Foto: Nightire
Foto: Nightire
Foto: Nightire

Die mooiste slaapklere wat ons nou wil dra

Sukkel jy ook om slaapklere te vind wat gemaklik sit en boonop mooi lyk? Vir ’n goeie nagrus is dit belangrik om die regte materiale te kies, ontwerpe wat gemaklik pas maar ook iets wat stylvol is. Stylvol genoeg om jou pajamahemp in die openbaar te dra? Jy het reg gehoor – die pajama trend is hier om te bly. Deur Justine Kroes

Die volgende aspekte is belangrik om in ag te neem wanneer jy jou slaapklere kies:

Die materiaal is belangrik

Ons is almal sintuiglike wesens – party meer as ander, daarom is die materiaal van jou slaapklere belangrik. Die materiaalstof wat jy kies reguleer jou liggaamstemperatuur, ’n belangrike aspek vir ’n goeie nagrus.

Katoen is ’n sagte materiaal en lig op die vel, ’n goeie opsie in warmer weer omdat die materiaal goeie lugsirkulasie bied.

Bamboes is ’n syagtige sagte materiaal wat uit plantmateriaal gemaak word. Dit is anti- bakterieël, veral goed vir die wat sukkel met ’n sensitiewe vel. Bamboesmateriale beheer vogtigheid baie goed, byvoorbeeld as jy sweet word dit vinnig deur die materiaal geabsorbeer en die materiaal word ook blitsvinnig droog.

Sy is ’n termoregulerende materiaal, wat beteken dit hou jou warm wanneer jy koud is en koeler wanneer dit warm is.

Swaarder materiale soos satyn en poliëster is beter opsies vir koeler wintermaande.

Die grootte en hoe dit pas:

Vir ’n goeie nagrus is dit ook belangrik dat jy maklik genoeg kan rol, draai en rondbeweeg in jou pajamas. Pajamas wat te styf pas kan jou sirkulasie negatief beinvloed, ongemaklik sit en jou slaappatroon versteur. Slaapklere wat effens rek sonder te veel elemente soos ritse, versierings en tientalle knope is ’n beter opsie.

Pajamas as dagdrag

Ja, jy lees reg – hierdie trend is steeds groot nuus, en is ’n bewys dat elke vrou minstens een luukse pajamastel in haar kas moet-hê.

Nee dit beteken nie jy kan jou flenniepajamas met teddiebeertjies en hartjies daarop in die openbaar dra nie, dink eerder aan luukse materiale (sy, katoen, satyn) in minimalistiese patrone en silhoeëtte.

Foto: Shutterstock

Dra dit so:

  • Jy kan jou hele pajamastel (broek en hemp) dra, mits jy dit kombineer met iets kontrasterend, by jou tekkies of meer luuks saam met hakskoene en bont bykomstighede.
  • Dra jou gunsteling pajamahemp op dieselfde manier as wat jy jou wit-kraaghemp sou dra, rol die moue op en dra dit by jou gunsteling denim of selfs ’n leerromp.
Foto: Shutterstock
  • Hou dit eenvoudig en dra ’n luukse lang pajamabroek saam met jou gunsteling wit-hemp en sandale of tekkies.
  • Dra jou slooprok met ’n netjiese baadjie of jas, selfs ’n langer slooprok met ’n bonkige trui bo-oor – lyk so stylvol.
Foto: Shutterstock
  • Jou slooprok werk net so goed bo oor ’n wit T-hemp of in koeler weer bo-oor ’n polonektrui.
  • Dra jou japon as ’n kimono – dra dit oop saam met ’n denim, wit T-hemp en tekkies, of toe met ’n leergordel om jou middel.

Hier is van ons gunsteling slaapklere:

Hemp-en-broekstelle

Nightire Beautiful Bodies Short Sleepwear Set (R1540,99)
Cotton On Body Washed Woven Sleep Set (R499)
Adore Couture Blush Pink Silk PJ Set (R875)
Bena Woman Classic Short Silk Pajama Set (R840)
Anna-Louise Sleepwear Short Set (R650)
Signature by Des Short Pyjama Set Black and Purple Floral (R699)
Mr Price Sleep Set (R139,99)
Hometime Sleepwear, Autumn Leaf Rayon Set (R450)
Nightire Festive Nutcracker Bamboo Long sleepwear set (R1626,99)
Lina Lina Gia Classic Short Set (R1045 beskikbaar in wit en swart)
Nightire Sweet Clementine Short Sleepwear Set (R1754,99)
Cara Luxury Sleepwear Collar Set (R1200)

Nagrokke

Cara Luxury Sleepwear Alina Slip Dress Thigh Length (R850)
Mr Price Satin Floral Chemise (R80)
Cotton On Body Slinky Nightie (R299)
Hometime Sleepwear Floral Strappy Nightie (R420)
Bena Woman Night Slip in Ink (R740)
Cara Luxury Sleepwear Alina Slip Dress Floor Length (R1200)

Japonne

Adore Couture SA Black Silk Robe (R850)
Cotton On Body Satin Robe (R299)
Cotton On I Do Kimono Gown (R499)
Poetry Frankie Kimono Robe (R650)
Superbalist Short knit robe (R349)
Anna-Louise Sleepwear Ankle Length Robe (R700)

Slaaphemde

Cotton On Shirt Nightie (R399)
Mr Price Satin Floral Sleepshirt (R149,95)
Signature by Des Summer Nightshirt (R675)

Lees ook: Sjiek-staatmaker: die wit kraaghemp

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die knooptrui; veelsydig vir elke seisoen
error: Content is protected !!