Geskenke vir onderwysers

Die einde van die jaar is in sig – en ingeval jy nog nie aan onderwysersgeskenke gedink het, nie hoop ons hierdie lysie help of inspireer jou (en spaar jou dalk tyd!) om ’n oulike geskenk vir juffrou of meneer te vind eerder as koffiebekers en laaste minuut handeroomkopies. Loer hier vir 29 geskenkidees vir onderwysers. Deur Justine Kroes

17/11/2023

Vir die onderwyser met ‘n soettand:

Ma Mere Teachers Pet Gift Box (R495)

Die bederfboks bevat x1 boks Nougathappies met x5 Nougats plus ’n Rose Geranium & Vanilla Cordial.

Yuppiechef Frank & Olive Candy Treat Box (R199)

’n Boks gevul met 5 verskillende pakkies vol lekkers.

Chuckles Holiday Treats (R199,99 vir 450g)

Wie is nie lief vir Chuckles in grootmaat nie!

Maak dit persoonlik

Dit is altyd ekstra spesiaal om ’n persoonlike geskenk te ontvang, kyk na al hierdie oulike geskenkidees wat verpersoonlik is vir juffrou of meneer.

Hello Cool Teacher Appreciation Personalised Water Bottle (R315)

Die mooiste aluminium waterbottel met juffrou of meneer se naam daarop.

Teacher, I made a Book for You (Takealot (R329)

Die boek is gevul met oulike idees vir kinders om prentjies te teken van hul juffrou, herinneringe te deel en boodskappe in te skryf.

Journey Leather Small Loaf Bag (R290 plus R50 om die sakkie te verpersoonlik)

’n Klein smuktassie met juffrou se naam daarop. Journey Leather maak hierdie sakkies, die perfekte grootte om in jou handsak te pas. Die binnekant is met katoen uitgevoer.

NetFlorist Personalised Colourful Rainbow Teachers Clock (R399,95)

’n Muurhorlosie vir die klaskamer met juffrou of die klas se naam daarop is ’n oulike manier om dankie te sê vir die jaar wat verby is.

Hello Cool Engraved Pencil Box Personalised with Teacher’s Name (R250)

Oulike stoorplek vir juffrou of meneer se penne en potlode.

Geskenke vir die klaskamer

Partykeer is ‘n geskenk vir die klaskamer ‘n oulike manier om dankie te se en iets agter te laat vir die volgende studente.

Acrylic Memo Stand (R199 Typo)

Hierdie handige Acrylic Memo Stand (R199 Typo) is handig om onthounotas aan te teken en mooi genoeg om enige plek te staan.

Kikki & Franki Class Birthday Board (R350 – R490)

’n Verjaarsdagbord waar die juffrou jaarliks nuwe kinders in die klas se verjaarsdae kan aanteken met ’n witbordmerker.

Kikki & Franki Rainbow Teacher Plaque (R295)

Vir juffrou se deur; ’n naamplaatjie of met die juffrou of meneer se naam of selfs die klaskamernaam.

Stempels

Stempels R280 van Tailored Tags

Laat maak vir juffrou of meneer hul eie persoonlike stempel. Verskeie ontwerpe is beskikbaar vanaf R280 van Tailored Tags. Dit is in ses verskillende kleure ink beskikbaar en die prys sluit een ekstra swart ‘inkpad’ in.

Bitmoji Custom Teacher Stamp (R420)

Hierdie Bitmoji Custom Teacher Stamp is net so oulik (R420)

Goed georganiseeerd

’n Netjies klaskamer en werkspasie is op elke onderwyser se wenslysie, hierdie geskenk-idees help dalk bietjie orde skep:

Classy Classrooms Teacher Stuff 100% Cotton bag (R300)

Onderwysers is alewig besig om swaar boeke en toetse heen en weer te dra, hierdie handige drasak mag dalk net help. 100% katoensak met baie spasie, daar is selfs ’n kleiner afdeling aan die binnekant vir penne.

Yamazaki Tosca Pen & Letter Stand (R699)

Yamazaki Tosca Pen & Letter Stand (R699) hou al die skryfbehoeftes mooi op een plek.

Wood Phone Docking Station (R757,99 reliablestore.co.za)

Wood Phone Docking Station (R757,99 reliablestore.co.za) om seker te maak daar is ’n bêreplek sodat onderwysers nie alewig op soek is na hul fone, brille of sleutels nie.

Thandana Pencil Case Triple Zip Laminated Fabric (R320)

Vrolikste potloodsakkie vir ‘n klottervry lessenaar.

Tee en koffie

Die meeste onderwysers ontvang ’n oormaat van koffiebekers – probeer dalk iets anders die jaar, ’n mooi teepot – verskillende koffies en tees om te probeer of ’n mooi en praktiese reis-koffiebeker.

Ribbed Teapot with Metal Sieve (R349 Woolworths)
Poetry Tea & Honey Gift set (R229) die stel sluit x2 tees x1 henuning en ’n heuning stokkie in.
Magnificent Barista Boys Pure Indulgence Gift Box (R820)

Die boks bevat 1kg koffiebone, koffiestroop, ’n houer vol “salted caramels” en nougat.

Reis-koffiebekers

Ideale geskenk vir die onderwyser wat altyd aan die gang is – en hou dalk daardie koffie of tee vir daardie ekstra rukkie langer warm, hier is ’n paar mooies:

Country Road Nico Reusable Cup (R349 beskikbaar in 9 skakerings)
Eva Solo Urban Travel Mug (R579 vir 350 ml) kan gebruik word vir beide warm en koue drankies en maak maklik oop en toe.
Lekue To Go Vacuum Insulated Bottle (R319 300ml bottel) hou vloeistof tot en met 8 ure lank warm of koud.

Slim geskenbokse

“Daai tyd van die jaar” almal hardloop rond en tyd is min. Bestel ’n klaar opgemaakte bederfboks vir juffrou of meneer en spaar jouself die moeite en tyd, alles kom reeds verpak en toegedraai.

To Be Giftboxes Teachers Mini Sweets and Bottle Box (R340)
To Be Giftboxes Teachers Unisex Mug and Cookies Box (R280)
Yuppiechef Gift Boxes Sweet Treats Box (R699)

Vir meneer

Wooden Board with Smoking Chips and Steak Seasoning (R229,99 Woolworths)
Angus Beef Biltong Selection (R199,99 400g Woolworths)
Yuppiechef Gift Boxes Ultimate Braai Box (R1 299)

Yuppiechef Gift Boxes Ultimate Braai Box (R1 299) is dalk ’n duurder geskenk om as ’n klas of ’n paar studente saam te gee. Hierdie boks bevat:

Babylonstoren Farm Shop Extra Virgin Olive Oil Blend; Skote Petoors Delicacies Chilli Crisp Oil with a Wooden Spoon; Eat Art Smokehouse Spice Pack; Jimmy Public Salt Slab; Artisanal Spice No.13 Middle Eastern Spice Rub; Santa Anna Corn Chips; Santa Anna Smokey Chipotle Salsa; Yuppiechef Tongs

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
9 Redes waarom die Instant Vortex ClearCook lugbraaier op ons Moedersdagwenslysie is:
error: Content is protected !!