daisy mode
daisy mode
Pandora

‘Daisy’ mode – die blompatroon wat almal nou dra

So vars soos ’n madeliefie is presies hoe hierdie daisy mode trend ons laat voel, ’n klein bietjie retro maar kinderlik opgewonde! Ons voel ook sommer nostalgies oor hierdie 90’s blommetjie-trend (60’s trend vir ander) wat nou weer blom in die modewêreld. Te kry in van klere tot skoene en die mooiste bykomstighede, is dit beslis die blompatroon van die oomblik. PLUS, wen ‘n Pandora Sparkling Daisy Flower Bracelet ter waarde van R1599 wen met komplimente van Pandora. Skryf in op ons nuusbrief (dis gratis!) om te kwalifiseer. . Deur Justine Kroes

Dié retro blommetjie trend was te sien op ’n klompie somer/lente 2020 loopplanke, insluitend ontwerpers – Paco Rabanne, Marc Jacobs en Sandy Liang. Byna ’n jaar later en hierdie trend is volop in die meeste winkels hier in Suid-Afrika beskikbaar.

Paco Rabanne Spring Summer 2020

Daisy mode klere-items

Maksi- en midirompe en -rokke is veral gewild met dié trend. Party van die daisy patrone is fyn en sag en ander is weer groot, bont en maak beslis ’n modestelling. Madeliefies op T-hemde, swembroeke en selfs oefenklere is tans gewilde keuses.

Hier is ’n paar gunstelinge:

Me & B The Kelly Daisy Maxi Dress (R999)
Superbalist Tiered Midi Dress (R499)
Mr Price Frill Trapeze Shirt Dress (R249,99)
Cotton On Curve Slip Skirt (R499)
Superbalist Fit & Flare Woven Dress (R499)
Cotton On Tie Back Midi Dress (R699)
Mr Price Floral Wrap Mini Skirt (R119,99)
Zara Floral Blouse (R699)
Zara Floral Mini Dress (R799)

Daisy bykomstighede

Is jy nog nie gereed om die madeliefietrend van kop tot tone aan te pak nie? Probeer dalk eers bykomstighede soos haarbykomstighede, handsakke, skoene of selfs daisy sokkies by jou tekkies (of plakkies as jy nou uitdagend voel!).

Hier is ’n paar gunstelinge:

Me & B Daisy Socks (R99)
Cotton On Endless Summer Slouch Tote (R299)
Herschel Black Daisy Backpack (R1799 Zando)
Crystal Birch Zizi Hand Sewn Flower Crown (R1250)
Cotton On Soho Bandana (R119)
Vintage Lover Pink Daisy Bucket Hat (R150)
Cotton On Rubi Flip Flop (R119)
Tom Tom Light Pink Daisy Sneaker (R299)
Cotton On Britt Retro Hi-top Sneaker (R399)
Ilundi Roya Sling Daisies (R1450)
Cotton On Soho Bandana (R119)
Old Khaki Fabric Pouch (R255)

WEN!

Een gelukkige Stylvol-vriendin kan die Pandora Sparkling Daisy Flower Bracelet ter waarde van R1599 wen met komplimente van Pandora. Skryf in op ons nuusbrief (dis gratis!) om te kwalifiseer.

Hierdie silwer blomryke armband lyk omtrent soos madeliefiestingels met die allermooiste sprankelende blommetjies aan met kubieke sirkoon-steentjies versier. Met die skakeltjies in plek, beweeg die armband net soos jy beweeg. Die Pandora-reeks wat geïnspireer is deur die krag en veerkragtigheid van die madeliefieblommetjie herinner jou om vry te voel en getrou te bly aan wie jy is.

Daisy juweliersware

Onthou bykomstighede soos juweliersware is die heel maklikste manier om enige trend aan te pak. Om bykomstighede-modes te volg soos ’n paar madeliefie-oorbelle of ’n armband te dra skep die indruk dat jy weet wat tans in die mode is.

Hier is ’n paar gunstelinge:

Pandora Daisy Flower Ring
Cotton On Rubi Huggie Hoops (R149)
Mr Price Layered Beaded Daisy Necklace (R45,99)
Pandora Sparkling Daisy Flower Bracelet (R1599)
Cotton On Rubi Brighter Days Necklace (R149)
Pandora Pink Daisy Stud Earrings (R1199)
Pandora Sparkling Daisy Flower Crown Ring (R1599)
Pandora Garden Collection Charms (Vanaf R979))
Olivia Burton 3D Daisy Watch (R2729 Zando)

Lees ook: Dié 5 mode trends is nou hoogmode, sal jy dit dra?

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Blompatrone bo!
error: Content is protected !!