Chanel se Lente/Somer 2021 grimeerreeks LES FLEURS DE CHANEL is vanjaar geïnspireer deur sensuele blomme en dit is beslis op ons gunstelinge-lysie vir grimering! Dis ’n ryk en onverwagse kleurpalet wat ons grimeerharte laat bokspring. Deur Justine Kroes
Inspirasie agter die reeks:
Lucia Pica, Chanel se globale kreatiewe grimering- en kleurontwerper gebruik kontrasterende skakerings, koel teenoor warm, en saam skep dit ’n pragtige grimeervoorkoms. Goue perskepienk skakerings om die vel te beklemtoon teenoor warm intense skakerings soos rooi en papaweroranje op die lippe en naels. Gevolg deur ’n reeks aardse terracotta en bruin skakerings wat op die oë gebruik word om diepte te skep.


Ons hou veral daarvan dat hierdie reeks se skakerings deur die natuur geïnspireer word. Spesifiek blomme soos die Kamelia (Camellia) wat baie na aan Mademoiselle Chanel se hart was. Pioenrose, irisse, gesiggies, angeliere, anthuriums en pronk-ertjies is ’n paar ander.
Kyk net hoe pragtig is die blom-en-aardse-skakerings wat gebruik is as inspirasie vir die kleurpalet:



Grimeervoorkoms geïnspireer deur blomme:
Vel
Vir daardie songesoende effek op die vel word die Chanel Fleurs De Printemps (R1335) blosser en verhelderaar gebruik. Ultrafyn goue grimeervlokkies skep ’n gesonde en luukse glans op die vel. Kyk net hoe pragtig is die blompatroon op hierdie blosser!

Oë
Glinsterende koper, bruin, roosperske, roosgoud en terracotta skakerings is waaruit die LES 4 OMBRES (R1105) palette bestaan. Wend ’n paar lagies van die oogskadu bo-oor mekaar aan vir ’n meer intense kleureffek, en gebruik die koper en goue skakerings om te verhelder. Eindig met ’n swiep metaal-teracotta-skakering maskara aan die wimpers (LE VOLUME DE CHANEL 120 R720).



Lippe
Helder lippe geïnspireer deur helder lenteblomme, hetsy dit mat, blink of metaal is, is helder lippe ’n moet. ROUGE ALLURE LAQUE (R780); ROUGE ALLURE VELVET EXTREME (R760)


Hierdie grimeervoorkoms inspireer ons om meer uitdagend te wees met ons grimeerkombinasies en skakerings!