Mac grimeer trends
Mac grimeer trends

Die mooiste nuwe grimeer-trends plus hoe om dit te laat aanbly (onder jou masker)

Die heel mooiste grimeer-trends wat nou groot nuus is en ’n kundige grimeerkunstenaar se raad oor hoe om jou grimering onder jou masker te laat aanbly – en hoe om dit te verfris sodra jy jou masker verwyder. Perfek vir jaar-eind-funksies en partytjies saam met jou naastes (in klein groepe!) Deur Justine Kroes

MAC Cosmetics se nuutste 2020 grimeer-trends

1. Versiering

Hierdie is een van die grimeer-trends wat fokus op grimering met juweel-agtige versierings en skakerings. Hierdie dapper gebruik van versierings en skakerings is eenvoudig maar steeds ’n unieke gebruik van skakerings en kleur op ’n skoon, amper minimalistiese vel-voorkoms.

Juweel

Die MAC PRO span het hierdie kat-oog voorkoms geskep met juweelskakerings vir mode-ontwerper ALTUZARRA se AW2020-vertoning. Die MAC Dazzleshadow Extreme in Celebutante (R290) is aan die binnehoeke van die aangewend en die skakering Emerald Cut (R290) is bo oor na die buitehoeke aangewend vir ’n duo-chroom oogvoorkoms.  

2. Klassiek

Hierdie tendens keer terug na die basiese grimeertegnieke – daardie gevoel wat ’n donkerder oog saam met ’n rooi lip skep. Die lippe in die klassieke tendens word beskryf as “antieke” rooi lippe. Die skakering is nie helderrooi nie maar eerder baksteenrooi en effens gesmeer na die buitehoeke om daardie “lived in” voorkoms te skep.

Nuwe balans

Die MAC PRO-span het by die Oscar De La Renta AW 2020-vertoning hierdie besondere voorkoms geskep – hulle beskryf dit as “beeldskone vel en glansende rooi lippe”.

Mac grimeer trends

Die span het so min as moontlik grimering op die res van die vel en oë gebruik om al die aandag op die rooi lippe te vestig. ’n Skoon vel, gekrulde wimpers en opwaarts-gekamde wenkbroue skep ’n gesofistikeerde, opgeruimde voorkoms. Die lipskakerings is ’n kombinasie van MAC Cosmetics Retro Matte Liquid se Feel so Grand (R345) en Quite the Standout (R345).

Doelbewuste doen-dit-self

Grimeerkunstenaar Hiromi Ueda het ’n doelbewuste – naïewe benadering gebruik om hierdie voorkoms, met ’n skoolmeisie-aanslag-tot-wimper-grimering te skep.

Die grimeer trend word beskryf as “speel met jou Ma se grimeersakkie”. Hierdie negentigs-voorkoms is geskep vir die Molly Goddard AW 2020-vertoning. MAC se Haute and Naughty Too Black Lash Mascara (R355) word gebruik met ’n gesmeerde lipvlek van MAC Powder Kiss Liquid Lipcolour in Crossfade (R345) op die lippe.

Basiese (skoonheids) beginsels

Grimeerkunstenaar Diane Kendal het hierdie eenvoudige maar steeds treffende voorkoms geskep vir Sacai se AW 2020-vertoning.

Daar is fyn gewerk met die oogomlyner (MAC Fluidline in Blacktrack R315) om oë te definieer. Wenkbroue is netjies op hul plek gekam met die MAC Big Boost Fibre Gel in Stylized (R365). En lippe geskep met ’n effense lipvlek in skakering MAC Over the Taupe (R345) op die lippe. Die kombinasie van oogomlyner, netjiese wenkbroue en sagte lipvlek skep ’n luukse maar steeds ekonomiese voorkoms.

4. Ingekleurde-skadus

’n Tendens wat bestaan uit aardse skakerings “Daar is ’n wisselwerking tussen die gebruik van amper ‘vuil aardse’ skakerings wat dan gebruik word om ’n baie gepoleerde netjiese voorkoms te skep” verduidelik Lynsey Alexander vir MAC Cosmetics.

Perfek op al die regte plekke

Die kundige MAC PRO span het hierdie űber-vroulike voorkoms geskep vir ontwerper Brandon Maxwell se AW 2020-vertoning.

Daar is delikaat gewerk met MAC Dazzleshadow Extreme in Illuminaughty (R290) in die hoeke van die oë. Lippe is sagkens omlyn met MAC se Spice Lip Pencil (R255) en afgerond met Powderkiss Liquid Lipcolour in Date-Maker (R345).

Sag en natuurlik

Grimeerkunstenaar Hiromi Ueda beskryf die voorkoms wat hy vir ontwerpe Ann Demeulemeester se AW2020-vertoning geskep het as ’n “natuurlike Renaissance skildery”.

Die fokus is op natuurlike vel – grimering moet lyk soos ’n skaduwee eerder as definisie. ’n Baie dun lagie van MAC se Powder Kiss Eyeshadow in What Clout! (R280) Skep ‘n romantiese stralekrans om die oë. Met tipiese Renaissance-blosende wange in terracotta skakerings.

5. Glansend

’n Skoon glansende vel – die perfekte balans tussen glansend en mat op al die regte plekke. ’n Luukse en gepoleerde voorkoms.

Deftig

Versigtig gebalanseerde teksture en reflektiewe detail aan die vel. Romerige oogskadu MAC Pro Eye Palette in The Silly One and The Social Climber teenoor die baie blink en glansende lippe (MAC Lip Lacquer in Red Enamel) is die perfekte kombinasie vir ’n sagte, glansryke voorkoms.

5 Wenke vir grimering wat hou en hou

Senior grimeerkunstenaar vir MAC Cosmetics Afrika – Marco Louis Ackers deel sy beste wenke om jou partytjie-grimering onder jou masker te laat aanbly.

1. Voorbereiding

Voorbereding van jou vel is noodsaaklik om te verseker dat jou grimering in ons warm klimaat sal aanbly. Gebruik ’n voorbereidingslagie (primer) en ’n bevogtiger daarby, dit sal jou grimering langer laat vaskleef aan jou vel.

Hierdie kombinasie werk vir die meeste veltipes en ek verkies om dit so te gebruik: eerste die Prep + Prime Skin base visage (R525) en daarna die Prep + Prime Face Protect Lotion SPF 50 (R620) vir ’n mat-afwerking en ekstra sonbeskerming.   

2. 24 Uur dekking

’n Onderlaag wat hou en hou is die sleutel tot grimering wat heeldag aanbly. Kyk uit vir woorde soos matte, longwear en 24hour wear op die onderlaag wat jy kies.

Ek gebruik graag Mac se Studio Fix fluid (R530), dit het ’n mat-afwerking maar lyk nie droog op die vel nie.

3. Seël dit!

Poeier is ’n moet – dit set jou onderlaag en laat dit vir ure langer aanbly. Dis ook ’n handige grimeer-item om in jou handsak saam te dra. Jy kan eenvoudig net liggies met die poeier tik daar waar die masker jou grimering effens afgevryf het.

Die Studio Fix powder plus (R530) is ’n wenproduk – gebruik die MAC #189ss grimeerkwassie en poets jou maskerlyn met sirkelbewegings uit om jou grimeervoorkoms te red sodra jy by die partytjie aankom.

4. Hou dit aan die gang

’n Hidrerende gesigsproei is die heel beste manier om vinnig jou grimeer-voorkoms te verfris nadat jy jou poeier weer vinnig aangewend het. ’n Setting/hidrerende sproei laat jou vel en grimering vars en gehidreerd lyk sonder dat dit die grimering laat skuif.

Die Prep + Prime Fix + spray (R375) is ’n gunsteling – boonop is dit beskikbaar in ’n reisgrootte wat perfek in enige handsakkie sal pas.

5 Lippe lippe lippe!

Net omdat ons veilig moet bly met ons maskers beteken nie noodwendig dat ons nie meer ons gunsteling lipstiffie-skakerings kan gebruik nie. Weereens is dit belangrik om te kyk na woorde soos matte, om die houkrag van jou lipstiffe te verseker.

Die MAC Retro Matte Liquid Lipstick (R345) het ’n ware mat-afwerking en smeer glad nie af op jou masker nie. As die mat-lipstiffietekstuur jou afsit – probeer dalk ’n hidrerende MAC Prep +Prime Lip (R365) aan jou lippe voordat jy jou lipstiffie aanwend. Die byewasformule sal jou lippe gehidreerd hou sonder om die mat-tekstuur van die lipstiffie te verander.

Lees ook: Treffende ooggrimering met of sonder maskers.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
hialuroonsuur
12 dinge wat jy omtrent hialuroonsuur moet weet
error: Content is protected !!