Geskenke vir onderwysers

Hierdie tyd van die jaar hardloop ons almal rond en ons lysies van dit wat ons nog moet doen raak net al hoe langer. Ons hoop hierdie lysie van geskenk-idees vir onderwysers (vir juffrou en meneer), help om darem een ding van jou lysie af te tik! Ons het gevra en ons onderwyser vriende het geantwoord – hier is ’n samestelling van geskenke vir onderwysers en dit wat hul graag sal wil ontvang (koebaai vervelige koffiebekers en kaste vol handerome!) Deur Justine Kroes en Suzanne Kotzé

Bygewerk 13/12/2022

’n Bederf jouself geskenk

’n Geskenkbewys

Dit is dalk nie die mees oorspronklikste geskenke om te gee nie, maar een wat onderwysers graag wil ontvang. ’n Pamperlang geskenkbewys van ’n plaaslike salon, of selfs ’n Sorbet is ’n lekker geskenk vir ’n moeë onnie om haar vakansie mee te begin.

Lekkerruik klaskamer

Die warm somermaande kan nie grappies wees as dit by ‘n klas vol kinders kom nie, veral nie na hulle buite gespeel het nie. Help juffrou of meneer om hulle klas te laat lekker ruik.

’n Paar kinders kan hierdie saamgee. Organico by Oco Life Zen Light Wood Grain Ultrasonic Diffuser With Reawaken 10ml & Breathe 10ml (R699, Faithful to Nature)
Fragrance Diffuser (R299 elk, Woolworths)

’n Bederfboks

To Be Gift Boxes verkoop aanlyn hierdie handige klaar saamgestelde bederfbokse, jy hoef niks te koop of pak nie, als word vir jou gedoen. Die Female Teacher Mixed Box (R450) sluit die volgende in, ’n kaartjie, ‘n leer sleutelhouer, Nougat, beskuit en seep.

Koffie

Hoewel baie onderwysers genoem het dat hul reeds genoeg koffiebekers het – is daar wel eerder persoonlike koffiebekers voorgestel.  Persoonlik – sodat jy nie iemand anders in die personeelkamer se koppie gryp nie! Orms (www.ormsprintroom.co.za) het dit so maklik gemaak – jy kan jou eie koffiebeker aanlyn ontwerp – laai ’n foto of teks op – en siedaar jou bestelling word gemaak! (Vanaf R115 per koppie)

Om tee/koffie warm te hou

So die naam van hierdie ‘beker’ is dalk Manna Monstera Plant Design Stemless Wine Cup (R299, Woolworths) maar dit hou koffie of tee ewe goed warm as wat dit koeldrank (of wyn oor naweke) koud hou! Ideaal vir die juffrou wat nooit tyd kry om haar koffie of tee gedurende pouse klaargedrink te kry nie. Of wat pouse-diens op die speelgrond moet doen!

Ontwerperskoffie

Vir die onderwyser wat nie sonder haar koffie in die klaskamer kan klaarkom nie – kyk net hoe vrolik is hierdie Tokyo Coffee Press (R399) en bypassende beker (Tokyo mug (R150).

Oorbelle

Relier Design

Relier se unieke polymer-kleioorbel ontwerpe is ’n pragtige geskenk vir die juffrou wat graag bykomstighede dra. Hierdie handgemaakte skeppings sal enige vrou se dag ophelder! Loer na al die mooi ontwerpe hier.

Voorstad Studio

Plaaslike juweliersontwerper Xtine van Voorstad Studio se skeppings kan op enige manier verpersoonlik word. Dit kan dalk ’n oulik idee wees as die hele klas se kinders saamklub en ’n stelletjie oorbelle of hangertjie met ’n spesiale boodskap of selfs die juffrou se naam daarop kan graveer. Besoek Xtine se webtuiste hier.

Rainbow Lara Loops (R500)
Oulike klasgeskenk idee! Aurora Necklace (R1600) Jy kan jou eie woorde hier laat graveer.

Handige skryfbehoeftes

Potloodsakkie

Hierdie potloosakkies sal sommer ook ‘n glimlag op juffrou of meneer se gesig sit.

Pencil cases (R199, elk A Love Supreme)

Swartbord uitveër

Nie net ’n sakpas geskenk nie, maar so handig en boonop persoonlik! Hierdie swartborduitveër is beskikbaar met ’n reeks boodskappe opgedruk. (Blackboard eraser R65 AFG designs)

Stempels

Laat maak vir juffrou of meneer hul eie persoonlike stempel. Verskeie ontwerpe – is beskikbaar vanaf R280 van Tailored Tags. Dit is in ses verskillende kleure ink beskikbaar en die prys sluit een ekstra swart ‘inkpad’ in.

Emoji stempels

Stempels wat enige onderwyser se merkwerk soveel meer pret maak. Hierdie stelletjie bevat 15 verskillende gesiggie-stempels. (Emoji Hand-Held Stamp (R299)

Potloodstelle

’n Spesiale sakpasgeskenk – hierdie “Best Teacher Ever” stel van 6 reënboogskakering HB potlode. Ons weet dit sal enige juffrou se potloodsakkie opkikker.

Best Teacher Ever Pencil Set (R110)

Penstel

Maak dit meer persoonlik met hierdie Personalised Pen Set (R200) met jou onderwyser se naam op – van Love Letters Stationery.

Stylvolle notaboekie

Ons almal vind ’n notaboekie handig, en hierdie Monogrammed Notebook stel kos R195 vir twee A5 notaboekies. Elke notaboekie met ’n die voorletters van jou onderwyser se naam in goue foelie bo-op.

Iets vir die soettand

Hierdie Outydse Koekieblik (R360, Babylonstoren) gevul met outydse soetkoekies is so mooi jy hoef nie eers ekstra tyd te spandeer om dit toe te draai nie! En die mooi blik kan natuurlik hergebruik word.

’n Luukse soetkoekie bederf van bekende bakkers by Sweet Lion Heart ( Die Sweet LionHeart Peanut Butter Cookie Snack Box (R99 elk bevat 6 koekies, Yuppiechef) is beskikbaar in Chocolate, Confette en Peanutbutter weergawes. Jy kan altyd ‘n paar verskillendes saam koop.

Groenvingers

’n Plant hou langer as ’n bossie blomme en sal enige klaskamer vrolik en warm laat voel. Jy het nie eens nodig om ’n winkel te besoek nie – loer aanlyn by plantify.co.za vir die mooiste plante – afgelewer voor jou (of juffrou) se deur. Kyk net hoe mooi is hierdie Prayer Plant (R560, sluit die houer in). Loer hier vir plante wat hang of loer hier vir “easy care” plante wat nie so baie aandag verg nie.

Kyk net hoe oulik is hierdie Christmas Grow Your Own Kitchen Garden Kit 60 (R299, Woolworths)

Mooi netjies

Iets om die klaskamer (of juffrou of meneer se huis) op te kikker en te help aan die kant hou. Die mandjie is 20x20cm groot. Blue & Yellow Pom Pom Basket, R279, Poetry

Multi Charging Station R399, Mr Price Home)
Rectangular Tissue Box (R495, Weylandts)

Persoonlike boodskap

’n Pragtige akriel planthouer (met oulike boodskap daarop!) op n’n houtbordjie sal ’n onderwyser se lessenaar of vensterbank ophelder. Jy kan die houer koop met boodskappe reeds op – of jy kan een bestel met ‘n persoonlike boodskap op. Hierdie houers kom nie met plante by nie – so jy gaan jou eie groenvingers moet gebruik om dit te vul. (Acrylic Planter with wooden tray R195 – R225 van Nectar and Ink).

Persoonlike geskenkplakkers

Laat maak vir juffrou of meneer hul eie geskenkplakkers, sodat die volgende geskenk wat sy gee ekstra persoonlik een spesiaal lyk. (En dit spaar kosbare tyd!) Met vele ontwerpe om van te kies, selfs vir Kersfees vanaf R150 per stel, Tailored Tags.

Vir Meneer

Organisering

’n Moderne Hex Cork Organiser (R599) van Emerging Creatives sal mooi lyk teen ’n klaskamer se muur om beplanning, lysies of selfs verjaarsdae vas te steek.

Braai

Woolworths se Cast Iron Jaffle Maker (R349)

Klasgeskenk

Met hierdie handige Pizza Braai (R2399, Pizzabraai.co.za of R2579, Takealot) kan meneer enige iets van pizza’s tot groente en selfs varkribbetjies braai.

Vir langs die sportveld

Hierdie First Ascent Men’s Neuva Hat (R369, Sportmans Warehouse) sal meneer help beskerm teen sonbrand.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Hannah Lavery
Hannah Lavery, 10 jaar van klassieke styl en kwaliteit
error: Content is protected !!