cargo jean
cargo jean

Cargo broeke; dra dit so

Hierdie 90’s en noughties-era modetendens is Cargo broeke een wat ons nooit gedink het weer so gewild gaan raak nie – selfs by onlangse modeweekvertonings is dit weereens bewys dat hierdie tendens vir nog ’n hele ruk gaan bly.

In die artikel leer ons meer oor die moets en moenies van “cargo”-broeke kies en hoe om die broek reg te stileer – modekenner en stylfoendie wat self graag cargobroeke dra, Marilize de Clercq deel haar top cargobroek-wenke hierby. Deur Justine Kroes

13/04/2023

Wenke vir cargobroeke dra:

Marilize de Clercq vertel, “ek hou van die juxtapositioning en hoe ek die cargobroek in ’n high-low mode voorkoms stileer wat by my stylpersoonlikheid pas, ek is mal oor street style en ek hou van klere-items wat nie pas nie maar op die ou einde pas dit wel by mekaar.

Ek dra die broekstyl al jare lank en al wat ek kan sê is “welcome to my world”, dit is ’n broek wat werk by boots, hakkies, plakkies en selfs sekere tekkies en die stylopsies hierby is eindeloos.

Marilize de Clercq
Marilize de Clercq

Volg vir Marilize op Instagram hier en kontak Marilize vir stylkonsultasies hier.

As jy graag ’n cargostyl-broek wil dra

1. Kies ’n styl wat jou lyfvorm vlei

Kies ’n snit en vorm wat die beste gaan lyk aan jou lyf – dink dieselfde daaroor as enige ander broek. Daar is noupyp -, regafpyp – en selfs wyepyp cargobroeke beskikbaar.

Foschini News Denim Wide Leg Cargo Trousers (R549)

2. Die materiaal van jou cargobroek maak saak

Marilize verduidelik; die materiaal van jou cargobroek maak saak, “ek dra graag ’n sateen, glansende cargostyl-broek – my onderlyf is kleiner as my bolyf, dus trek die blink van die broek jou aandag, en skep op die oog af ligreflekterende volume op my onderlyf, die effek hiervan is dat dit proporsies uitbalanseer”. “Indien jy die meeste van jou volume in jou onderlyf dra, kies eerder ’n mat materiaal, is Marilize se raad.

Me & B Tapered Leg Cargo Pant in Cream (R699)

3. Let op waar die sakke sit

“Die sakke op jou cargo broek dra by tot die perseptuele volume – dus, as jy groter bobene het, sal sakke op daardie area ’n bietjie meer volume daar byvoeg. Kies dan dalk ’n cargobroek sonder sakke rondom heupe en bobene en balanseer jou proporsies op ander maniere”. “Dit beteken nie jy kan nie die broekstyl dra nie, dit gaan alles oor balans en die balanseer van proporsies; wat jy bo dra en selfs jou skoene maak ’n verskil”, verduidelik Marilize

H&M Wide Cargo Trousers Denim (R429)

4. Kleur is belangrik

Die gewone khaki en beige skakerings is seker die mees algemene cargobroek skakerings, maar moenie dat dit jou keer nie – kies ’n skakering waarvan jy hou, helder, swart en selfs cargodenims is tans ’n gewilde keuse onder modeliefhebbers.

Factorie Hype Satin Cargo Pant – Pepper Green (R749 Superbalist)

Psst – onthou as jou onderlyf groter en wyer as jou skouers is, kies dalk eerder broek in ’n donkerder skakering en hou die ligte en helder skakerings vir bloese en hemde hierby.

5. Dit is belangrik om proporsies te balanseer

Ons almal hoort nou al die stylreël te ken – as jy lospassende items aan jou onderlyf dra, kies noupassende klere vir jou bolyf (en andersom), of aksentueer ten minste jou middel deur jou bloes of hemp in te steek, of dra ’n gordel om jou middel.

Zara Straight Cargo Trousers (R1 039)

Gebruik ’n paar stileertruuks om meer vroulik te lyk

Die cargobroek-styl is gewoonlik ’n meer manlike broeksnit, maar met ’n paar slim truuks kan jy blitsvinnig jou voorkoms meer vroulik laat vertoon.

Something Pretty Boutique Cargo Jogger (R1 150)

Kies sagte syagtige bloese, sagte truie en bo-stukke wat meer styfpassend sit. Dit skep dadelik ’n sagter voorkoms. ’n Mooi vroulike gordel om jou middel sal ook hier die truuk doen. Moenie van jou skoene vergeet nie – dra jou cargobroek by ’n paar hakskoene vir ’n vinnige vroulike voorkoms.

Cargobroeke op ons stylradar:

The Fix Women’s Charcoal Utility (R399,99)
Cotton On Body Woven Cargo Pant (R549)
The Fix Women’s Dark Wash Carpenter Dad Denim (R399,99)
Guess ECO Bowie Chino Cargo Pants (R1 499)
H&M Wide Cargo Trousers Denim (R429)
Blake Satin Cargo Trouser (R599)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Ken jou hoede
Ken jy jou hoede?
error: Content is protected !!