Geskenkidees vir kinders

Ons het ’n klompie oulike geskenkidees vir kinders, groot en klein, raakgesien op soek na geskenke vir ons eie kinders. Ons deel graag ons lysie van 36 oulike geskenke vir seuns en dogtertjies. Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze

Jonger kinders

Besigbly-sakkies

Kyk net hoe oulik is die besigbly-aktiwiteitsakkies van Beki.co.za Hierdie idee is ontwikkel deur ’n Ma en Dogter duo wat hul dogtertjie (en kleinkind) wou besig hou gedurende ’n lang reis per motor. Daar is ’n sakkie vir ouderdomsgroepe 1 tot 7. Met meer as 30 jaar ondervinding in grondslagfase onderwys is elke sakkie goed deurdink en bymekaargesit met stimulerende aktiwiteite wat jou kleinding vir ure sal besig hou. Hou jou Beki-sakkie in die motor vir lang ritte, neem saam op die vliegtuig of selfs na ’n restaurant toe. Jy kan ook jou eie “beki-bag bou. Pryse wissel van R250 tot R750.

Badbederf

Kyk net hoe lieflik is al die bad-geskenkidees van badbomme tot badkryte– staan opsy badtydtrane! Hierdie maak heerlike kerskous-vullers.

Lush Good vibes giftset (R375)
Sorbet Rockstar Bath Bomb Gift Set (R89,99)
Tiger Tribe Bath Crayons (R159)
Charlotte Rhys Magic Box (R92,50 ook beskikbaar in pienk vir prinsesse!)

Water pret

En hierdie walvis koppel jy aan jou tuinslang en al die pypies spuit water in verskillende rigtings – ’n wen-wen, dit hou die kinders besig en maak die tuin nat!

Mr Price Home Water Sprayer Whale (R99,99)

Maak jou eie juwele

Hierdie oulike Myo Jewellery Set van Cotton On Kids (R249) sal enige klein dogtertjie se hart gelukkig maak!

Sensoriese speel met ’n verskil

Pikinini het die oulikste slim sensoriese planne vir kinders (loer hier) maar hierdie oulike klei-stelle het ons harte gesteel. Jy kan ure se speel vervang met hierdie stel, vir seuns en dogters.

Pikinini Princess Party Play Dough Kit (R160)
Pikinini Dinosaur Land Playdough Kit (R160)

Houtspeelgoed

Ons hou so baie van die houtspeelgoed, dit is meer omgewingsvriendelik, breek nie so maklik nie, hou vir jare en jare en boonop is dit sommer net mooi! Ons hou van die gedagte dat jy jou kinders se speelgoed kan wegbêre en hou vir hulle eie kinders eendag. Kyk net hoe oulik is die:


Set of Together Nins (R970 Honest toys)
Wooden Mixer Set (R1030)
Babylonstoren Farm in a Tin (R250)
Mr Price Home Kiddies Kitchen Set (R1200)
Tool Belt (R520)
Cotton On Frankie Wooden Toy (R349)
Honeybake Tea Set (R830)
Cotton On Sammy Wooden Toy (R449)
Funda Toys Sensory Blocks (R790)

Soettand bederf

Hier is ’n paar lekker kerskous vullers, yum!

Ice you own Christmas biscuits Babylonstoren (R180)
Spoonbakery Gingerbread House Kit (R200)
Woolworths Vanilla Starfish Biscuit Mix (R99,99)
Woolworths Chuckles Coconut Ice Tree Decoration (R19,99)

Vir ouer kinders

Besig-bly boek met avonture ingesluit

Aandag Oupas en Oumas! Hierdie The Bucket List Book (R650) is die perfekte geskenkidee vir ouer kinders. ’n Aktiwiteitboek vol avonture in Kaapstad soos zipline, helikopterritte en kunsklasse om maar net ’n paar te noem. Na hul aktiwiteite kan kinders in die oulike joernaal skryf of prentjies teken oor hul ervaring. Hierdie slim boek is geïnspireer deur ’n Ma wat graag kreatiwiteit, avontuur, lees en skryf by haar kinders wou aanmoedig.

Daar is meer as R1 800 gratis geskenkbewyse vir avonture en ervaringe by die boek ingesluit! ’n Perfekte besig-bly plan vir vakansietye!

Zipline-pret

Hierdie Slackers Zipline kit (R2499, Sportmans Warehouse) was ’n vroeë Kersgeskenk aan my seuns en dit hou hulle ure lank besig. Ons het dit oor ons swembad gespan en dit sorg vir baie pret. Suzanne

Lego met ’n verskil

Lego bly altyd ’n goeie geskenk. Die Boost Lego Creative Toolbox (R2895) leer ook programmeringsvaardighede aan, en kinders kan die Legostel met ’n tablet beheer nadat dit klaar gebou is.

Minecraft sonder die skerm

As jou kinders van Minecraft hou en jy hulle wil wegkry voor die skerms is hierdie ’n goeie keuse.

Tales of an 8-bit Kitten (R155 takealot)

Oudio-boeke vir die hele gesin

As jy nog ’n cd speler in jou motor het is hierdie ’n goeie keuse vir ouer seuns. Die opwindende storie van ’n 14-jarige spioen, Alex Ryder, is lekker luisterstof vir die hele gesin terwyl julle op die langpad is die vakansie. Dit laat die pad sommer korter voel. Klik hier om te bestel.

Die boeke is ook op Audible beskikbaar (klik hier) en natuurlik ook in boekformaat.

Bou saam

Jengablokkies kan kinders lank besig hou. Dit is gewoonlik een van daardie geskenke wat hulle nie weet hulle wil hê tot hulle dit het nie.

Wooden tower Jenga game (R259)

Krieket vir enige plek

Wonderlik vir krieket op die strand of as jy kunsgras tuis het en nie paaltjies kan inslaan nie.

GM Striker Cricket Set (R325 takealot)

Geen pingpong tafel nie? Geen probleem nie!

Hierdie oulike ping-pong-konsep sonder die tafel kan jy maklik op vakansie saamneem. Jy haak eenvoudig die stelletjie aan enige deurkosyn vas. Dit sal die kinders vir ure lank besig hou – weg van skerms en fastasties vir hand-oog koördinasie!

Door Pong (R660)

Bak en brou saam

Donna Hay se “Basics to Brilliance Kids” (R559) lyk na ’n wonderlike kookboek vir ernstige beginnerkokke. Die boek bevat 120 maklike familieresepte en leer jou kind hoe om basiese resepte met flair te bemeester.

Eksperimenteer met kleur

Hierdie Rainbow Lab Activity Set (R315) moedig probleemoplossingsvernuf aan. Die stel bevat 24 eksperimente wat vir kinders op ’n prettige manier leer hoe om kleur te verstaan.

Grimeerboks vir tweens

’n Boks vol ouderdomsgepaste grimeerbederf vir tweens. Essence Mermaid Mystery Box (R149)

Oulike skryfbehoeftes

Hierdie elektriese skerpmaker het selfs gekleurde liggies wat ook aangaan.

Yokico Electric Light Up Sharpener (R149,90)

Oulik vir skool, Pizza Night Press & Pop Pencil Case (R275)

Pizza Night Press & Pop Pencil Case (R275)

Lees ook: Geskenke vir onderwysers

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Elizabeth Arden Green Tea Pear Blossom
Geskenkidee; ’n sakpas vrugtige blommegeur Green Tea Pear Blossom
error: Content is protected !!