Die impak van spanning op jou vel – stresveroudering

Het jy geweet stres kan lei tot vroeë veroudering van jou vel. Die terme “stress ageing” verwys na die impak wat dag tog dag se spanning op jou vel het en hoe dit jou vinniger laat verouder as wat jy natuurlik sou. Leer meer oor stresveroudering, 7 wenke om die uitwerking van spanning op jou vel te verminder plus produkte wat jy kan gebruik hiervoor. Deur Justine Kroes

Promosie

12/04/2024

Wat is stresveroudering?

Die vinnige pas van die lewe, hoë vlakke van fisiese en emosionele stres en min slaap lei alles saam  tot ’n vinniger veroudering van die vel. Hierdie konsep word as “stress ageing” oftewel stres-veroudering geklassifiseer.

Volgens studies oor die impak van stresveroudering het die Clarins navorsingspan die volgende bevind in vroue tussen die ouderdomme van 25 en 40 jaar:

’n Vinnige leefstylpas, hoë stres en min slaap het ’n direkte impak op die 8 tekens van velveroudering;

  1. Vergrote porieë
  2. ’n Duidelike toename van fyn lyne en plooie
  3. Verminderde velfermheid
  4. Lyk meer moeg
  5. Velholtes lyk meer prominent
  6. ’n Dowwe gelaat
  7. ’n Oneweredige veltoon
  8. Droë en gedehidreerde vel

Streshormoon, kortisol

Die Clarins navorsingspan het gevind dat wanneer ons stres of onder druk is, word die hormoon kortisol vrygestel.

Die hormoon wat vrygestel word tydens stres, belemmer die produksie van kollageen en elastien, twee belangrike vesels wat jou vel ferm, soepel en glansend hou.

Die vrystelling van die streshormoon kortisol lei verder tot ’n verdunning van die epidermis (boonste lagie van jou vel), wat jou vel se sperfunksie belemmer. Onthou die sperfunksie dien as ’n beskermende lagie wat die goeie binne hou (dink aan vog en hidrasie) en besoedeling buite hou.

Stres het ’n impak op die selle van die epidermis, en verminder die spoed van selvernuwing. Daarom vind voortydige velveroudering plaas en die eerste tekens van velveroudering word al hoe meer sigbaar.

7 Wenke om stresveroudering te klop:

Veroudering is onvermydelik, ’n natuurlike proses wat almal deurgaan. Maar stresveroudering is ’n vorm van veroudering waaraan ons wel kan iets kan doen. Hier is 7 wenke:

1. Beskerm teen die son

Gebruik daagliks ’n sonroom om jou vel teen beskadigende UV en UVA strale te beskerm. Die impak van oormatige sonblootstelling sonder beskerming beskadig jou vel se sperfunskie wat in ruil die waarskynlikheid van stresveroudering verhoog.

2. Sê nee vir nikotien

Nikotien (of rook) breek blitsvinnig kollageen en elastien (wat velfermheid bied) af. Hierdie gewoonte lei tot ’n vroeë ontstaan van plooie plus ’n dowwe, vaal gelaat daarby.

3. Eet gesond

Probeer om die oormatige inname van verfynde suikers te verminder. Kies kosse ryk aan anti-oksidante wat jou vel van binne na buite voed.

4. Hidreer, hidreer, hidreer

Verminder liefs jou alkohol en koffie inname en verruil dit eerder vir ’n glas water. Dit is belangrik om jou vel van binne en buite te hidreer. Hidrasie is nodig vir die optimale funksionering van velselle.

5. Slaap

Prioritiseer jou slaap, minstens 8 ure se slaap is nodig vir jou vel (en liggaam) vir die hernuwing van velselle.

6. Skep ’n stresvrye leefstyl

Kweek ontspannende gewoontes, byvoorbeeld oefen, joernaal hou, meditasie of selfs net ’n stokperdjie wat jy geniet. Hierdie gewoontes kan stresvlakke en kortisolproduksie verminder en ’n meer stresvrye leefstyl aanmoedig.

7. Gebruik die regte produkte:

Clarins se innoverende nuwe Multi Active reeks is spesiaal ontwikkel vir vroue van ouderdomme 30 plus om die vroeë impak van spanning op jou vel aan te spreek. Die reeks besstaan uit ‘n kragtige duo ‘n dag en nagroom.

Clarins Multi Active Jour Dagroom (R1020); Clarins Multi Active Nuit Nagroom (R1090)

Die Clarins Multi Active reeks bevat die “Skin Charger Complex” wat in beide die Multi Active Jour (dag) en Multi Active Nuit (nagroom) ingesluit is.

Die “Skin Charger Complex” bevat ’n kombinasie van die volgende bestanddele:

Niasinamied, ’n teenverouderingsmolekule ook bekend as Vitamien B3. Hierdie bestanddeel versnel die spoed van kollageenproduksie en verbeter ook jou vel se tekstuur.

Sea Holly Ekstrak is die sterbestanddeel in die nuwe Multi Active reeks. ’n Plant wat kan groei en bly leef in uiterste temperature. Die weerstandsvermoë van hierdie plant bied nou dieselfde uitwerking op jou vel. Dit hits selhernuwing aan, en verhoed ’n dunner epidermis (bo-lagie) van jou vel. As gevolg daarvan is jou vel se weerstandsvermoë hoër teen eksterne aggressors.

Die plant bevorder ook die sintese van elastien, wat verantwoordelik is om vel soepel en ferm te hou.

Vir die dag:

Soggens gebruik Justine die Clarins Multi Active Jour dagroom . Ek besef ons word tydens die dag blootgestel aan eksterne faktore soos besoedeling, en ons velle het ekstra energie nodig om hierdie eksterne impak te beveg. Die Multi Active dagroom doen presies dit. Die tekstuur van hierdie dagroom is iets besonders en die room hou my vel heeldag lank gehidreerd en soepelsag.

Vir die nag:

Na ’n lang dag se werk, kinders rondry, huiswerk doen en aandete maak, was ek my dagroom saam met al die sorge van daardie dag af en wend die Clarins Multi Active Nuit, nagroom aan.

Saans rus die vel en dit is die optimale tyd vir hernuwing van velselle. Met die Supercharge Complex en die ekstra peptiedes in die nagroom is dit vir my duidelik dat ek soggens met ’n meer uitgeruste vel wakker word.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Skoonheidskenners se gunsteling sakpas skoonheidsprodukte
error: Content is protected !!