Gasvrougeskenke, hier’s 30 idees:

Hoeveel keer gebeur dit nie met ons nie, jy hoor skoon jou Ma se stem in jou agterkop “jy kan nie leë hande by iemand se huis opdaag nie my kind”. En net so hardloop ons altyd by ‘n sekere winkel in en koop ’n bos blomme of klein orgidee as ’n dankiesê-geskenkie vir die gasvrou.

Die gasvrou verdien beter! Ons het besluit om vooruit te beplan en ’n paar oulike geskenke byderhand te hê, jy weet, iets wat die gasvrou werklik sal kan gebruik en waardeer. Hier is 30 gasvrougeskenke wat jou sal laat lyk asof jy baie gadagte en moeite gedoen het, jy’s welkom!

Deur Justine Kroes

02/08/2024

Speletjies en besigbly-idees

’n Ideale geskenk-idee vir die gasvrou wat gereeld onthaal en daarvan hou om sinvolle, diep en betekenisvolle gesprekke te voer. ’n Tipe van ’n aandete-speletjie wat jou leer om te luister, te deel en ander aan te moedig terwyl jy pret het daarby.

Cards For Conversation First Edition (R499)
Game Family: Truth or Dare (R499) Poetry Stores

’n Mooi slaaibak vir die gasvrou om te hou

Hierdie is nou ’n oulike idee, indien jy ’n bykos of slaai saamneem ete toe, dink daaraan om die slaaibak of opdienbak as geskenk vir die gasvrou te gee. So hoef niemand te skarrel om na ete die bak leeg te skep en te was nie. En dit is boonop nie ’n gesukkel om die bak weer by sy eienaar uit te kry nie.

Poetry Living The Detail Smith “Beauty  is an attitude” Salad Bowl (R499)
H&M Mango Wood Salad Bowl – Brown Mango Wood (R399 Superbalist)

Stylvolle aansteek elemente

Kanse is groot dat jou gasvrou-vriendin daarvaan hou om met kerse te onthaal, die atmosfeer, jy weet! Maar almal sukkel altyd om vuurhoutjies of ’n aansteker te vind. Skenk vir haar haar eie stylvolle stel vuurhoutjies of aansteker as geskenk. Sy kan dit op ’n spesiale plek wegbêre van die manne wat alewig daarmee die braaivuur aansteek en nooit weer terugbring nie.

Amanda Jayne electric Rechargeable Candle Lighter (R349 yuppiechef.com)
Trending Luxury Matches (R350 thesooq.co.za)
Amanda Jayne Gold Wick Trimmer (R345)

’n Mooi kraffie of kruik vir haar etenstafel

Set of 5 Hand Crafted Fluted Water Carafe And Glass Set (R399 takealot)

Hierdie is beslis ‘n item wat enige gasvrou bly sal wees om te ontvang. Niemand hou van ’n bottel sap of water wat sommer net so op die tafel neergesit word nie. Gee vir haar ’n stylvolle kraffie of kruik waaruit sy sap en water kan bedien.

Set of 5 Hand Crafted Fluted Water Carafe And Glass Set (R399 takealot)
Country Road Vivi Jug (R699)

Weggooibare servette en plekmatjies

Tavola Bio Degradable Napkins in vele patrone en skakerings beskikbaar (R130 vir 25 groot servette)

Hierdie is ideaal vir die vrou waat alewig gasvrou-gasvrou moet speel en soms ook net ’n breek wil neem van al haar lapservette en “fancy” plekmatjies. Stel gerus vir haar ’n pakkie saam met hierdie allermooiste weggooibare servette en plekmatjies vir dae wanneer sy steeds ’n mooi tafel wil dek sonder al die ekstra moeite (en wasgoed).

Tavola Bio Degradable Napkins in vele patrone en skakerings beskikbaar (R130 vir 25 groot servette)
Macaroon Collection Disposable Placemats (R280)

Sjiek sout en peper houers

Dit is dalk nie iets waaraan jy dink as jy op soek is na ’n geskenk vir ’n gasvrou nie, maar elke gasvrou weet hoe belangrik ’n ordentlike sout en peper potjie is vir die onthaaltafel. Kyk net hoe mooi is hierdie stelle:

Mervyn Gers Glazed Stoneware Salt & Pepper Shaker (R489)
Poetry Living Bee Salt and Pepper Shaker Set (R399)

Blomme met verskil

Ash Ceramics Tiny Vase Box Set (R1180) x 6 klein “bud vases” beskikbaar in verskeie skakerings.

In plaas daarvan om net ’n bos blomme by jou vriendin aan te bring, koop vir haar ’n paar verskillende groottes vase (bud vases) waarin jy ’n paar steeltjies blomme kan rangskik. Maak seker die klomp houertjies pas bymekaar en pas ook by haar huis en styl.

Ash Ceramics Tiny Vase Box Set (R1180) x 6 klein “bud vases” beskikbaar in verskeie skakerings.
The Home Quarter Clear Bud Vase Set (R195)
Famous Mountain Set of Four Ceramic Ribbed Bud Vases (R325) Set of Four

’n Pragtige Peuselbord

Poetry Living Festive Marble Board With Bee Cheese Knife (R399)

Bied ’n slag aan om ’n bord met peuselhappies te bring en vertel dan vir jou gasvrou-vriendin die bord is spesiaal vir haar en kan sommer net daar agterbly wanneer almal klaar gepeusel het. Beslis ’n item wat vir lang jare nog gebruik sal word. 

Poetry Living Festive Marble Board With Bee Cheese Knife (R399)

Kerse en kershouers met verskil

Bederf jou vriendin met iets kleurvols en onverwags – dit inspireer dalk die volgende kuier se onthaaltema! Kyk net hoe uniek is hierdie kerse en kershouers:

Alkaline Wavy Candle Holder (R299 yuppiechef.com)
Okra Candle Screwed Dinner Candle Box Set of 2 (R239 yuppiechef.com)
H&M Metal Candle Holder Gold (R749 Superbalist)

Vir die kruieliefhebber

Le Creuset Herb Planter 14cm (R729 yuppiechef.com)

Indien jou gasvrou daarvaan hou om haar eie vars kruie te kweek en te groei, neem vir haar ’n vars kruieplantjie met een van die volgende kruiebykomstighede daarby:

Poetry Living Herb Tags (R399)
Good Roots Glass Plant Mister (R139 yuppiechef.com)
Brabantia Tasty Herb Scissors Plus Cleaning Tool (R159)

Vir die bak-foendie

Ons weet hoe dit gaan in ons eie huis met maatkoppies, alewig in die verkeerde laai en nooit bymekaar nie. Skenk vir jou geliefde gasvrou ’n mooi stelletjie maatkoppies wat sommer so aanmekaar vas is. Koop ’n boksie doen-dit-self brownie mengsel en sit dit hierby vir ’n oulike geskenk.

H&M Metal Measuring Set (R239)
Poetry Living Multi Colour Measuring Spoons (R399)
Trendz of Today Gold & Wood Measuring Cup and Spoon Set (R519 yuppiechef.com)

Vir die Tjeers! gasvrou

Vir die gasvrou wat graag daarvan hou om skemerkelkies en interessante drankies vir gaste te bedien – skenk vir haar ’n mooi drankiestel of drankiebykomstighede. Kyk net hoe slim is hierdie “drinks markers” sodat elke gas nie hulle drankie verloor nie.

Poetry Blooming Beautiful Bar Tool Set (R499)
Original Metallic Glass Markers (stel van 3 R369 yuppiechef)
@home Vacu Vin Classic Markers 8 Piece Set Multi (R299)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
8 Kreatiewe uitstappie-idees vir vriendinne
error: Content is protected !!