foto: Witchery

Feestydrokke op ons wenslysie

Bymekaarkomste, kersetes en nuwejaarsvieringe is om die draai – en as jy soos ons ook op die uitkyk is vir mooi feestydrokke is hierdie artikel vir jou. Loer gerus na die allermooiste feestydrokke op ons wenslysie, vanaf helder, en bont, tot kraakvars wit, rompe, polkakolle en blinkers – hierdie wil ons dra. Deur Justine Kroes

Klein swart nommertjie/ LBD

Elke vrou het hul eie resep vir die perfekte swart nommertjie vir hul lyfvorm en stylpersoonlikheid. Hetsy dit ’n mini of midi rok is, eenskouer of geen skouer, die Little Black Dress is daardie item wat nog jare lank hard sal werk in jou klerekas.

Waag hierdie seisoen ’n slag en kies ’n klein (of groot!) swart nommertjie met ’n bietjie flair en drama daarby! Hier is ’n paar unieke gunstelinge wat ons raakgesien het:

Me & B Black Wrap Linen Dress (R899)
Velvet Asymmetrical Bodycon Dress (R349 Superbalist)

Rompe

’n Romp is ’n veelsydige item. Jy kan met die regte bloes jou romp na ’n formele geleentheid toe dra. En met ’n T-hemp meer gemaklik dra – selfs met jou volswembroek wat dubbeldiens doen as ’n “bodysuit” onder aan. Kies die seisoen iets met kleur, tekstuur of ’n lekker patroon!

Queenspark Pleated Colourblock Woven Skirt (R699)
Poetry Everlee Skirt (R799)
Zara Sequinned Mini Skirt (R1099)

Helder en bont

Hierdie seisoen se skakerings is helder, bont en dopamine dressing is steeds die slagspreuk van die oomblik. Die dopamine dressing tendens is wanneer jy helder klere (en kleure) aantrek wat jou goed en vreugdevol laat voel.

Kies ’n slag iets helders in pienk, groen of geel, maar net ’n paar van die seisoen se grootste kleurskakerings. As jy huiwerig is vir helder van kop tot tone, kies dan liefs bykomstighede in hierdie bont skakerings.

Country Road Ruched Strap Mini Dress (R1299)
Witchery Textured Lace Mini Dress (R1399)
Mr Price Oakridge Trapeze Dress (R229,95)
Country Road Gathered Detail Mini Dress (R2299)
Michelle Ludek Karine Midi Dress (R1395)
Trenery Cotton Linen Balloon Sleeve Dress (R1999)

Blinkkant bo

Blinker uitrustings maak ons alewig opgewonde – daar is nou maar net iets oor die skitterende blink wat ons spesiaal, vroulik en mooi laat voel. Wanneer jy ’n blinkernommer dra, hou gerus die res van jou uitrusting meer simplisties en moet nie bykomstighede oordoen nie. Dit is Kerstyd maar jy wil nie noodwendig soos kompetisie vir die kersboom lyk nie!

Wenk: sequins is ook vir die dag geskik – jy hoef nie te voel die item is net vir die aand gepas nie. Dra jou blinkerrok met netjiese sneakers vir ’n moderne voorkoms.

Queenspark Sequins Dress Black (R1299)
Woolworths Satin Midi Slip Dress (R499)
Forever New Danica Sequin Dress (R1799)

Kraakvars wit

Desember, die somerson en wit rokke aan sonbruin lywe is ’n groot gunsteling. Koop vanjaar ’n kraakvars wit rokkie en laat jou uitgewasde een tuis!

’n Mooi wit rokkie is amper net so tydloos soos jou klein swart nommertjie – die styl opsies hier is ook eindeloos: netjies met blink bykomstighede of meer gemaklik met sandale strand toe. Jy kan nie verkeerd gaan met ’n kraakvars wit nommertjie nie!

Edit Belted Shirt Dress (R649 Superbalist)
Velvet Crossover Midi Tiered Dress (R599 Superbalist)

Country Road Cinched Midi Dress (R1999)

Polkakolle

’n Ou gunsteling wat nou maar vir altyd ’n tydlose item in ons kaste gaan wees.

Polkakolle hoef nie meer net swart en wit te wees nie, helder skakerings en groot of klein kolle dra by tot die uniekheid van 2021 se polkakolle tendens.

Loer hier vir ’n paar unieke opsies:

Me & B Wrap Frill Midi Dress Yellow and Black Spot (R899)
Masch The Becca Dress #9 (R790)
Forever New Jesse Halter Midi Sun Dress (R1499)

Patrone

Hierdie seisoen het die terugkeer van die gingham (gingang) patroon gesien maar so ook groot blompatrone en patrone wat lyk soos kunswerke. Een van elk op ons wenslysie asseblief!

Loer hier vir die wat ons nou wil dra:

Good Clothing Resort Tunic (R1450)

Forever New Sorrento Check Midi Dress (R1499)
Mr Price Kaftan Dress (R229,95)
Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Van moderedakteur tot voorkomskonsultant; Belangrike stylwenke waarvan elke vrou moet weet
error: Content is protected !!