Elizabeth Arden Green Tea Pear Blossom
Elizabeth Arden Green Tea Pear Blossom

Geskenkidee; ’n sakpas vrugtige blommegeur Green Tea Pear Blossom

Of jy vir jouself ’n maklik om te dra, elke-dagse fyngeur soek, of nog ’n geskenk moet koop; Green Tea Pear Blossom ( ’n vrugtige blommegeur) is ’n goeie sakpas opsie, wat beslis nie goedkoop ruik nie. Deur Suzanne Kotzé

Elizabeth Arden se oorspronklike groen sitrus-geur Green Tea is nou in ’n vrugtige blommegeur Green Tea Pear Blossom (R480 vir 100ml) weergawe beskikbaar. Ek het dit aangespuit om te toets en kon nie glo hoe baie ek van die geur hou nie. Ek moet erken toe ek na die prys kyk, het ek verwag dat die geur nie lank sal aanbly nie, maar ek was aangenaam verras. 12 ure later kon ek steeds die subtiele geur op my pols ruik. 

Hoe verskil Green Tea Pear Blossom van die oorspronklike Green Tea?

Dit word as sappiger as die oorspronklike vars geur beskryf. Anjou peer (as nuwe topnoot) en Anjou peerbloeisels (middelnoot) gee die geur beslis meer van ’n vrugtige blommegeur as die oorspronlike. Die geur is egter steeds vars en ruik glad nie te soet of te blommerig nie. 

Wie sal van daarvan hou?

Die vrugtige blommegeurfamilie is een van die gewildste geurfamilies wat daar is. Om ’n fyngeur in hierdie geurfamilie te koop as geskenk is juis hierom ’n veiliger keuse. 

Die nuwe geur  is maklik om te dra, want dit is nie oordonderend, swaar of baie soet nie. Jy is nie oorbewus van die geur nie en dit is taamlik subtiel. 

Dit is ’n heerlike elke dagse parfuum, veral vir die somer.

So beskryf die parfumier dit

“Geïnspireer deur die delikate, wit bloeisels wat in natuurlike oorvloed groei op die Anjou peerboom. Green Tea Pear Blossom is soos om ’n groot bos, geurige bloeisels met altwee hande vas te hou en jou gesig liggies daarin te druk. Rodrigo Flores-Roux, meesterpafumier by Givaudan

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
skoonheidsprodukte
Nuut op die Stylvol-spieëltafel
error: Content is protected !!