Millie vogue
Millie vogue

Die nuutse sonbril-trends

Van klein sportiewe 90’s-styl rame tot gekleurde lense en verskeie kat-oog-style; hier is die nuutste sonbril-trends vir somer. Deur Suzanne Kotzé

10 van die nuutste sonbril-trends vir somer

Sonbril trend-1: Gekleurde rame

Stranger Things aktrise Millie Bobby Brown (bo) het ’n spesiale kapsuleversameling sonbrille geskep saam met Vogue Eyewear; die MBB ex Vogue Collection

Kies gekleure rame met swart of bruin lense, of wees waaghalsig en kies gekleurde rame én gekleurde lense!

Vogue sonbril
MBB ex Vogue Eyewear turkoois raam R1150
Rayban blou raam
Ray-Ban met blou raam R3250

 

Sonbril trend-2: Plat bo-kante

Groot en klein rame met plat bo-kante skep ’n koel, sportiewe voorkoms. 

Sonbril R59,99 Mr Price
Giorgio Armani R3030
Arnett met skilpaddopraam R3350

Sonbril trend-3: Kat-oog

Die klassieke kat-oog is nou groter en ook kleiner as ooit. Van raamlose kat-oog rame, tot gekleurde lense, tot kleiner rame en sekfs oorgroot, die kat-oog bly altyd ’n goeie keuse. Dit is beslis een van ons gunsteling trends. Juis omdat dit nie sommer uit die mode sal gaan nie, sal ons belê in ’n goeie kwaliteit kat-oog bril.

Millie Bobby Brown sonbril
Millie Bobby Brown met die Vogue Collection ex MBB katoog bril

Sonbril trend 4: Gekleurde lense

Of jy nou die wêreld deur ’n rooskleurige tint wil beskou of eerder sportiewe oranje, die keuses is eindeloos. 

Pink Sunglasses R59,99, Mr Price
Oval Sunglasses, vanaf R129, Miladys
Armani Exchange wit raam met oranje lense R4150
Ray-Ban Evolve met geel lense R3590
Ray-Ban met blou raam R3250

Sonbril trend-5: Klein, sportiewe 90’s-style

Dink aan daardie eerste Oakley-styl donkerbrille van die negentig en hoogmode was. Jip, dit is hulle! Effens langer en nouer as die style waaraan ons gewoond is en in ’n magdom verskillende kleure en lens-style. Die klein vorm mag wel vir jou vreemd voel as jy gewoond was aan groot brille.

Millie Bobby Brown met die Vogue Collection ex MBB
MBB ex Vogue Eyewear skilpaddop-raam R1290
MBB ex Vogue Eyewear blou raam en lense R1150

Sonbril trend-6: Wit rame

As jy lus is vir iets anders as bruin of swart rame, maar gekleurde rame vir jou net te veel is, is wit ’n goeie keuse. Dit is steeds klassiek en neutraal, maar het tog ’n bietjie meer oemf. 

Arnette Post Malone wit raam R2890
Ray-Ban wit raam R3790
Armani Neve met wit raam

Sonbril trend-7: Ronde briller

Groot of klein, en selfs ovaal ronde brille skep ’n koel en sjiek voorkoms. Raamloos, skilpad dop, swart, wit, gekleurd noem maar op, solank dit rond is! 

Arnette goue raam ovaal R2370
Vogue Eyewear ovaal R1480
Emporio Armani half raam ronde bril R3850

Sonbril trend-8: Futuristiese raamdetail

Klassiek gevormde sonbrille word gemoderniseer met raam-detail, veral goud, wat dit dadelik meer hedendaags en amper futuristies laat lyk. 

Dolce & Gabbana goue raam R3390
Small Double Bridge Sunglasses R220, Woolworths
Vogue Eyewear R1470

Sonbril trend 9: Dik, oorgroot rame

As die klein 90’s style rame nie vir jou is nie, sal jy baie van hierdie oorgroot-trend hou. Van sjiek Audrey Hepburn style tot Jackie Kennedy sewentigs, meer hoekige rame, hierdie is ’n trend waaroor ons mal is. 

Dolce & Gabbana skilpaddo-praam R3790
Miladys
Square Sunglasses, van R99, Miladys
Ray-Ban skilpaddop-raam R3790
Dolce & Gabbana swart raam met geweefde tekstuur R4320

Sonbril trend-10: Raamloos met gekleurde lense

Hierdie styl herinner ons beslis aan die vroeë naughties! Deursigtige lense hierby is ’n wenner. 

Armani Exchange blou raamlose sonbril R3890
Miu Miu Vierkantige vorm met diamanté details R4220 

Watter van hierdie sonbril-trends gaan jy dra? Ons sal geld spandeer op een of dalk twee tipe style wat klassiek genoeg is om nie binne die volgende jaar of twee uit die mode sal gaan nie, en goedkoper style koop vir tussen-in dra. Van die style kan dadelik jou voorkoms nuut laat lyk.

Lees ook: Sakpas sonbrille

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Karen Taylor Franse modelessse
Franse modelesse
error: Content is protected !!