grimeerkwassies
grimeerkwassies

Grimeerkwassies – wat het jy regtig nodig?

Die meeste vroue vind die groot verskeidenheid van verskillende tipes grimeerkwassies uitdagend – min weet hoe om kwassies reg te gebruik en watter kwassies jy regtig nodig het. Ons wys graag al die kwassies wat ons dink belangrik is, asook die verskillende tipes kwassies en waarvoor dit gebruik word. Deur Justine Kroes

Jou vollegdige grimeerkwassie-gids:

Stylvol se sewe moet hê grimeerkwassies:

Verskillende tipes grimeerkwassies en borseltjies en waarvoor elk gebruik word:

1. Poeierkwassie

W Beauty Powder Brush (R199, Woolworhts)

Hierdie borsel is gewoonlik groot met wye haartjies wat maklik die poeier kan optel. Die poeierborsel word gebruik om jou grimering te set en om van daardie ongewenste blink gedeeltes op die vel ontslae te raak, veral op die blink t-sone!

Gebruik dit so: druk jou poeierkwassie in die poeier en tik enige oortollige poeier van die borseltjie af, vee nou liggies oor die gedeeltes op jou gesig wat jy wil ‘set’ of waar jy die voorkoms van ’n blink vel wil versag.

2. Blosserkwassie

Sisley Blush Brush (R840, Sisley)

Hier is waar baie vroue deurmekaar raak – ja die blosser, verbronser, poeier en kontoer kwassies is baie naby aan mekaar en jy sal heel moontlik met een so ’n kwassie al die ander se werk kan doen. Behalwe die probleem is ons het nie altyd die tyd om al hierdie kwassies na elke gebruik te was en gereed te voor die volgende grimeerstap nie.

Jou blosserkwassie se haartjies moet nie te dig wees nie – hoe digter en hoe nader die kwassie se haartjies aan mekaar hoe meer blosser en pigment sal die kwassie optel.

Met blosser wil ons minder van die produk aanwend – kies dan eerder ’n blosserkwassie waaarvan die haartjies losser en amper meer donsig is.

Gebruik dit so: wend die blosser met hierdie kwassie saggies op die appels van jou wange (nie langs jou mond nie) en effens uitwaarts na die buitekant van jou gesig na jou wangbene toe.

3. Onderlaagkwassie

MAC Cosmetics 191 Square foundation brush (R782, maccosmetics.co.za)

Baie vroue verkies om eenvoudig hul vingers te gebruik om onderlaag aan te wend. Hoewel as jy ’n perfekte en foutlose onderlaag-voorkoms wil verkry, gebruik dan eerder ’n onderlaagkwassie.

Weereens is daar baie verskillende tipes onderlaagkwassies beskikbaar – een van die bekendes is die plat onderlaagkwassie. Die plat onderlaagkwassie word meestal gebruik om ’n room-onderlaag aan te wend. As jy graag meer dekking wil hê as wat die plat onderlaagkwas vir jou bied, kies ’n onderlaag- kwassie met digte haartjies.

Gebruik dit so: die goue reël met die aanwend van onderlaag is om altyd in die middel van jou gesig te begin aanwend en dan na die buitekante van jou gesig te vee en meng. Hierdie tegniek verhoed dat jy enige harde en onnatuurlike lyne rondom die rand van jou gesig sal hê.

4. Verbloemerkwassie

W Beauty Concealer Brush (R159, Woolworths)

Lyk amper soos ’n mini onderlaagkwassie, en dit is amper presies dit – klein genoeg om spesifieke probleem-areas op jou vel te bedek, daardie ongewenste puisie of donker merkies op jou vel. Gebruik dit so: druk hierdie kwassie direk in jou verbloemer in en wend op die problem area aan, meng dan saggies oor die randjies na buitetoe om die verbloemer by die res van jou onderlaag in te skakeer.

Ons gebruik graag ’n verbloemerkwassie om skoon te maak onder ons oë waar ons dalk met oogskadu effens gemors het, of wanneer die kleur op ons lippe effens gebloei het om die rande weer netjies te maak.

5. Kontoerkwassie

Chanel Contouring Brush No109 (R1075)

’n Veelsydige hoekige kwassie wat meestal gebruik word vir kontoer-grimering en vir die gebruik van verbronser-poeier.

Gebruik dit so: nadat jy verbronser-poeier aan die kontoerkwassie aangewend het, kan jy dit op die kontoere van jou wangbene aanwend in stadige op- en afwaartse bewegings om jou natuurlike kontoere te beklemtoon.

6. Grimeersponsie

Real Techniques Miracle Complexion Sponge (R240 Clicks)

Die grimeersponsie is ’n gewilde keuse, veral ’n grimeersponsie wat effens soos ’n druppel lyk – dit kom feitlik by al die hoekies uit (dink byvoorbeeld aan die hoeke van jou oë en neus). Dit laat jou grimeervoorkoms streepvry te danke aan die ronde kontoere van die sponsie.

Gebruik dit so: maak die sponsie effens nat en druk saggies enige oortollige water uit die sponsie uit – om die sponsie nat te maak verhoed dat al jou onderlaag deur die sponsie geabsorbeer word en  helpboonop dat jou onderlaag makliker aanwend.

7. Lipkwassie

Dr Hauschka lipstick brush (R265)

Word gebruik om lipstiffie aan te wend. Beslis nie ’n moet-hê kwassie nie, veral vir die wat eerder lipglans en lipvlekke verkies, alhoewel hierdie kwassie tog handig is vir wanneer jy daardie donker of helderkleurige lipskakerings dra – die lipkwassie verseker ’n netjiese en eweredige aanwending van jou lipstiffie.

8. Plat oogskaduborseltjie

MAC Cosmetics 252s Large Shader Brush (R520)

Gee goeie beheer met presies waar jy die pigment van die oogskadu wil aanwend. Hierdie borsel skep ook die perfekte gladde opperlvak met jou ooggrimering. Omdat die borsel so plat is tel dit ook heelwat pigment en oogskadu op wat aanwending makliker en meer effektief maak.

9. Oogskadu-mengkwassie

Woolworths W Beauty Eyeshadow Blending Brush (R180)

Hierdie tipe kwassie word gebruik om verskillende skakerings na aanwending te meng en ligter in te skakeer. Die kwassie word die ‘windshield-wiper’ kwassie genoem omdat dit die aksie beskryf wat jy moet volg wanneer jy die kwassie gebruik (van kant tot kant vee om oogskadu te meng). Dit word ook ’n ‘crease brush’ genoem omdat dit ook gebruik word om oogskadu aan te wend spesifiek in die vou van jou oog.

Hoe ronder en hoe groter die punt, hoe sagter die voorkoms en aanwending van die oogskadu. Veral ’n maklik bruikbare kwassie vir beginners.

10. Stippel-kwassie

MAC Cosmetics Duo Fibre Shade Brush 187s (R810)

Word ook op ’n verskeidenheid maniere gebruik – om onderlaag aan te wend, verhelderaar of blosser te meng en versag. Die meeste van die stippel-kwassies is gemaak van haartjies van twee verskillende lengtes (korter en langer bymekaar) op die kwassie – die doel hiervan is om ’n sagter en foutlose voorkoms van die vel met die aanwending van onderlaag te skep.

Jy gebruik ’n sagte stippelende aksie (so druk druk) om die produkte aan te wend of te meng. Die kwassie is baie sag op die vel en word gewoonlik vir vroue met sensitiewe vel voorgeskryf omdat dit nie sommer die vel sal irriteer nie.

11. Hoekige wenkbrouborseltjie en -kammetjie

NYX Professional Makeup Dual Brow Brush (R313,35)

Die kammetjie gedeelte word gebruik om jou wenkbroue (of selfs wimpers) netjies te kam en die ander kant word gebruik om poeier of jel aan jou wenkbroue aan te wend of in te vul.

Jy kan ook hierdie borseltjie gebruik om jel-oogomlyner aan te wend (perfek vir daardie kat-oog streep).

12. Verhelderaar-kwassie/ waaier-kwassie

MAC Cosmetics Duo Fibre Fan Brush 184 (R795)

Die delikate waaier-kwassie se haartjies is nie dig en bo op mekaar soos ander kwassies nie, daarom sorg hierdie kwas vir ’n sagte en ligte aanwending van grimering. Dit word meestal gebruik om verhelderaar saggies bo jou wangbene, en bo jou neus aan te wend (daar waar die sonlig natuurlik val). Dit help om die aanwending hiervan foutloos te laat lyk en jy gebruik eintlik heelwat minder van jou verhelderaar as wat jy met jou vinger sou gebruik het.

13. Kabuki-kwas

Sisley Kabuki Brush (R1250)

Die kabuki-kwas is ’n kort, vetter grimeerkwassie en kan ook vir ’n hele paar grimeerdoeleindes gebruik word. Gebruik dit vir onderlaag oor jou gesig of selfs lyf (die groter kwas maak dit makliker) wat ’n voller onderlaagdekking bied. Ander gebruik weer die kabuki-kwas as ’n mengkwassie om grimering te meng en meer natuurlik te laat lyk.

14. Oogomlynerkwassie

Sisley Eyeliner Brush (R950)

Jy kan hierdie kwassie gebruik om jel-oogomlyner aan te wend of te gebruik om ’n sagter oogomlyner-voorkoms te skep met oogskadu eerder as met ’n oogomlynerpotlood. Die haartjies is styf teen teen mekaar gepak wat ’n effektiewe maar ook sagter oogomlynervoorkoms help skep. Gebruik dit so: wend oogskadu-poeier so naby as moontlik aan jou wimperlyn vir ’n sagter oogomlyner effek aan.

Lees ook: Was jou grimeerkwassies so

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
grimeertrends
2021 grimeer-trends waarmee ons nou wil speel
error: Content is protected !!