Beplan hierdie jaar ’n bietjie vooruit, en moet eerder nie vir die man in jou lewe daardie “soap on a rope”-geskenkie op nommer 99 by die supermark koop nie. 2020 was ’n lang jaar – selfs die mans het ’n tikkie ekstra bederf nodig. Hier is ’n paar handige geskenk-voorstelle:
Vir die Braaikoning
Pizza in een-twee-drie!
Nou kan jy pizza maak waar jy jouself ookal bevind. Kyk net hoe handig is hierdie pizzabraai ontwerp (R2099, www.pizzabraai.co.za). Loer hier om te sien hoe dit werk:
Handige braaitoerusting:
’n Leervoorskoot vir mans lyk darem maar net soveel meer byderwets. Ons hou veral van hierdie een van Arrow Leather Goods (R1700 beskikbaar op platform23.com).
’n Luukse gasbraai vir die braaikoning! (everdure furnace bbq gas & stand orange R11499 @home)
Die Nutsman
Clicks het vanjaar weer die nuttigste geskenke vir daardie mans wat altyd besig is om iets reg te maak. Moenie vergeet van Clicks se Kersaanbiedinge nie, elke geskenk (met ’n pers plakkertjie) val onder die 3 vir 2 kategorie. Jy kan drie van hierdie geskenke koop (vir man, pa en skoonpa!) en dan kry jy die goedkoopste een gratis.
Die Metroman
Skeer skoon met hierdie The Body Shop Softening Shaving Cream en skeerkwassie (R360).
Enige man geniet lekkerruikgeskenke (al sê hul nie altyd so nie!) en hierdie Mont Blanc stel is die perfekte lekkerruikgeskenk. Hierdie geskenkstel bevat 100ml EDT, 100ml na-skeerroom, en 100ml stortjel (R1399 Clicks)
’n Handige skeerapparaat is ’n moet vir enige man – dit spaar tyd en hou daardie baard netjies. (Philips shaver s7000 with trimmer van @home R3499)
’n Tydlose leerbaadjie is die ideale geskenk vir daardie metromanne, hierdie styl bly ’n klassieke wenner en beslis ’n belegging vir enige man se klerekas. Hierdie een is van van Platform23.com (Issa Leo Billy J Brown Leather Jacket (R3995).
Die geskenk van tyd – hierdie handgemaakte kiaathouthorlosie is ook ’n mooi geskenkidee vir die omgewingsvriendelike metroman (Bettel The Favourite Walnut Brown (R2099 beskikbaar op Platform23.com).
Die musiekliefhebber
Die Amazon Echo Dot 3rd Gen Grey (R1399 beskikbaar by @home) Jy kan vir hierdie slim-luidsprekerbyna enigiets vra, van musiek tot die nuus selfs vir ’n resep.
Met hierdie hout Shibby Rewind-radiotjie (R2411 beskikbaar by esque.co.za) kan jy musiek oral saam met jou ronddra. Daar is plek vir ’n SD kaart, jy kan musiek ook deur Bluetooth speel, jy kan selfs jou foon herlaai van die radio af. Plus die battery hou minstens 20uur.
Hierdie Volkano Assista Bluetooth-oorfone (R499 Clicks) kan met jou slimfoon integreer, Jy kan vir Siri/ Google Assistant vrae vra en dit word nie net gebruik vir musiek luister nie. Perfek vir al daardie Zoom vergaderings wat in die nuwe jaar voorlê.
Die wyn-kenner
Anzél in die Boland Seisoen 1 se Wynboks Seleksie (R950) – hierdie beperkte uitgawe wynboks sluit die 6 top wyne van Seisoen 1 in en nog ‘n paar verrassings. Dit kan aanlyn gekoop word op Wijn Bar se aanlyn winkel. Dit is nou ‘n lekker geskenk vir daardie wyn-liefhebbers.
Lees ook: Geskenke vir juffrou en meneer