jy graag?

Lees ook: Raad vir donker kringe onder jou oê

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Clarins Flash Cryo Cream mask
Koueterapie vir teenveroudering
error: Content is protected !!