Dit is die rondskarreltyd van die jaar, waar geskenke vir juffrou een van die honderde goed is waaraan jy moet dink. Hier is ’n paar idees, en ’n juffrou vertel wat onderwysers se gunsteling-geskenke is.
Geskenke vir juffrou; ’n regte juffrou verklap waarvan onderwysers hou
Juffrou Angelique Truter van Laerskool Swartland, Malmesbury en ’n paar onnies saam verklap die volgende:
- “Die nommer een geskenk op ’n juffrou se geskenk-wenslysie is…. ’n pamperlang spa/SALON GESKENKBEWYS. Die heel kleinste/goedkoopste een.
- Bathbomb of lyfroom
- Koffie/tee
- Huisplante; dit hou langer as ’n bossie blomme
- ’n ‘Snack basket’
- Lekkerruikgoedjies
- Skryfbehoefte-geskenkbewys
- Oorbelle
- ’n Planner/Beplanner sonder datums
Liefs nie koffie-bekers nie. Daarvan het ons genoeg.”
Hier is ons idees vir geskenke vir juffrou (en ‘n paar vir meneer ook).
Mag dit jou tyd in die winkels spaar!
Stempel
Hierdie oulike motiveringsstempel is saam met verskillende kleure ink beskikbaar. En met vele meer boodskappe soos “Wow” of “Pragtige werk”. (R160 van Tailored Tags)

Persoonlike stempel
Laat maak vir juffrou haar eie persoonlike stempel. Verskeie ontwerpe – ook vir menere – is beskikbaar R320 van Tailored Tags.

Planthouer en plant
Hierdie oulike krimvarkie-planthouer en vetplant (R109,99, Woolworths) sal enige Juffrou se hart bly maak.
Hangplant
Kokedama plant (R179,99, Woolworths) is selfs ’n goeie keuse vir ’n meneer ook.
Heerlike Franse skoonheidsprodukte
Hierdie lekkerruik produkte sal enige juffrou se hart vinnger laat klop. Dit ruik en voel hemels. Dit is ’n groot bederf; en kan dalk deur ’n paar kinders saam gegee word. Nuxe Prodigioulsy Iconic geskenkstel R945, Foschini en Woolworths.
Prettige bad-balle
Lush Cosmetics (R385, Lush) is bekend vir hulle ‘bath bombs’ en kyk net hoe oulik is die ontwerp. Bonus; die verpakking is so mooi jy hoef dit nie eers toe te draai nie.
Vir ‘soet-tand’ onderwysers
Juffrou of meneer kan hulle eie bruintjies tuis pak met hierdie oulike “Make you own brownies” bakkie (R199,99, Woolworths).
Vrolike potloodsakkie
Die potloodsakkie gemaak van die vrolike materiaal van Kaapse ontwerpers, A Love Supreme, is groot genoeg om baie potlode (en rooi penne) te hou. R170, A Love Supreme aanlyn-winkel.
Tee-sakkies in ’n beker
Hierdie beker (R139,99, Woolworths) is nie net nog ’n beker nie, maar het 10 teesakkies in. Die vorm van die beker maak dit ook veeldoelig en hoef nie net vir teedrink gebruik te word nie. Juffrou of meneer kan selfs penne of potlode op die lessenaar hierin laat staan.
Juweelkissie
Hierdie juweelkissie (R128, Sorbet beskikbaar by Clicks) is ideaal vir al Juffrou se oorbelle.
Wenk: As jy vir juffrou wil oorbelle gee, maak seker jy ken haar smaak goed, want oorbelle kan nie omgeruil word nie.
Lekkerruik produkte
Hierdie lekker ruik sakkies Sweet Red Berries Fragrance Sachets (Woolworths R79,95) sal Juffrou se laaie heerlik laat ruik en baie bederf laat voel.