Danelle Stofberg Photography

Donnalee se liefde vir patrone, hoe om dit te stileer en patrone wat nou mode is

Ons ken vir Donnalee as aktrise, skrywer, rolprentvervaardiger. Maar het jy geweet sy is ook die baasbrein agter haar eie modereeks, The Romantic Collective. Donnalee Roberts deel haar liefde vir patrone, raad hoe om dit te stileer asook die patrone wat hierdie seisoen groot mode is. Deur Justine Kroes

Hoekom hou jy daarvan om klere-items met patrone te dra?

Net soos kleure sekere emosies en gevoelens kan ontlok, voel ek dat patrone dieselfde kan doen, en dat die regte patroon jou waarlik gelukkig kan maak.

Ek glo dat daar nie ’n moet of ’n moenie is wanneer dit kom by mode nie. Daar is net dit waarin jy ‘amazing’ voel, en dat jy daardie items moet vind wat tot jou persoonlikheid spreek en wat jou mooi en vol selfvertroue laat voel.

Donnalee Roberts

Ek is versot op patrone, en as jy jou patrone op interessante maniere dra, kan dit jou uitrusting in ’n ‘showstopper’ verander. Of dit nou ‘matchy match’ bo en onder dieselfde is (een van my gunsteling maniere om patrone te dra!). Of jy dit met ’n neutrale kleur kombineer (jy kan nooit hiermee verkeerd gaan nie), selfs botsende patrone saam, as jou styl ’n bietjie meer uitdagend is.

Danelle Stofberg Photography

Effekleur of soliede kleur uitrustings kan maklik eentonig lyk en jou in die agtergrond laat verdwyn. Patrone kan jou help om lewe aan enige uitrusting te gee, maak nie saak in watter kleurpalet jy werk nie.

Donnalee se wenke vir patrone dra en stileer:

Daar is altyd lekker wenke wat ’n mens langs die modepad optel wat aantrek en stilering net soveel lekkerder kan maak.

  • Probeer om met items binne dieselfde kleurfamilie te bly wanneer jy patrone meng.
  • Fyner patrone en groter ‘bold’ patrone kan ook baie mooi saamwerk. Maak seker die een dien as ’n aksent om die ander patroon te komplementeer.
  • Ek LOVE ‘n ‘novelty print’, maar omdat dit partymaal so bont en besig kan wees, sal ek dan eerder kies om dit die fokus te maak. En dan alles anders daarby meer neutraal te stileer. ’n Neutrale item, soos ’n effekleurige trui, romp of broek saam met items met ’n baie besige patroon, balanseer die uitrusting.
  • As jy nie gemaklik voel met patrone nie, probeer om bykomstighede met patrone of drukwerk by jou uitrusting te voeg. Byvoorbeeld ’n serpie, kopband, palmtas of selfs jou skoene of tekkies.
  • Wat wonderlik is van patrone, is dat dit aandag trek na jou beste bates toe. Onthou dus dat daar waar jy kies om patrone te dra, is dikwels ook waarheen oë se fokus getrek word.

Watter patrone is nou in die mode?

Twee patrone wat elke seisoen ’n plek vind net met ’n nuwe aanslag, is beslis blompatrone en polkakolle, maar hierdie jaar is daar ’n paar ander gunstelinge by.

Blompatrone

Daar is ’n lieflike nuutgevonde vroulikheid in blompatrone hierdie seisoen, met ’n gevoel van vryheid in ’n meer uitgewaste ‘watercolour’ aanslag en patroon. So asof die blomme net rofweg geverf is. Blomme wat herinner aan die nostalgiese “pressed flower” is ook ’n pragtige patroon vir die seisoen.

patrone
Danelle Stofberg Photography

‘Tie-dye’ en waterverf patrone

Patrone het ook ’n beautiful plek gevind binne in waterverfskakerings hierdie seisoen. Die ‘tie-dye’ tendens wat bietjie meer era-spesifiek was, herinner ons ook aan die sorgelose dae van die verlede. Hierdie tie-dye patroon is nou ’n meer sagte vloei van amper waterverfkleure wat op sigself dan patrone binne in die kleure vorm.

patrone
The Romantic Collective Party Favour Celebration Blouse (R590)

Polkakolle

Polkakolle – van die klassieke Breakfast at Tiffany’s & Pretty Woman polkakol regdeur na hierdie seisoen s’n wat nie heeltemal rond is nie. Diy lyk amper geteken of geillustreer. Wat hierdie patroontendens uniek maak, is dat dit dikwels gekombineer word met ander assimmetriese patrone. Dit skep ’n gevoel van vryheid, ‘non-conformity’, in ’n tyd in die wêreld waar mense vasgevang begin voel het tydens inperking.

Die polkakolle hierdie siesoen is groot of klein, rond of nie, retro of klassiek, gemeng met ander patrone, bont of net in ’n ondersteunende rol. ’n Tydlose stapel-mode-item.

Donnalee Roberts
patrone
The Romantic Collective Polka Love Prairie Dress (R720)

Hoe kies jy patrone vir jou mode-items vir jou klerereeks The Romantic Collective?

Die hart van The Romantic Collective is ‘THE OUTFITS YOU MAKE MEMORIES IN’ en met elke seisoen is dít die hooffokus rondom wat en hoe ons ontwerp. Ons is mal daaroor om patrone te gebruik en kies dit gewoonlik om in te pas met wat daardie seisoen se styl, kleur en mode tendense is.

Die hooffokus bly steeds om patrone te kies wat by die storie pas wat ons vir daardie seisoen wil vertel. Ons wil mense aanmoedig om lewensstories en herinneringe in ons uitrustings te maak.

Nog ’n paar gunsteling patrone

Good Clothing Geo Wixel Dress (R1200)
Zara Tie Dye Dress (R1099)
Forever New Arden Tie Die Blouse (R999)
Desray Print Drawstring Dress (R1500)
Habits SO Sunset Dress (R2599)
Zara Flowing Tie Dye Shirt (R539)
Woolworths Spot Fit & Flare Midi Dress (R599)
Me & B Large Spot Tiered Sundress (R899)
Zara Polkadot Dress TRF (R619)
Forever New Montana Spot Jumpsuit (R1499)
Superbalist V-Back Tiered Dress (R649)
Oakridge Pattern Wrap Dress (199,99)
Milady’s Ditsy Floral Top (R339)
Superbalist Strappy Midi Dress (R599)
The Romantic Collective Lavender Love Two Piece Set (R520)
Forever New Hele Shirt Midi Dress (R1399)
Cotton On Woven Kaia Midi Dress (R599)
Witchery Balloon Sleeve Dress (R1299)

Lees ook:

11 Skoonheidswenke van Donnalee Roberts

Daisy’ Mode; die blompatroon wat almal nou dra

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
‘Very Peri’ Pantone kleur van die jaar items vir jou klerekas
error: Content is protected !!